Nuusflits: Vrydag, 19 November 2021

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 19 November 2021

 

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022

https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/ 

2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal (Nuut!)

https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2021/

3. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: PowerPoint Aanbiedings 

https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2021-power-point-presentations/ 

4. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Video Opnames  

https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHYtSymo7ubUs2oXGS28rDn3 

AGS Kollega,

1. ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING 2021

Ons gee aan God die eer vir ‘n suksesvolle GBM vergadering! Ek wil ook alle afgevaardigdes bedank wat hierdie geskiedkundige virtuele GBM bygewoon het. Kom ek deel ‘n paar belangrike hoogtepunte:

Kworum Bereik

Laat my toe om die Konferensiekomitee, die Streeksleiers en Streeksadministrateurs/Sekretarisse te bedank wat die registrasie van afgevaardigdes (wat Gemeentes, Nasionale Departemente en Staande Komitees in sluit) gefasiliteer het. Vir die eerste keer in 20 jaar het ons ‘n kworum bereik teen die sperdatum – wat 1 November 2021 was.

Die kworum is gehandhaaf al het van die afgevaardigdes vertrek voordat die sessies afgehandel was.

Tegnologiese Stelsel

Ek moet ons IT-span loof vir ‘n tegnologiese stelsel wat afgevaardigdes toegelaat het om foutloos te registreer en toegang te verkry tot GBM lokale. Daar was geen lang rye of onnodige vertragings nie. Afgevaardigdes kon maklik toegang kry tot GBM-lokale en het hulle konferensie items (lanyards, naamkaartjies & GBM bundel) ontvang deur bewys te lewer van ‘n “Quick Response” QR-kode. Die agenda en verkiesings het glad verloop weens die sinkronisasie van die verskillende lokale met die hooflokaal by Woord en Lewe (Boksburg). Afgevaardigdes kon van alle lokale hoorbaar deelneem.

Komplimente aan ons IT-span onder leiding van Desmond Alie (Algemene Bestuurder) en Rudolf du Toit (IT Konsultant).

Nominasiepoel

Die insluiting van die nominasiepoel voor die GBM-verkiesing, soos goedgekeur deur die 2018 GBM was doeltreffend gewees. Al die Nasionale Ampsdraers, behalwe die Algemene Sekretaris, is uit die nominasiepoel verkies. Benoemings van die vloer af was ‘n gepaste manier om te verseker dat ‘n dooie punt nie bereik word nie. Ons moes nominasies van die vloer af toelaat omdat die genomineerde vir die Algemene Sekretaris toe as President verkies is.

Verkiesingsproses

Afgevaardigdes wat hierdie virtuele GBM bygewoon het sal met my saamstem dat die verkiesingsproses met integriteit aangepak is – te danke aan die onberispelike manier waarop die Hoofverkiesingsbeampte (Past Frank Chikane) en die Ondersoekkomitee (of te wel die Scrutiny Committee) saam met die spanne van die Hooftelbeamptes in die 19 onderskeie GBM-lokale saamgewerk het.

Die AGS se kernwaardes van integriteit, aanspreeklikheid en uitnemendheid is gedemonstreer.

Risiko Bestuur

Ek wil almal bedank wat die negentien (19) GBM-lokale verskaf het. Lokale moes voorbereid wees op die moontlike impak van beurtkrag en weersomstandighede. Daar was ‘n geringe ontwrigting by een van die lokale as gevolg van krag. Dit was egter vinnig opgelos.

Die Nuwe NOB Leiers

Ek wil graag ons nuutverkose Nasionale Ampsdraers (NOB) gelukwens: Dr H.J. Weideman (President), Past B. Petersen (Adjunkpresident), Past M.S. Khumalo (Algemene Sekretaris) en Past R.J. Coertzen (Algemene Tesourier).

Ek bid dat God hulle insig, wysheid en salwing sal gee om hierdie kerk vorentoe te neem.

Die nuutverkose Nasionale Ampsdraers word op Dinsdag, 30 November 2021 in Centurion, Gauteng, ingehuldig. Meer inligting sal mettertyd deurgestuur word.

2. PERSVERKLARING: AGS GBM 2021

Neem asseblief kennis dat ‘n Persverklaring aan die media gestuur is oor die uitslag van die AGS Nasionale Ampsdraersverkiesing wat afgelaai kan word vanaf die skakel hieronder:

https://afm-ags.org/press-release-19-11-2021/

3. AGS WELSYNSNAWEEK 

Verwag God dan nog steeds dat ek na ander in nood moet uitreik as dit in my eie huishouding moeilik gaan? Ons glo dat ons deur God se genade moet voortgaan om vrygewig te gee en uit te reik na ander in nood, selfs in moeilike tye.

Dit is die voorgestelde tema vir die AGS Welsynsnaweek vir 2021 (26-28 November 2021), soos gevier deur die lidmate en die plaaslike Gemeentes van die AGS van SA. Hierdie jaar word daar veral gefokus op hoe die kerk ‘n verskil kan maak in die lewens van ouer persone in hul gemeenskap. Ons is opgewonde om te sien wat AGS lidmate en Gemeentes beplan!

Vandag deel ons al die hulpbronne wat jy sal benodig vir jou AGS Welsynsnaweek:

A. PRAKTIESE RIGLYNE

Vir praktiese riglyne oor hoe om die beste van jou AGS Welsynsnaweek te maak, onthou om die Pastorale Brief van die 3de Kwartaal te raadpleeg:

https://afm-ags.org/pastoral-letter-3rd-quarter-2021/

B. VRYDAG BEMAGTIGING

Laai inligting af wat jou sal bemagtig om opleiding aan jou Gemeente te bied oor die kweek van gesinswaardes geskryf deur Ashley Theron (Waarnemende Uitvoerende Hoof van AGS Welsyn):

Resources: AFM Welfare Weekend (26-28 Nov)

C. SATERDAG OPLEIDINGSVIDEO’S

‘n Tweedelige opleidingsvideo wat pastore en lidmate bemagtig oor hoe om ouer persone in hul plaaslike gemeenskappe te versorg en te beskerm – aangebied deur Ashley Theron (Waarnemende Uitvoerende Hoof van AGS Welsyn):

Video 1:

Video 2:

PowerPoint Aanbiedings vir Video 1 & 2:

https://afm-ags.org/resources-afm-welfare-weekend-26-28-nov/

D. SONDAG PREEKPUNTE

Om Pastore te lei in hul voorbereiding vir die Sondagpreek – geskryf deur Past Jean Symons (Ondervoorsitter van AGS Welsyn):

Resources: AFM Welfare Weekend (26-28 Nov)

Ons vertrou dat jy hierdie hulpbronne nuttig sal vind. Vir enige verdere navrae rakende AGS Welsynsnaweek kontak: Ashley Theron – ashley@afmwelfare.org.za.

 

Seën!
MG Mahlobo

Spread the word...