Nuusflits: Vrydag, 21 Augustus 2020

Laai die PDF-weergawe van die Nuusflits hier af:

21 AUGUSTUS AFR 2020

Liewe AGS Kollega,

1. ‘N BOODSKAP VAN BEMOEDEGING 

Ons is almal bewus daarvan dat President Cyril Ramaphosa die land vanaf inperkings Vlak 3 na inperkings Vlak 2 verskuif het. Ek het vroeër die week ‘n verklaring op ons Facebook-blad gepubliseer oor hoe die huidige inperking die kerk affekteer:

https://www.facebook.com/AFMOFSA/

Dit is bemoedigend om te sien dat baie Suid-Afrikaners besig is om te herstel van die Korona-virus. Ons harte gaan nog steeds uit na al die families wat geliefdes verloor het as gevolg van die pandemie. Ek wil jou graag vandag aanmoedig met ‘n skrifgedeelte uit Efesiërs 6:10: “Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.” Dit is vertroostend om te weet dat ons God so kragtig is en vir ons al ons krag gee. God sal ons deur hierdie storm dra. Oor hierdie onderwerp sluit ek ‘n video boodskap in:

2. OMSENDBRIEF

Vroeër hierdie week is ‘n belangrike omsendbrief aan alle AGS Gemeentes gestuur rakende:

  • Die genomineerdes vir die Nasionale Ampsdraers verkiesing.
  • ‘n Goedgekeurde voorgestelde verwysiging van Regulasie 7.4.4.
  • Die minimum krediete vir PCD vir 2020.
  • Die belangrikheid daarvan om aan die Covid-19-protokol te voldoen (veral by begrafnisse).
  • ‘n Brief van AGS Welsyn vir jou vriendelike oorweging.

Al die bogenoemde dokumente is beskikbaar vanaf ons webblad by die volgende skakel:

https://afm-ags.org/category/media/

3. ONDERSTEUNING VAN ONS GESONDHEIDSWERKERS

Die Korona-virus is nog steeds n baie groot bedreiging en tog bied dit vir ons ‘n unieke geleentheid om te bedien en ‘n verskil te kan maak. Ons gesondheidswerkers is huidiglik getraumatiseerd, angstig en depressief. In baie gevalle word hulle geskei van hulle gewone geloofsgemeenskappe as gevolg van die beperkings wat geplaas is op die aantal mense wat mag saam kom om die Here te dien.

Ons het ‘n versoek van The Evangelical Alliance of South Africa ontvang om gesondheidswerkers in ons gemeenskappe te ondersteun. Lees meer oor die spesifieke aksies wat ons kan neem om ons gesondheidswerkers te ondersteun in die onderstaande versoek:

https://afm-ags.org/category/media/

4. COVID-19 SE IMPAK OP DIE DOWE GEMEENSKAP

Die Dowes kort dringend hulp, nou meer as ooit tevore. Die gemiddelde versoekpersentasie vir hulp aan dowe persone het die afgelope paar jaar van drie versoeke per dag toegeneem na ‘n gemiddeld van 16 versoeke per dag. In die volgende artikel deel Pastoor Dirk Venter meer oor hoe die pandemie die dowe gemeenskap affekteer:

https://afm-ags.org/the-impact-of-covid-19-on-the-deaf-community/

Deaf Friendly is n gespesialiseerde AGS Bediening en is landswyd bekend vir die werk wat hulle doen om die dowes te help. As jy weet van enige dowe persone wat in nood is, kontak Deaf Friendly en stel hulle in kennis sodat hulle so gou as moontlik kan opvolg en hulp verleen:

dirk@deaffriendly.co.za

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...