Nuusflits: Vrydag, 23 Augustus

Laai die PDF weergawe hier af:

23 AUGUST AFR 2019

AGS Kollega,

DIE AGS INTERNASIONALE KONFERENSIE: ‘N VERSLAG VANAF KENYA

Die 2019 driejaarlikse AGS Internasionale Konferensie vind huidiglik plaas in Nairobi, Kenya vanaf 19-24 Augustus. Afgevaardiges van 32 lande waar die AGS teenwoordig is, woon hierdie konferensie by. Die konferensie word gehou by die Kenyatta Universiteit se Amfiteater met die tema: “Missional Church Discipling the Nations”.

In ‘n missionale kerk word alle lidmate geroep om sendelinge (of apostoliese agente) te wees. Die missionale kerk is ‘n gemeenskap van God se mense wat hulself definieer en organiseer rondom die oorspronklike doel – om ‘n agent te wees van God se missie in die wêreld. Ek het die geleentheid gehad om ‘n werkswinkel oor missionale kerk aan te bied en wil jou aanmoedig om die aanbieding hier af te laai:
http://afm-ags.org/category/media/.

Ons Algemene Sekretaris, Dr Henri Weideman het ook ‘n preek gelewer oor die verskil tussen die ou en die nuwe paradigmas. Hy benadruk dat om ‘n missionale kerk te wees impliseer dat elke lidmaat gestuur is en die lewe van ‘n aktiewe sendeling (of apostoliese agent) moet leef.

Dankie dat jy die AGS Internationaal in jou gebede hou.


Seën!
Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...