Nuusflits: Vrydag, 22 Oktober 2021

Laai die Nuusflits af in PDF-formaat (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits 22 OKT 2021

 

HULPBRONNE:

1. Omsendbrief: 2020 GBM & Ondersteunende Bylaes

https://afm-ags.org/gbm-circular-supporting-documents/ 

2. Omsendbrief: Pastorale Waarderingsmaand (Oktober)

https://afm-ags.org/circular-pastors-appreciation-month-october-2021/ 

3. Pastorale Brief: 3de Kwartaal (Nuut!)

https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/ 

4. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: PowerPoint Aanbiedings 

https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2021-power-point-presentations/ 

5. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Video Opnames  

https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHYtSymo7ubUs2oXGS28rDn3 

AGS Kollega,

1. DIE myAFM TOEP: UITNODIGING AAN PASTORE OM TE REGISTREER

Ek vertrou jy is bewus van die myAFM Toep wat amptelik op 1 Oktober 2021 bekendgestel was. Die myAFM Toep het ‘n spesiale privaat afdeling vir AGS Pastore. AGS Pastore geniet gratis toegang tot hierdie private deel van die Toep en die AGS Nasionale Kantoor sal dit gebruik om gereelde en relevante kommunikasie en kennisgewings stuur. (Let wel dat ‘n subskripsie fooi van R12 per maand sal geld vir die gebruik van die publieke deel van die toep.)

Om te registreer op die myAFM Toep, gebruik asseblief:

a. Jou e-posadres waarop jy Nuusflits Kommunikasie ontvang vanaf die AGS van SA se Nasionale Kantoor.

b. ‘n Standaardwagwoord wat aangepas kan word sodra jy ingeteken het:

AFM2021 OF AFM-2021

Ek wil al ons Pastore aanmoedig om die stappe te volg om vooraf te registreer om toegang tot hierdie afdeling van die myAFM Toep te verkry. Die stappe is maklik om te volg en is beskikbaar by:

Vir tegniese ondersteuning, stuur ‘n boodskap na die WhatsApp-hulplyn:

063 456 0708

Vir verdere vrae, moet asseblief nie huiwer om ‘n e-pos navraag aan ons te stuur nie:

henri@afm-ags.org (Hoofsekretaris van die AGS van SA)

chantalle@afm-ags.org (AGS Kommunikasie)

2. PCD (Pastors’Continuous Development): KENNISGEWING

Ons het ‘n paar navrae ontvang oor PCD-punte vir die komende GBM wat op 16 en 17 November 2021 gaan plaasvind. Aangesien die GBM hierdie jaar slegs ‘n vergadering en ‘n verkiesing is, sonder opleiding in die vorm van PCD Werkswinkels, word geen PCD-punte toegeken nie.

Om op die hoogte te bly van die PCD-proses, volg:

https://www.facebook.com/PCD4AFM

https://www.pcdafm.co.za/

3. AGS VAN SA: NASIONALE KALENDER 2022

Die Nasionale Kalender is goedgekeur by die Nasionale Leierskapsforum wat in Durban plaasgevind het vroeër vanjaar en kan nou afgelaai word vanaf die onderstaande skakel:

https://afm-ags.org/category/media/

4. AGS WELSYNSNAWEEK 

Verwag God dan nog steeds dat ek na ander in nood moet uitreik as dit in my eie huishouding moeilik gaan? Ons glo dat ons deur God se genade moet voortgaan om vrygewig te gee en uit te reik na ander in nood, selfs in moeilike tye.

Dit is die voorgestelde tema vir die AGS Welsynsnaweek vir 2021 (26-28 November 2021), soos gevier deur die lidmate en die plaaslike Gemeentes van die AGS van SA. Hierdie jaar word daar veral gefokus op hoe die kerk ‘n verskil kan maak in die lewens van ouer persone in hul gemeenskap. Ons is opgewonde om te sien wat AGS lidmate en Gemeentes beplan!

Verwys gerus na die Pastorale Brief van die 3rde kwartaal vir praktiese riglyne oor hoe om jou AGS Welsynsnaweek optimaal te benut:

https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...