Nuusflits: Vrydag, 22 Julie 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 22 Julie 2022

HULPBRONNE:

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/

2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/

2022 GBM & Konferensie: Aanlyn Registrasie – Voorkeurmetode!
Gebruikersnaam: Afm | Wagwoord: Ags12345%
https://www.afm-gbm.co.za

AGS Kollega,

1. ONS TEMA: VERTROU OP GOD

Die tema vir die 2022 GBM en konferensie is “Trusting God” (Vertrou Op God). Daar is so baie dinge wat in ons geliefde land Suid-Afrika en regoor die wêreld gebeur waarvoor ons God werklik moet vertrou. Party mense voel mismoedig en selfs terneergedruk. Hoe moet ons as volgelinge van Jesus in ons daaglikse lewe op hierdie tydstip optree en op omstandighede reageer?

Spreuke 3: 5-6 (AFR83) moedig ons aan: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Matteus 6:25, 32-33 (AFR83) sê: “Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. …. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Hoe doen ons dit? Hoe vertrou jy God te midde van ‘n storm? Hoe verseker ons dat ons nie op ons eie vermoëns en kennis staatmaak nie, maar eerder op God alleen vertrou? Wat moet ons doen om volgens die beloftes van God in Sy Woord te lewe? Hoe vertrou jy God met jou finansies en toekoms?

Gedurende die aanddienste by die 2022 GBM, vanaf Sondag 18 September tot Woensdag 21 September, sal hierdie en ander relevante kwessies volgens God se Woord aangespreek word. Ek sien uit daarna om baie van ons pastore en lidmate daar te sien.

2. ‘N UITNODIGING OM TE REGISTREER: DRINGEND

Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng. Die registrasiefooi beloop R350.00 per persoon vir die afgevaardigdes wat voor/op 31 Julie 2022 registreer. Na 31 Julie 2022, beloop die laat registrasie fooi R400.00 per persoon. Die registrasieproses maak voorsiening vir twee opsies: aanlyn- en gewone registrasies. Afgevaardigdes wat die 2022 GBM bywoon, word aangemoedig om so vroeg as moontlik te registreer om sodoende enige ongerief te vermy wat gepaard gaan met laat registrasies.

Verwys na die onderstaande skakel om die volgende algemene inligting af te laai:
https://afm-ags.org/category/events/

a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)

AANLYN REGISTRASIE – Voorkeurmetode

Die aanlyn registrasie- en betalingstelsels is in werking. Volg gerus die skakel hieronder om die aanlyn registrasieproses te begin –  maak asseblief seker dat alle inligting wat verskaf word korrek is: www.afm-gbm.co.za

Neem asseblief kennis:

  • Nadat die self-registrasieproses voltooi is, word ‘n e-pos met ‘n QR-kode gestuur na die e-posadres wat jy tydens die registrasieproses verskaf het.
  • Maak asseblief seker dat hierdie e-pos nie per ongeluk in jou “spam/junk folder” beland het nie.
  • Stel ons in kennis as jy nie hierdie bevestigings e-pos ontvang nie.
  • Ons het ook ‘n registrasie verifikasie opsie vir jou bygevoeg om te verseker dat jou registrasie suksesvol is. Volg die opsie “Check Registration” en sleutel jou ID-nommer in om te verifieer. Alle registrasies moet teen 9 September geverifieer wees.

GEWONE REGISTRASIE – Word nog steeds aanvaar
Laai die registrasievorm hieronder af –
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2022/06/2022-GBM-Annexure-B.pdf en stuur terug na afmgbm2022@afm-ags.org. 

3. AGS SKRYFBEHOEFTES: BESTELLINGS (MOET BY GBM & KONFERENSIE AFGEHAAL WORD)

Gemeentes word aangemoedig om skryfbehoeftes vooraf te bestel sodat dit saam na die 2022 GBM en Konferensie in September geneem kan word. Sodoende kan die Nasionale Kantoor verseker dat genoeg voorraad beskikbaar is. Voltooi asseblief die aangehegte vorm en stuur terug na:
frans@afm-ags.org

https://afm-ags.org/leading-the-afm/order-resources/

4. AGS INTERNASIONAAL DRIE-JAARLIKSE RAADSVERGADERING EN KONFERENSIE

Vanaf 23 Augustus tot 25 Augustus 2022 sal die AGS Internasionaal se drie-jaarlikse Raadsvergadering,  bestaande uit afgevaardigdes van 28 nasionale AGS kerke regoor die wêreld, in Gaborone Botswana plaasvind. Dit sal gevolg word deur ‘n konferensie wat van Vrydag, 26 Augustus tot Sondag, 28 Augustus 2022 by die AGS Gaborone Blok 7-Gemeente aangebied word.

Die tema vir die 2022 Raad en Konferensie sal wees: “Called to the Missional frontline in a turbulent world.”  Die sprekers is onder andere: Dr F Chikane, Past. J. Chigorimbo, Past. P. Gatimu, Past. T. Savhasa, Past. G. Mahlobo, Past. W. Bhatti en Past. M. Motlhasedi.

Die huidige AGS Internasionale Ampsdraers is: President: Pastoor George Mahlobo (Suid-Afrika); Adjunkpresident: Pastoor Jobe Koosimile (Botswana); Sekretaris-generaal: Dr Henri Weideman (Suid-Afrika); Tesourier-generaal: Pastoor Josh Chigorimbo (Verenigde Koninkryk). Jy is welkom om vir die konferensie te registreer deur hierdie skakel te volg: https://www.afmbotswana.org/?p=655

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...