Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. GBM Aanlyn Registrasievorm
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
2. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2021/
3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/friday-7-may-2021-funeral-guidelines-updated-afm-response-to-salrc/
4. Begrafnis Riglyne (Opgedateer: Maart 2021 – Bywoning 100)
https://afm-ags.org/friday-7-may-2021-funeral-guidelines-updated-afm-response-to-salrc/
AGS Kollega,
Ek wil verskoning vra vir ‘n foutiewe inskrywing op die AGS se Jaarkalender. Ons is sedert 14 Mei 2021 in Pinkster Week en Pinkster Sondag is op 23 Mei 2021. Laai gerus die korrekte AGS Jaarkalender af vanaf die onderstaande skakel:
https://afm-ags.org/category/media/
Gedurende Pinkster besin ons oor die 120 wat gewag het op die uitstorting van die Heilige Gees in die bo-vertrek, soos opgeteken in Handelinge 1: 4-5. Op Pinkster Sondag sal ons saam met die wêreldwye Christelike gemeenskap die belangrike gebeurtenisse in Handelinge 2 vier. Ons sal dit doen te midde van ‘n pandemie wat die hele wêreld verswelg het. Neem asseblief kennis dat ‘n kort boodskap deur Past. Barend Petersen (Algemene Tesourier van die AGS van SA) geplaas sal word op die AGS se sosiale media platforms (insluitend Facebook & Instagram).
Laat ons hierdie Pinkster Sondag gebruik as ‘n geleentheid om te BID vir:
- God se ingryping om die rampspoedige impak van Covid-19 te verlig.
- Die werklikheid van die Heilige Doop in die lewens van ons lidmate.
- Die ontwikkeling van die vrug van die Gees in die karakter van ons lidmate.
- Herlewing
Op 25 Mei 2021 sal die AGS sy 113de bestaansjaar vier. Hierdie feesviering val saam met Afrika-dag. Laat ons God se genade vier wat die AGS al 113 jaar vergesel. Laat ons ook nadink oor God se Geskenk van Verlossing (die DNA van die AGS) en die impak daarvan op die wêreld. Neem asseblief kennis dat ‘n kort verjaarsdagboodskap deur Dr. Japie en Mev. Susan La Poorta op die AGS se sosiale media gedeel sal word (insluitend Facebook & Instagram).
Laat ons ook hierdie oomblik gebruik om vir ons kontinent, Afrika te bid. Volgens ‘n 2018-studie van die Gordon-Conwell Theological Seminary het Afrika die grootste bevolking van Christene (631 miljoen). Hierdie numeriese Christelike groei het nie ‘n transformerende impak op die vasteland gehad nie. Konflik, hongersnood, siektes en armoede is nog steeds kenmerke van ons kontinent. Laat ons die komende Afrika-dag gebruik om vir ons kontinent, sy mense en uitdagings te bid.
Suid-Afrika is op die rand van ‘n derde golf koronavirus-infeksies. Ek doen ‘n dringende beroep op alle AGS pastore en leiers om deel te neem aan die veldtog om die infeksiesyfer te verlaag deur lidmate en gemeenskappe aan te moedig om aan die Covid-19 veiligheids- en higiëniese maatreëls te voldoen. Ek doen ‘n beroep op ons pastore om aan te hou om kanale van hoop en vertroosting te wees vir almal wat geliefdes verloor het weens die pandemie en vir diegene wat herstel van infeksies.
4. DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES: KORT VRAELYS
Die AGS DEL (Doktrine, Etiek & Liturgie) Komitee versoek AGS Pastore om ‘n kort (3 vrae) vraelys te beantwoord oor die belangrikheid van die doop in die Heilige Gees vir Pinkster-gelowiges in die AGS:
https://www.surveymonkey.com/r/8TCZNZN
Agtergrond inligting:
Die AGS staan bekend as ‘n Pinksterkerk en is deel van die wêreldwye Pinksterbeweging. Wêreldwyd is die Pinksterbeweging besig om weer te kyk na wat dit beteken om Pinkster te wees. Dit hou verband met hoe hulle hulself beskou as ‘n kerk wat gebore is uit die krag van die Heilige Gees. Deel van die ervaring is geloof met die Doop in die Heilige Gees. Die AGS se geloofsbelydenis (https://afm-ags.org/about-us/confessions-of-faith/) sluit in dat ons glo in die doop in die Heilige Gees met die aanvanklike bewys dat daar in tale gepraat word.
Seën!
MG Mahlobo