Nuusflits: Vrydag, 23 Oktober 2020

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

23 OKT AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. Omsendbrief, 22 September 2020 (Pastoor Waarderingsmaand – Punt Nr.3)

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/Circular-to-pastors-Regions-22-September-2020.pdf

2. AGS Welsyn R1-Veldtog

https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/

3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies 

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf

4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf

Mede-AGS Kollega,

1. DIE HERNUWING VAN PASTORALE STATUS – DRINGEND

Volgens die AGS Konstitusie, (Aanhangsel 7.6 punt 2.3.1 en 2.3.2), word Pastore wat nie hul pastorale status teen 31 Desember 2020 hernu het nie, “as nalatig beskou, maar ‘n grasietydperk van 31 dae is van toepassing”. – Dit impliseer dat Pastore wat nie hulle status teen 31 Januarie 2021 hernu het nie, hul pastorale status verloor, en dan aansoek moet doen om hul status te herstel.

My bekommernis is dat as ons GBM (Algemene Sakevergadering) moontlik in Februarie/Maart 2021  plaasvind, die Pastore wat dan nog nie hul status hernu het nie, dit moontlik nie betyds sal kan doen om te registreer vir die GBM nie.

Daar kan  logistieke uitdagings wees as Pastore met hul status hernuwing tot Januarie 2021 wag, want dit sal baie min tyd aan die administrasie gee om die aansoek betyds vir die GBM te verwerk. (Neem ook asseblief kennis dat die AGS Nasionale Kantoor op 11 Desember 2020 sluit.) Pastore moet dus so gou moontlik aansoek doen vir hernuwing of die risiko loop dat hulle nie vir die GBM kan registreer nie.

Pastore wat nog nie hul status hernu het nie, moet dringend met hul Streeksekretaris / Administrateur in kontak kom.

Dr. Henri Weideman

2. PASTOOR WAARDERINGSMAAND

Neem asseblief kennis van ‘n spesiale videoboodskap rakende die waardering van ons Pastore, hul eggenote en hulle kinders. Hierdie videoboodskap is gerig aan AGS Beheerliggame, Lidmate en Gemeentes. Die boodskap is beskikbaar op alle AGS sosiale media-platforms:

Facebook: https://www.facebook.com/AFMOFSA/

Instagram: https://www.instagram.com/afmofsa/

YouTube: https://youtu.be/Lc0Rf0KcFmM

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...