Laai die PDF weergawe hier af – om maklik uit te druk of per e-pos aan te stuur:
AGS Nuusflits_Vrydag_19Mei_2023
HULPBRONNE
NOB Bemagtigingsbesoeke: Video-aanbiedngs Nou Beskikbaar!
KLIK HIER
NOB Bemagtigingsbesoeke: Vraelys Deel Jou Terugvoer!
https://www.surveymonkey.com/r/AFM_NOBVisits_2023_Survey
Liewe Kollega,
Mei-maand is ‘n kragtige en dinamiese maand op ons Kerk se kalender! Op die oomblik het ons baie inligting en inhoud wat intern, asook op ons sosiale media platforms (soos Facebook, Instagram en YouTube) sirkuleer. Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om seker te maak dat jy bewus is van en toegang geniet tot hierdie inhoud wat beskikbaar is.
In vandag se Nuusflits sal ek dus geen nuwe inligting insluit nie, maar eerder vir jou wys wat tans belangrik is om van te weet:
AFM Legacy Leadership Program (2023-2024)
Op Donderdag, 11 Mei het ons AGS-lidmate (wat aan die kriteria voldoen) uitgenooi om aansoek te doen vir die AFM Legacy Leadership Program. Die uitnodiging is op ons Facebook-bladsy en Instagram-rekening gedeel met ‘n skakel na ‘n selfverduidelikende brosjure:
https://afm-ags.org/afm-legacy-leadership-program/
NOB Bemagtigingsbesoeke
Ek wil graag elke persoon bedank wat betrokke was by die beplanning en bestuur van vanjaar se NOB-bemagtigingsbesoeke. Dit was werklik ‘n geseënde en betekenisvolle tyd wat ons kon spandeer het saam met ons pastore, kerkrade, leiers en lidmate in die verskillende provinsies van die land.
As jy een van die aanbiedings gemis het, of weer na enige van die aanbiedings wil kyk – is jy welkom om na ons YouTube-kanaal te gaan waar al die aanbiedings nou opgelaai en beskikbaar is:
Verder, as jy enige een van die NOB-bemagtigingsbesoeke bygewoon het, wil ek jou vra om dit te oorweeg om jou terugvoer en voorstelle met ons te deel. Ons waardeer jou insette en sluit nuttige voorstelle in by volgende jaar se beplanning. Die kort vraelys sal slegs 5 minute van jou tyd neem:
https://www.surveymonkey.com/r/AFM_NOBVisits_2023_Survey
Pinksterweek: 19-28 Mei
Pinkster en die viering daarvan staan sentraal tot wie ons is as die AGS. Tydens Pinkster, vier ons die geboorte van die Kerk en die uitstorting van die Heilige Gees. Van die groot Christelike gebeurtenisse (die geboorte van Jesus, Sy dood en opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees) is dit die enigste een wat vandag nog voortduur. Die werking en bemagtiging van die Heilige Gees in die lewens van gelowiges is ‘n voortdurende aksie.
Vandag deel ek ‘n videoboodskap om die begin van die Pinksterweek in te lei:
Ek sal ook op Pinkstersondag (28 Mei) ‘n kort preek deel wat op ons sosiale media platforms gedeel sal word.
Die Kerk se 115de Verjaarsdag: 25 Mei
Hierdie jaar vier ons die 115de verjaardag van die Apostoliese Geloofsending (AGS) van Suid-Afrika. Ons sal dit weer as ‘n AGS Embleem (Logo) Dag vier. Hierdie keer voeg ons egter ‘n uitdaging by aan al ons lidmate om hul geloof in Jesus Christus met ten minste een ander persoon te deel.
In sy videoboodskap, gesels Past. Barend Petersen oor die twee aksies wat ons as Kerk gaan uitvoer op Donderdag, 25 Mei – (1) Deel die AGS Embleem (of Logo) en (2) Deel Christus met een ander persoon:
“Die Brug Illustrasie” is ‘n praktiese hulpmiddel wat AGS-lidmate kan gebruik om hul geloof met ‘n ander persoon te deel. Die Nasionale Ampsdraers het 5 videogrepe ontwikkel wat lidmate toerus met ‘n eenvoudige tekening en teksverse wat hulle kan memoriseer. Jy het toegang tot al die videogrepe op ons YouTube-kanaal.
Ons het ook gedink dit sal waarde toevoeg om ‘n Sakgids van die “Die Brug Illustrasie” beskikbaar te maak – ‘n vinnige en kort verwysing. Laai dit af vanaf die AGS-webwerf in ‘n PDF of PNG-formaat (om maklik oor WhatsApp te deel): https://afm-ags.org/share-christ-with-another-person-pocket-guide/
Men’s Fellowship Konferensie: 19-21 Mei
Vandag is die begin van die Men’s Fellowship-konferensie by die Abbortsford Christian Centre in Oos-Londen. Ek vra dat ons bid vir elke man wat hierdie naweek bedien gaan word. Die tema is: “Mans na God se hart.” Ons vertrou dat deur hierdie konferensie die harte van die manne aangeraak sal word, en dat hulle gedagtes vernuwe sal word. Ons dank God vir hierdie konferensie!
Kinderbeskermingsweek: 28 Mei – 4 Junie
Ons gaan lig werp op belangrike kwessies wat verband hou met Kinderbeskerming in Suid-Afrika en die rol van die Kerk. Saam, en met die hulp van ons Welsynsdepartement (AFM Welfare) beplan ons om relevante en kragtige inhoud oor die onderwerp vry te stel. Maak seker jy volg ons sosiale media om ook tydens Kinderbeskermingsweek inligting te ontvang en deel te kan neem d.m.v. jou kommentaar.
Vriendelike Groete!
Henri Weideman