Nuusflits: Vrydag, 20 April 2018

 Laai die Nuusflits af in PDF formaat

1. AGS GEMEENSKAPS BETROKKENHEID ONTVANG DEPARTEMENTELE TOEKENNING

Liewe Kollegas,

Vandag gee ons erkenning aan een van ons AGS gemeentes wat ‘n toekenning ontvang het vanaf hul plaaslike regering vir aktiewe betrokkenheid in die gemeenskap. Die AGS Emmanuel Gemeente is geleë in Potchefstroom (Ikageng) en word gelei deur Pastoor Palo Motsi en Me. Theresa Motsi. Die visie van die gemeente is om die wêreld om hulle te beinvloed en te impakteer met God se Glorie.

Die gemeente het verskeie programme en projekte wat die plaaslike gemeenskap ondersteun. Tydens 2017 het een spesifieke behoefte na vore gekom in die gemeenskap – die onder gemiddelde matriek uitslae wat die skoliere behaal het.  Die AGS Emmanuel gemeente het betrokke geraak en die Hoërskole geidentifiseer waar matriek uitslae onder gemiddeld was. Bemagtigings sessies is gebruik as a metode om die skoliere, onderwysers en bestuur van die skool te motiveer. Die gemeente het ‘n internasionale- (Dr. John Tibane) en ‘n plaaslike spreker genooi om die skool te bemoedig en te motiveer.

Die AGS Emmanuel Gemeente is ‘n uitstekende voorbeeld van aktiewe gemeenskaps betrokkenheid. Die uitdagings van die plaaslike gemeenskap is aangespreek – dit is een van die drywers van ons “One AFM Game Plan”. Die bemagtigings sessies het waardevolle inligting bevat wat die matrikulante gehelp het om hoër te mik en dieper te delf om matriek resultate te behaal wat voordelig is vir beide die skoliere se toekoms en die gemeenskap in geheel.

Hierdie Goddelike empatie en heelhartige betrokkenheid in die gemeenskap is raak gesien deur die Onderwys en Sport Departement van Noordwes.  Op 24 Maart 2018 is die AGS Emmanuel Gemeente geseën met ‘n toekenning van die Departement wat hulle diens as rolspeler in die “Provincial Quality, Learning and Teaching Campaign” in Noordwes erken en aanprys.

Die AGS Emmanuel Gemeente is ‘n voorbeeld van ‘n missionale kerk wat ‘n kerk is buite die fisiese “kerk gebou”.  Om aktief Christus in ons gemeenskappe te verteenwoordig en betrokke te raak by die behoeftes van die dag, omskryf ‘n missionale kerk.  Ons wens hulle geluk met hierdie uitstaande prestasie!

Nota:  Onthou dat die “One AFM Game Plan” hulpbronne beskikbaar is vanaf die AGS webtuiste in 4 verskillende tale:  Afrikaans, Engels, isiZulu en Sesotho.

http://afm-ags.org/leading-the-afm/one-afm-game-plan/

 

 

 

 

 

 

 

2. NASIONALE MANNE BEDIENING: KONFERENSIE

Ons is opgewonde om informasie te deel oor die komende AGS Nasionale Manne Bediening:

Volg die skakel hieronder om die Formale Uitnodigingsbrief, Registrasievorm en Behuisings Opsies vanaf die “Events”-blad op die AGS webtuiste af te laai.

http://afm-ags.org/category/events/

3. EMPOWERED21 AFRICAN KONGRES TE WOORD & LEWE, BOKSBURG

Laai die Registrasie Vorm hier af:
http://afm-ags.org/category/events/

Vandag deel ek ‘n uiters belangrike en strategiese byeenkoms met julle – veral met ons AGS Pastore, Beheerliggaam Lede, Leiers en Lede in en rondom die Gauteng Provinsie.

Empowered21 is ‘n organisasie wat help om die toekoms te vorm van die Geesvervulde beweging (Spirit-empowered movement) regdeur die wêreld.  Dit is toeganklik vir alle Geesvervulde kerke, bedienige, organisasies, netwerke en gemeenskappe. Die Empowered21 Afrika Kongres is ‘n strategiese bemagtigende geleentheid wat direk praat tot die hart van die missionaliteit van die AGS se ‘One AFM Game Plan”.  Die visie van EMPOWERED21 is:

“That every person on earth would have an authentic encounter with Jesus Christ through the power and presence of the Holy Spirit…by Pentecost 2033.”

Die visie weerspieël die Groot Kommissie en verbind tot die basiese visie van elke Christelike kerk – en veral met elke AGS gemeente.  Bywoning sal ‘n wye verskeidenheid van bedieningsleiers regoor die wêreld verteenwoording, insluitende William Wilson (President, Oral Roberts University), George Wood (Voorsitter, World Assemblies of God Fellowship); Opoku Onyinah (President, Ghana Pentecostal and Charismatic Council), Frank Chikane (President, AGS Internasionaal); Daniel Kolenda (President, Christ for All Nations); Ron Luce (Globale Jeug Strategis, Generation Next) en menige ander.

Tien fokus areas is geìdentifiseer vir beide die hoof en individuele “track” sessies (wat ook in lyn is met die AGS se missionale kerk strategie):

  • Evangelisme
  • Dissipelskap
  • Gebedsnetwerke
  • Vroue Bediening
  • Kinder Bediening
  • Volgende Generasie Jeug Netwerk (Next Generation Youth Network – NGN)
  • Teologiese studente
  • Voorspraak en profetiese leierskap
  • Humanitêre hulp en rampverligting
  • Christelike Besigheids Netwerkvorming

Deur te registreer vir hierdie kongres bekom u die geleentheid om deel te wees van ‘n netwerk strukture (vanaf kontinentale tot nasionale vlakke) wat dien en netwerk met Afrika leiers op elkeen van die fokus areas.  Die idee is om nuwe konneksies te skep wat die Geesvervulde beweging sal bemagtig om die Groot Kommissie te vervul.

Op Saterdag 19 Mei 2018 sal die program fokus op inter-generasie meedeling.  Alle jong mense, Jeug Pastore en leiers word uitgenooi om deel te neem in die sessies wat aangebied word deur die “Next Generation Network – NGN”.  Plaaslike jeug wat nie kan bekostig om die volle Kongres by te woon nie word aangemoedig om kaartjies vir slegs Saterdag te koop teen ‘n verminderde prys van R150.  Jeug kaartjies vir hierdie Saterdag sal binnekort beskikbaar wees.

Ek wil u aanmoedig om hierdie Kongres by te woon aangesien dit die algehele leierskap in u gemeente, streek, netwerk of departement sal versterk.  Daar is ‘n vroeë en laat registrasie fooi. Die registrasie gelde is verlaag na R600. Aanlyn registrasie kan geskied deur i-tickets te https://itickets.co.za/events/383130.  Die skakel is ook beskikbaar op Empowered21 se amptelike webtuiste:

www.empowered21.com

Vir meer inligting kontak:

Me Lunga: Kantoor 0126440987 Selfoon 0793358971

Past Modise Moatlhodi: Selfoon 0824494288

Mnr Kabelo Ndlovu: Selfoon 0832918637

Uitnodiging aan alle Geesvervulde bewegings:

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...