Nuusflits: Vrydag, 20 November 2020

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te stuur per e-pos of om uit te druk):

20 NOV AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm:

https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. AGS Welsynsnaweek: Laai Hulpbronne Af

https://afm-ags.org/afm-welfare-weekend-2728-29-november-2020/

3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies 

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf

4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf

AGS Mede-Kollega,

1. KENNISGEWING: AANLYN GBM REGISTRASIE

Vanweë die huidige grendeltydperk en beperkings, was dit nie moontlik om op 6-9 September 2020 voort te kon gaan met die Jaarlikse Konferensie en Algemene Besigheidsvergadering (GBM) nie. Die NLF (Nasionale Leierskap Forum) het besluit om hierdie byeenkoms te her-skeduleer afhangende van die toekomstige beperkings op byeenkomste. Spesifieke datums kan nie op hierdie stadium bevestig word nie, maar sal so spoedig moontlik deurgegee word. Afgevaardigdes is egter welkom om nou al te registreer.

Om te registreer, gebruik die skakel hieronder om die aanlyn registrasievorm te voltooi:

https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

Die byeenkoms sal nog steeds by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, aangebied word.

Die GBM is nou ook as ‘n byeenkoms onder die “Events”-afdeling van die AGS-webwerf gelaai vir toekomstige verwysing (gelys as die 2de byeenkoms/gebeurtenis op die bladsy):

https://afm-ags.org/category/events/

2. AGS WELSYNSNAWEEK: 27,28 & 29 NOVEMBER 

In verlede week se Nuusflits het ons ‘n beroep gedoen op alle AGS Gemeentes om deel te neem aan die AGS Welsynsnaweek (https://afm-ags.org/nuusflits-vrydag-13-november-2020/).

Die Welsynsnaweek bied ‘n geleentheid vir die Kerk om gesamentlik betrokke te raak by welsynsaksies wat die lewens van mense in plaaslike gemeenskappe sal raak en verbeter. Ons tema vir die AGS Welsynsnaweek van 2020 is:

Raak betrokke en maak ‘n verskil in die lewens van kwesbare persone.

Ek wil jou aanmoedig om die volgende hulpbronne af te laai:

  • Fokus Areas vir ‘n welsynsgerigte preek.
  • ‘n PowerPoint Aanbieding om jou leiers en lidmate prakties toe te rus om betrokke te raak by die plaaslike gemeenskap (as drywer van die One AFM Game Plan).
  • ‘n Lys van alle AGS-welsynsinstellings in provinsies.
  • ‘n Elektroniese Boekie vir AGS-lidmate (wat dien as inleiding tot die AGS Welsyn).

Hierdie hulpbronne is beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:

https://afm-ags.org/afm-welfare-weekend-2728-29-november-2020/

Ek sluit ook twee video-boodskappe in vir jou aandag. Past. Barend Petersen (Voorsitter van AGS Welsyn) herinner ons aan gemeenskapsbetrokkenheid en die rol van die Kerk, terwyl Ashley Theron (Waarnemende Uitvoerende Hoof van AGS Welsyn) praktiese idees deel oor hoe AGS Gemeentes hul Welsynsnaweek ten volle kan benut.

Past. Barend Petersen (Be a BLESSING in your Community!)

Ashley Theron (Make the most of your AFM Welfare Weekend!)

Mag jou Gemeente ‘n betekenisvolle en belangrike AGS Welsynsnaweek hê!

Seëninge!

MG Mahlobo

Spread the word...