Nuusflits: Vrydag, 20 Maart 2020

Laai die PDF weergawe hier af:

20 MAART AFR 2020

Geagte Kollega,

Ons deel graag drie belangrike verwikkelinge waarvan ons pastore asseblief moet kennis neem:

1. CORONA VIRUS: PRAKTIESE IMPLIKASIES VIR AGS AKTIWITEITE 

http://afm-ags.org/the-corona-virus-a-time-for-faith-leadership-and-wisdom/

http://afm-ags.org/afm-statement-corona-developments-impact-on-church-atvities/

2. NOMINASIEVORMS VIR NASIONALE AMPSDRAERS

http://afm-ags.org/afm-election-2020-nomination-forms/

3. AGS TEOLOGIESE OPLEIDING

ATS vs NLF saak

Na die vereniging, het die kerk begin met die integrasie van die verskillende AGS-teologiese instellings, met die oog op die oprigting van een AGS-kollege. Hierdie proses is gedurende 2008 gestaak. Die staking van die proses is te danke aan ‘n hofbevel wat die Auckland Park Teologiese Kollege ‘ATS’ op 15 Augustus 2008 bekom het. ‘n Tussentydse bevel het gelui dat ‘n interdik en beperking geplaas word op die Nasionale Leierskaps Forum ‘NLF’, asook die direkteure wat deur die NLF aangestel is, dat hulle geen saketransaksies namens, of in die naam van die AGS Teologiese Kollege (NPC) ‘AGSTK’ mag onderneem nie. Hulle mag ook nie hulself as lede of direkteure van die AGSTK aan derde partye voorstel nie. Die saak is gedurende 2010 aangehoor en die Hof het die aansoek op 8 Augustus 2011 met koste van die hand gewys en die tussentydse bevel wat gedurende 2008 gemaak is, terug getrek. ATS het verskeie appèlle ingedien wat van die hand gewys is. Hul finale aansoek by die Appèlhof van Suid-Afrika in Bloemfontein om verlof tot appèl teen die uitspraak van 19 Desember 2013, is op 26 Maart 2014 van die hand gewys. Die gevolg van die uitsprake was dat die direkteure wat gedurende 2008 deur die NLF aangestel is, as wettig verklaar is.

NLF vs ATS saak

Die NLF het gedurende 2012 regstappe teen ATS ingestel vir ‘n bevel wat verklaar dat die ATS die AGSTK afgesonder het van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, en dat sodanige eienaarskap in alle eiendom en bates, roerend en nie-roerende, wat by die AGSTK berus , sou terugval op die NLF. Die aansoek is op 17 April 2018 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor en uitspraak is op 18 April 2019 gelewer. Daar is verklaar dat ATS die AGSTK afgesonder het van die AGS van SA en dat die besit van alle eiendom en bates, roerende en nie-roerende wat by die AGSTK berus, terug val op die AGS van SA, en ATS is beveel om onmiddellik alle eiernaarskap aan die AGS van SA te oorhandig en is uit Richmondstraat 55 gesit. Die uitspraak van die hof is nog nie uitgevoer nie, want motiverings vir die uitspraak is nog hangende en die moontlikheid bestaan dat ATS die uitspraak kan appelleer.

AGS Ooreenkomste met Global School of Theology en die Universiteit van Noordwes

Terwyl hierdie geskille uitgewerk word, het die AGS ‘n ooreenkoms met die Global School of Theology gesluit om ons pastore op te lei. By die Algemene Sakevergadering in 2012, is besluit om ons ooreenkoms met die Global School of Theology te beëindig. Daarna is ‘n ooreenkoms met die Universiteit van Noordwes aangegaan vir die opleiding van ons pastore.

Navorsingsvoorsitter

Die AGS het ‘n ooreenkoms met die Universiteit van Noordwes gesluit om ‘n Navorsingsvoorsitter in ekumene, Pinksterbeweging en neo-Pinksterbeweging te stig gedurende 2016, en professor Marius Nel as die hoofnavorser aangewys.

In hierdie tyd het Prof Nel die volgende gepubliseer:

Populêre Publikasies: 3 Akademiese Artikels.

Akademiese Publikasies: 8 Akademiese Artikels.

Artikels in ‘Peer-Review’ Joernale: 34 Akademiese Artikels.

Prof Nel het vier meestersgrade en 2 doktorsgrade as promotor, suksesvol gelei. Op grond van sy prestasie ontvang hy die toekenning vir Beste Navorser in die hele NWU, agtervolgens vir drie (3) jaar.

Aansoek om Registrasie as ‘n Private Hoër Instansie

Die AGS Teologiese Kollege (NPC) het ‘n Aansoek om Registrasie as ‘n Private Instansie vir Hoër Onderwys by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ingedien. Gedurende 2018 is daar ook ‘n aansoek om akkreditasie van ‘n Baccalaureusgraad in Teologie aan die AGS Teologiese Kollege in Soshanguve, Gauteng, met die Hoër Onderwys Raad vir Kwalifikasies ingedien. Die Raad vir Kwalifikasies vir Hoër Onderwys het ses voorwaardes uiteengesit wat verwys na aangeleenthede wat aangespreek moet word, voor die aanvang van die werwing van studente, of die aanbieding van die programme. Verteenwoordigers van die Raad op Hoër Onderwys het op 6 Januarie 2020 die Soshanguve-kampus besoek om aan die laaste voorwaarde te voldoen. Na verwagting sal die aansoeke gedurende 2020 afgehandel wees. Verskeie prosesse sal begin na afloop van die registrasie van die AGSTK deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, insluitend die werwing van personeel ens.

Ons moedig ons studente aan, wat tans aan die Noordwes-Universiteit studeer, om hul studies suksesvol te voltooi. Verdere aankondigings sal op die regte tyd gemaak word.

Die bestuur van die AGS Teologiese Kollege dank die Here vir die vordering om die visie te verwesenlik –  om pastorale opleiding by ons eie AGS Teologiese Kollege te bied.

Seën!
Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...