Nuusflits: Vrydag, 18 September 2020

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te e-pos en uit te druk):

AGS Nuusflits 18 Sept 2020 AFR

BRONNE:

1. Die 2021 AGS Kalender
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/08/AFM-Calender-2021-2.pdf-FINAL-28.08.2020.pdf

2. Die 2020 NOB Bemagtingsbesoeke Materiaal
https://afm-ags.org/category/events/

3. Gee ons jou terugvoer oor die AGS se Kommunikasie
https://www.surveymonkey.com/r/7THPWNS

4. Pastorale Nuusbrief: 3de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2020/

AGS Mede-Kollega,

1. DIE SKUIF NA INPERKINGSVLAK 1: BYEENKOMSTE 

Die President van Suid-Afrika, Mnr. Cyril Ramaphosa, het op Woensdag 17 September aangekondig dat die land na Inperkingsvlak 1 sal skuif en dat hierdie skuif vanaf middernag op Sondag, 20 September in werking sal tree. Met hierdie skuif word bevestig dat die vlakke van infeksie relatief laag is en dat daar voldoende kapasiteit in ons gesondheidstelsel is om die huidige behoefte te hanteer.

Die skuif na Inperkingsvlak 1 beteken ‘n verdere verslapping van beperkings op byeenkomste:

  • Godsdienstige byeenkomste word toegelaat solank die aantal mense nie meer as 50% van die normale kapasiteit van die lokaal oorskry nie – tot ‘n maksimum van 250 mense vir binnenshuise byeenkomste en 500 mense vir buite byeenkomste. Covid-19 protokolle, soos om hande te was of te ontsmet, sosiale afstand te hou en die dra van maskers moet nog steeds streng nagekom word.
  • Die maksimum aantal mense wat ‘n begrafnis mag bywoon, word verhoog van 50 tot 100 as gevolg van die hoër risiko vir virale oordrag by begrafnisse.

Die AGS verwelkom die aangepaste beperkings en sal gewysigde riglyne aan alle kerkstrukture uitreik sodra die regulasies formeel aangekondig word.

2. AGS NASIONALE KINDERBEDIENDING 

2020 was ‘n baie moeilike en uitdagende jaar as gevolg van die Covid-19 pandemie wat ernstige onderbrekings in die aktiwiteite van die Kinderbediening in ons denominasie in die algemeen veroorsaak het – wat op die ou einde gelei het tot ‘n “aanlyn” manier van dinge doen. Streke, Gemeentes en Lidmate het geliefdes verloor weens die pandemie. Ons wil ons innige meegevoel betuig en bid vir God se krag en vertroosting.

Ons wil graag ons Streke en Gemeentes daaraan herinner dat komende Sondag, 20 September ons Kinderbedieningsdag is volgens die 2020 AGS-kalender. Elke jaar op hierdie dag gee ons die kinders die geleentheid om die Sondagdiens aan te bied om sodoende hul talent en ervaring wat hulle by die Kinderbediening opgedoen het, ten toon te stel. Tweedens, op die dag word lidmate in ons Gemeentes versoek en aangemoedig om ‘n bedrag van ten minste R10 per lidmaat by te dra wat dan direk in die Nasionale Kinderbediening se bankrekening betaal word:

Rekeningnaam: The AFM of SA National Children Ministry

Bank: ABSA

Rekening Nr.: 4057290440

Verwysing: Die naam van die Gemeente moet as verwysing vermeld word wanneer die deposito gemaak word.

Die ondersteuning van elke lidmaat van ons kerk word opreg waardeer in die beste belang van ons kinders in die geliefde AGS van SA.

Seën!
Past. Sam Tshabalala
(Direkteur van die Nasionale Kinderbediening)

3. HUWELIKSBEVESTIGERS: AANSOEKE

Die AGS Nasionale Kantoor ontvang tans baie navrae oor die vordering van aansoeke vir huweliksbeamptes. Die Departement van Binnelandse Sake het per e-pos verskoning gevra vir die vertragings in die aansoekproses. Die situasie word weekliks gemonitor en opgevolg.

“Due to the fact that we are still in lockdown and have a shortage of staff, and only specified services are rendered at the local Home Affairs Offices, we are unable to process the applications at the moment as the Reverends will not be able to write the prescribed tests at the local Offices.” – Department of Home Affairs

Pastore moet asseblief navrae rig aan AGS-personeellid, Jolandé Prinsloo, en nie aan die Departement van Binnelandse Sake nie:

Me Jolandé Prinsloo

jolande@afm-ags.org

(012) 644 0490

Seëninge!
MG Mahlobo

Spread the word...