Laai die PDF weergawe hier af:
AGS Kollega,
1. PINKSTERWEEK EN PINKSTER SONDAG
Ons is tussen twee belangrike gebeure op die kalender van die Christen-kerk. Eerste op die kalender is Hemelvaartdag wat ons gister gevier het, op 21 Mei 2020. Tweedens is Pinkster Sondag wat op 31 Mei 2020 gevier word. Vir die amptelike aankondiging van die Pinksterweek, het ek ‘n kort boodskap saamgestel wat vandag beskikbaar is op die AGS se Facebook-bladsy:
https://www.facebook.com/AFMOFSA/
Handelinge 1:4-5 “’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
Ek wil hê dat ons moet bid met die volgende gebedspunte in gedagte:
- God se ingryping in die Covid-19 pandemie.
- Heilige Doop.
(Volgens ons Pastorale Welstand studie van 2019 prioritiseer slegs 46% van gemeentes die doop in die Heilige Gees) - Kragtige werking van die Heilige Gees in ons gemeentes.
(Volgens ons Pastorale Welstand studie van 2019 ervaar slegs 41% van gemeentes die kragtige werking van die Heilige Gees) - Herlewing.
Laat ons die Pinksterweek gebruik om na te dink oor:
- Die Gawes van die Heilige Gees (1 Corintiers 12:1-11).
- Die Vrug van die Heilige Gees (Galasiers 5:22-23).
- Toerustings Bedieninge (Equipping Ministries) (Efesiërs 4:11-13).
Vir Pinkster Sondag, 31 Mei 2020, laat ons ‘n boodskap voorberei vir ons gemeentes oor die uitstorting van die Heilige Gees (soos in Handelinge 2).
2. PCD (PASTORALE DEURLOPENDE ONTWIKKELING)
Die Covid-19 pandemie het ‘n situasie geskep waar sommige nasionale- en streeksbemagtigings geleenthede uitgestel of gekanselleer is. Terwyl ons maniere oorweeg om die kredietverwagting vir 2020 te vergemaklik, kan ons dit nie tot op nul laat sak nie. Daarom moedig ons pastore aan om te doen wat hulle kan en selfs die beskikbare tyd te gebruik om krediete vir volgende jaar (2021) op te bou. Vanaf die bestaande PCD-kredietraamwerk (wat afgelaai kan word vanaf die PCD-webwerf by: www.pcdafm.co.za), is die volgende nog moontlik, selfs onder die inperking:
- Boekresensies.
- DVD/Aanlyn onderrig sessies.
- Studiegroepe: Dit kan gedoen word via WhatsApp-groepe of ZOOM.
- Aanlyn Studie artikels: Op die PCD-webwerf.
- Geakkrediteerde aanlyn kursusse: Dit kan gedoen word met ‘n bewys van registrasie, een PCD-krediet vir elke uur insette, tot ‘n maksimum van 20 krediete per jaar.
- Die Persoonlike Ontwikkelingsplan (PDP): Kan gedoen word via ‘n selfoon, WhatsApp of Zoom.
- Sommige streke bied tans opleidingsgeleenthede aanlyn of via WhatsApp aan.
- Nie-AGS geleenthede: Soos die GLS (Global Leadership Forum) en Empowered21, wat tans aanlyn werkswinkels aanbied. Sommige van hierdie registrasies is gratis.
Vriendelike Groete!
Henri Weideman & Irma van Schalkwyk
3. “EENHEID IN ESSENSIËLE DINGE, VRYHEID IN DIE NIE-ESSENSIËLE, MAAR IN ALLES LIEFDE. – (Augustinus 354-430nC)
Daar is heelwat ononderhandelbare Bybelwaarhede waaroor Christengelowiges oor alle eeue en uit feitlik alle kerklike tradisies heelhartig saamstem. Daar was egter deur die eeue ’n tendens, en vandag in besonder, dat nie-essensiële kwessies, m.a.w. dinge wat nie ’n verskil aan ons saligheid sal maak nie en dinge waaroor daar verskil van mening moontlik is, só deur sommiges geaksentueer word en oor hare gekloof word dat dit verwarring by gewone gelowiges bring en dikwels tot afkraking van mekaar en verdeeldheid in die liggaam van die Here lei.
Lees meer hieroor in ‘n artikel deur Dr. Isak Burger (Voormalige President van die AGS van SA):
https://afm-ags.org/category/media/
Seën!
MG Mahlobo