Laai die PDF weergawe hier af:
AGS Kollega,
Daar is twee belangrike Presidensiële Omsendbriewe waarvan jy asseblief moet kennis neem. Die eerste handel oor die NLF se Salarisverligtingfonds vir AGS Pastore en die tweede handel oor Covid-19 Voedselverligting. Ek spreek ook vrae aan rakende die kwessie om Pastore as ‘n noodsaaklike diens te verklaar tydens grendeltyd, aangesien ons heelwat navrae hieroor ontvang.
1. PRESIDENSIËLE OMSENDBRIEWE
Presidensiële Omsendbrief Nr. 1 – NLF Salarisverligtingfonds vir AGS Pastore:
https://afm-ags.org/covid-10-nlf-salary-relief-fund-for-afm-pastors-17-april-2020/
Presidensiële Omsendbrief Nr. 2 – Covid19 Voedselverligting:
https://afm-ags.org/covid-19-food-relief-18-april-2020/
2. PASTORE AS WERKERS WAT NOODSAAKLIKE DIENSTE LEWER
Ons het heelwat navrae ontvang oor die klassifikasie van Pastore (Ministers of Religion) as noodsaaklike dienslewering onder die “State of National Disaster and Lockdown Regulations”.
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) waarvan die AGS ‘n lid is, het vroeg in die inperking periode versoek dat Ministers of Religion ook gesien moet word as noodsaaklike dienslewering gedurende die tyd. Die versoek was afgekeur deur die regering weens verstaanbare redes. Deel van die uitdagings is die groot hoeveelheid Pastore, Priesters, Predikante, Biskoppe, Apostels en ander Godsdienstige leiers in elke gemeenskap, wat sodoende kan lei tot ‘n moontlike oorvloed van mense in die strate in die naam van die kerk. Dit kan die inperking se doel dan ondermyn. Die ander uitdaging is die tekortkoming van ‘n standaard protokol wat bepaal wie gekwalifiseer kan word as ‘n Pastoor. Dit kan moontlik lei tot ‘n magdom nuwe Pastore wat noodsaaklike diens akkreditasie eis. ‘n Verdere uitdaging is dat daar ‘n tekort is aan persoonlike beskermende toerusting wat kan lei tot Pastore wat blootgestel word aan die virus en sodoende deel aan die verspreiding van die virus.
Ingevolge die regulasies uitgevaardig deur die regering, vorm begrafnisse deel van noodsaaklike dienste. Pastore wat ‘n begrafnis moet onderneem sal ‘n spesiale permit benodig wat uitgereik word deur die Hoof van die Denominasie. Vir die AGS word die permit uitgereik deur die Algemene Sekretaris, Dr. Henri Weideman. Die AGS Pastore wat al begrafnisse onderneem het, het die permit ontvang.
Dit is belangrik om te beklemtoon dat die leierskap van die AGS in sy vorige kommunikasie standpunt ingeneem het dat ons Pastore en lidmate aan die regulasies rakende die inperking moet voldoen – om te verseker dat ons nie die virus help versprei nie, maar dat ons die kanale van hoop sal bly in ons gemeenskappe.
Seën!
MG Mahlobo