Nuusflits: Vrydag, 2 Julie 2021

AFM 2 JULIE AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. Pastorale Brief: 2de Kwartaal 
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2021/

2. Inperkingsvlak 4: Opgedateerde Protokol (Past. M.G. Mahlobo)
https://www.facebook.com/AFMOFSA/

3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2021/05/Letter-to-the-SLRC-4-May-2021.pdf 

4. PEPUDA Wysigingswetsontwerp: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/pepuda-amendment-bill-afm-response-june-2021/ 

1. JY IS IN ONS GEBEDE

Die oorskakeling na Vlak 4 en die gepaardgaande inperkingsregulasies wat ‘n verbod op byeenkomste insluit, het weereens ‘n ontwrigtende impak op ons beplande aktiwiteite. Dit sluit in die Nasionale Leierskapforum Vergadering wat geskeduleer was vir 19-22 Julie 2021. Ons probeer om hierdie vergadering nou te herskeduleer vir Augustus-maand, indien dit moontlik gaan wees.

Ons ontvang gereeld boodskappe waar ons in kennis gestel word van pastore, pastore se eggenote en lidmate wat oorlede is as gevolg van die pandemie. Baie van ons gesinne gaan deur tye van ongekende rou. Ons het mekaar nou nodig , selfs méér as voorheen. Laat ons aanhou om kanale van vertroosting en hoop te wees. Dit is my gebed dat God jou krag en die nodige salwing sal gee vir die bediening in hierdie moeilike tyd. Onthou, jy is altyd in ons gebede.

2.  WETGEWING 

In vorige Nuusflitse het ek jou bewus gemaak van die wetgewing rakende twee aangeleenthede: (1) die Wysigingswetsontwerp op die Huwelik en (2) die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (PEPUDA). Ek het ook genoem dat die AGS van SA in albei gevalle terugvoer ingedien het. Die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika (https://teasa.org/) en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (https://sacc.org.za/) het ook hulle terugvoer ingedien.

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) is sedert gister, 1 Julie 2021 in werking. Kerke moet ook aan POPIA (https://popia.co.za/) voldoen. Nakoming van hierdie wet word vereis op al drie vlakke van ons strukture, naamlik Nasionaal (insluitend ons Nasionale Departemente), Streeks– en op Gemeente vlak. Voorlopig wil ek ‘n beroep doen op alle AGS pastore en Gemeentes om te verseker dat alle inligting van individue in jou besit, verkry is met die kennis en toestemming van hierdie persone. Daar word ook van jou verwag om hierdie inligting slegs te gebruik vir die doel waarvoor dit gegee is. Dit mag nie aan ander oorgedra word sonder die medewete en toestemming van die betrokke persoon nie. Ek is seker dat die meeste van ons, indien nie almal nie, saam stem dat jou persoonlike inligting te alle tye beskerm moet word. Laat ons goeie bestuurders wees van die inligting wat aan ons toevertrou word.

Die Algemene Sekretaris, Dr Henri Weideman, is betrokke om te verseker dat die kerk aan die vereistes van POPIA gaan voldoen. Jy sal mettertyd gekontak word. Ek sluit meer inligting hieroor in soos ontvang van Dr Henri Weideman:

“Geagte kollegas. Let daarop dat ons ‘n plan vir die nakoming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) vir die AGS van SA as geheel, verseker het. Die wet tree in werking vanaf 1 Julie 2021, hoewel die registrasie van organisasies nou tot Februarie 2022 uitgestel is.

Ons sal binne die volgende twee weke kerk-spesifieke (AGS van SA) kopieregbeskermde dokumente versprei aan al ons Nasionale Departemente, Streke en Gemeentes om sodoende te verseker dat die AGS aan die vereistes van die wet voldoen. 

Ons dra kennis dat sommige van ons Gemeentes onrealistiese kwotasies ontvang het vir hulp om aan die vereistes van POPIA te voldoen. Let asseblief daarop dat die dokumente en beleid, waarvoor die nasionale kerk die koste sal dra, ‘n kort video, verduidelikende materiaal en alles sal bevat wat nodig is om aan die wet te voldoen.

Streek- en netwerkkomitees moet asseblief seker maak dat die inligting in hierdie boodskap, sowel as die dokumente wat ons gaan versprei, eerstens alle gemeentes bereik en tweedens deur alle gemeentes voltooi word. Help jou kollegas waar moontlik, want die nie-nakoming van die vereistes kan  regsgevolge hê.

Bly geseënd en bly veilig. ”

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...