Laai die PDF weergawe hier af:
Liewe Kollegas,
Ek vertrou dat dit goed gaan met jou! Neem asseblief kennis van twee belangrike strategiese kwessies wat vir alle AGS-geregistreerde gemeentes relevant is.
1. SENSUS 2019: OPROEP TOT AKSIE
Neem asseblief kennis dat die gemeente-sensus vorms voltooi moet word en terug gestuur moet word aan die plaaslike streekssekretarisse/administrateurs teen 30 November 2019. Die streeksekretarisse/administrateurs sal dan die inligting saamstel en dit aan die AGS hoofkantoor stuur teen 31 Januarie 2020.
Hoekom moet ons die sensus vorms voltooi?
- Eerstens vir interne gebruik. As ‘n kerk met ‘n nasionale impak moet ons vir ons eie toekomstige beplanning en strategiese belyning weet hoeveel gemeentes, pastore, gemeenteleiers, ens. ons het. Dit is ook belangrik vir ons om te weet hoeveel lidmate ons het en hulle getalle vas te stel volgens ouderdom. Dit stel ons in staat om vir toekomstige bedieningsontwikkeling en groei te beplan.
- Tweedens vir eksterne gebruik. Ons is gereeld betrokke by gesprekke met ander kerke, organisasies en die regering waar spesifieke statistieke en inligting ons deelname en insette bepaal.
Doen asseblief navraag by jou Streeksekretaris of administrateur vir ondersteuning.
2. OKTOBER: PASTOOR WAARDERINGS MAAND
As ‘n kerk, het ons ‘n tradisie gevestig oor die laaste paar jaar om veral te fokus op die waardering van ons pastore/gemeenteleiers, hul gades en kinders gedurende die maand van Oktober. “7Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.” – HEBREËRS 13:7 (AFR83)
Neem asseblief kennis dat ‘n omsendbrief gestuur is aan die kerkrade van alle AGS gemeentes en departemente met betrekking tot hierdie saak.
Die omsendbrief kan by die onderstaande skakel afgelaai word:
http://afm-ags.org/category/media/
Seënwense!
Past. M.G. Mahlobo