Download the PDF version from the link below:
AGS Kollega,
SPESIALE UITNODIGING
2020 NOB Bemagtigingsbesoeke
Hiermee nooi ons alle Pastore, lede van die Beheerliggame, Leiers en Nasionale Jeug uit na die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke. Die doel van die besoeke is om inligting te deel, opleiding te verskaf en gesprek te voer oor kwessies van strategiese belang vir die kerk. Ek wil jou sterk aanmoedig om die bemagtigingsessie in jou Provinsie by te woon.
Die tema vir die besoeke is:
Aksies met Impak
Leierskap in ‘n missionale kerk
Ons sien uit daarna om met die kerk oor die volgende onderwerpe te praat:
- Die Impak van die Bediening op die kinders van Pastore.
- Die Nominasieproses en datums vir die verkiesing van die Nasionale Ampsdraers in 2020.
Hier is alreeds ‘n dokument beskikbaar oor die onderwerp. Laai gerus af by die volgende skakel: http://afm-ags.org/category/media/ - Vroue in Leierskap.
- Die Rol en Funksie van ‘n Pastoor binne ‘n Missionale kerk.
- Om Kerk te wees in die markplein.
- Gemeenskapsbetrokkenheid: Praktiese Implementering (Aangebied deur die AFM Welfare)
Die program vir Vrydag en Saterdag kan afgelaai word vanaf die volgende skakel:
http://afm-ags.org/category/events/
Die Nasionale Ampsdraers gaan besoeke aflê aan al die Provinsies op die volgende datums:
Datum: | Provinsie: | Plek: |
7-8 Februarie | Kaapstad | AGS Goodwood |
7-8 Februarie | Vrystaat | AFM Jubilate |
21-22 Februarie | Kwazulu-Natal | Amanzimtoti |
6-7 Maart | Limpopo | Ha-Dumasi Conference Centre |
6-7 Maart | Mpumalanga | Lighuis Middelburg |
17-18 April | Gauteng | Herlwingsentrum (Wonderboom) |
17-18 April | Noordwes | AFM Oase (Klerksdorp) |
8-9 Mei | Oos-Kaap | Gees en Lewe (East London) |
8-9 Mei | Noord-Kaap | AFM Rehobot Upington |
Seën!
MG Mahlobo