Laai die PDF-Weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. AGS Welsyn R1-Veldtog
https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/
2. Pastorale Brief: 3de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2020/
3. Die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke Materiaal
https://afm-ags.org/category/events/
4. Die 2021 AGS-Kalender
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/08/AFM-Calender-2021-2.pdf-FINAL-28.08.2020.pdf
Mede-Kollega,
Soos daar in 1 Tessalonisense 5:11 staan, laat ons mekaar aanhou bemoedig in moeilike tye. Ek bid nog steeds vir jou, jou gesin en gemeente. Hou aan om ‘n getroue dienaar van die Here te wees: “God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie.” – Hebreërs 6:10.
1. AGS WELSYN: ALGEMENE JAARVERGADERING 2020
Die Welsyns Departement van die kerk het hul eerste virtuele Algemene Jaarvergadering op Woensdag, 30 September 2020 gehou. Meer as 65 verskillende elektroniese toestelle het ingeskakel by hierdie historiese vergadering. Die vergadering was aangebied by die AGS Nasionale Kantoor in Centurion, Pretoria. Verskeie afgevaardigdes van AGS Welsyn het die vergadering bygewoon, waaronder verteenwoordigers was van Ouetehuise, Aftreeoorde, Kinder- en Jeugsorgsentrums, Pleeghuise, Affiliate en ander nie-winsgewende organisasies. Verteenwoordigers en lede van die NLF (Nasionale Leierskapsforum) uit verskillende AGS-streke en netwerke was ook teenwoordig. Dit was inderdaad ‘n betekenisvolle oomblik in die tyd.
Gemeenskapsbetrokkenheid is een van die vyf drywers van ons One AFM Game Plan. Suid-Afrikaanse gemeenskappe ly onder verskillende uitdagings: armoede, hoë werkloosheid, lae inkomste, gesinsverbrokkeling, swak standaard van onderwys, VIGS, geweld teen vroue en kinders, dwelmgebruik en -misbruik en ongelykheid. AGS Gemeentes word aangemoedig om betrokke te raak by die sosiale probleme en uitdagings van hul plaaslike gemeenskappe. Maatskaplike aksies moet geimplementeer word sodat mense positiewe verandering ervaar.
Die kerk is ideaal geposisioneer om verandering in die lewens van mense in verskillende gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bring. Ons Welsynsafdeling het die praktiese kennis en programme om AGS Gemeentes te ondersteun in die implementering van hierdie spesifieke drywer – Gemeenskapsbetrokkenheid.
Ek wil jou aanmoedig om die AGS Welsyn se jaarverslag hier af te laai:
https://afm-ags.org/category/media/
Neem kennis dat die Finansiële Verslag (op versoek) ook beskikbaar is by die Waarnemende Uitvoerende Hoof, Ashley Theron:
ashleyt@afmwelfare.org.za
2. AGS-WELSYN: R1 PER MAAND PER GEWILLIGE LIDMAAT
Ek wil jou graag herinner aan die nederige versoek van die AGS Welsyn vir ‘n donasie (van minstens of meer as) R1 per maand van gewillige AGS lidmate. Hierdie versoek was ingesluit in die AGS-Omsendbrief van 17 Augustus 2020:
https://afm-ags.org/newsflash-friday-21-august-2020-resources/
As deel van die versoek het AGS Welsyn belowe om ‘n hulpbronne beskikbaar te stel wat Pastore sal toerus om met hul lidmate oor die versoek te kommunikeer. Hierdie hulpbronne is nou beskikbaar en kan afgelaai word by die volgende skakel:
https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/
3. MIL KENNISGEWING (“Ministry Integrated Learning”)
Let daarop dat die MIL Werkswinkels van Oktober uitgestel word tot 9-11 November in Pretoria en 16-18 November in Amanzimtoti. Ons kan ongelukkig nie die mentors van MIL-kandidate, sowel as Pastore wat vir PCD-doeleindes bywoon, akkommodeer nie. Dus, slegs huidige geregistreerde MIL-kandidate sal dit kan bywoon (dit sluit kandidate wat deel is van Resolusie 818 in). Vir enige navrae, kontak die Nasionale MIL koördineerder, Dr. Christo van den Berg, by 082 086 6269.
Seëninge!
MG Mahlobo