Nuusflits: Vrydag, 2 Junie 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_2 Junie_2023

HULPBRONNE

NOB Bemagtigingsbesoeke: Video-aanbiedngs Nou Beskikbaar!
KLIK HIER

NOB Bemagtigingsbesoeke: Vraelys Deel Jou Terugvoer! https://www.surveymonkey.com/r/AFM_NOBVisits_2023_Survey

1. DIE BELANGRIKHEID VAN DIE JEUG IN ONS SAMELEWING

Hoewel Suid-Afrika gelukkig is om ‘n jeugdige nasie te hê, is die onlangse werkloosheidstatistieke, veral met betrekking tot jongmense, rede tot kommer. Die 2023-berekeninge van die Wêreldbank toon Suid-Afrika aan as die land met die hoogste werkloosheid ter wêreld, gevolg deur Djiboeti en Ekwatoriaal-Guinee. Die jeug werkloosheidsyfer in Suid-Afrika tussen 2013 tot 2023, is gemiddeld 55,71%, met ‘n hoogtepunt van 66,50% in die derde kwartaal van 2021.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (Mei 2023), was meer as die helfte (51,6%) van die 40 miljoen werkende ouderdom bevolking in die eerste kwartaal van 2022, jeugdiges tussen die ouderdomme van 15-34 jaar.

Dit bewys dat ons jongmense oor die algemeen in ‘n desperate posisie is en ons aandag, hulp, sorg en gebed benodig. Om die stemme van jongmense te erken en regtig na hulle te luister, is noodsaaklik vir ‘n florerende samelewing. Die feit dat jongmense ‘n belangrike menslike hulpbron is vir ontwikkeling, ekonomiese groei en tegnologiese innovasie, sowel as sleutelagente vir invloed en sosiale verandering, is lank reeds bevestig. Die jeug is ‘n belangrike deel en ruggraat van ons land se toekoms.

Al die bogenoemde onderstreep die belangrikheid daarvan om die jeug te bemagtig om hul rol te speel om ons samelewing vorentoe te neem. Die grondslag, inhoud en agenda van die bemagtiging en ook van diegene wat bemagtig, sal die rigting bepaal wat ons jeug en by implikasie ons samelewing in die toekoms sal inslaan. Hoe en deur wie ons jeug bemagtig word, is van kardinale belang.

In hierdie verband sê Spreuke 22:6 (NLV): “Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.”

Net soveel as wat ons na ons jongmense moet luister en hulle geleenthede, genade en ruimte moet bied om te groei, moet ons betrokke wees by hulle leiding, koestering en mentorskap. Ons het ‘n rol om te speel om te verseker dat ons jongmense bekwame, produktiewe, gesonde en ten volle betrokke lede van die samelewing word, wat met godsvrug, integriteit en veerkragtigheid kan lei.

Ek bemoedig die jongmense van die AGS met die volgende verse:

Die Here het vir Jeremia gesê: “Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm!” – Jeremia 1:7-8 (NLV)

In 1 Tim. 4:12 sê Paulus vir Timoteus: “Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ‘n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.”

Kom ons ondersteun ons AGS van SA Nasionale Jeug terwyl hulle 21 dae van gebed vanaf 3-23 Junie 2023 aanpak. Aktiveer en help soveel as moontlik van ons jongmense om die “Re-Activate” Nasionale Jeugkonferensie van 23-25 Junie 2023 by die Ngoako Ramatlhodi binnenshuise sportkompleks, in Polokwane (Limpopo) by te woon.

2. KINDERBESKERMINGSWEEK

As Kerk is dit vir ons noodsaaklik om deel te wees van Kinderbeskermingsweek in ons land. Vanjaar is dit geskeduleer vanaf Sondag 28 Mei tot Sondag 4 Junie. Ons gee baie om oor die welstand van al ons mense, insluitend ons kinders.

Met die bystand en ondersteuning van AGS Welsyn en ons AGS van SA Nasionale Departemente, sal 7 Poduitsendings teen die einde van die week beskikbaar wees. Hierin ondersoek ons die rol wat die Kerk in Kinderbeskerming kan speel. Dit was die eerste jaar dat ons die Kerk se standpunt oor hierdie aangeleentheid deel en sal voortgaan om dit in die toekoms te doen. Hierdie Poduitsendings sal op al ons sosiale media-platforms gedeel word – insluitend Facebook, Instagram en YouTube.

Facebook: https://www.facebook.com/AFMOFSA/

Instagram: https://www.instagram.com/afmofsa/

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCQGMdHDlhXzYp47nlP_NDlQ

3. AGS VAN SA NASIONALE KONFERENSIE

Verwag asseblief binnekort meer inligting oor die komende Nasionale Konferensie. Hou die volgende datums oop:

Datums: 7-9 September 2023
Plek: Lighthouse Christian Centre (Kaapstad)
Tema: “Ablaze”

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...