Laai die PDF-weergawe hier af (maklik om te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits Vrydag 18 NOV_2022
NOVEMBER
HULPBRONNE
Pastorale Brief: 4de Kwartaal 2022 – Nuut!
Publikasie Datum: Vrydag, 2 Desember 2022
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
AGS Kollega,
1. ‘N WOORD VAN DANK EN WAARDERING
2022 was in baie opsigte ‘n interessante en besige jaar. Vir die meeste van ons was dit ‘n terugkeer na “normaliteit” na ‘n tyd van inperkings en verlies. Baie van ons gemeentes, lidmate en leiers is steeds op ‘n opdraande reis om te herstel van die verliese aan lidmaatskap, die bediening en inkomste. Vir sommige van ons was dit moeilik om positief en hoopvol te bly te midde van die uitdagings wat die pandemie en die gevolge daarvan meegebring het.
Ontvang asseblief my innige dank en waardering vir u getrouheid en harde werk regdeur 2022. Ek is bewus van die deursettingsvermoë wat sommige van ons Pastore en Gemeenteleiers aan die dag moes lê en die persoonlike koste wat hulle moes verduur om hulle gemeentes deur die moeilikste tye te lei. God het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie (Heb.13:5). Ek vertrou dat jy Sy leiding, teenwoordigheid en vrede in jou lewe sal ervaar terwyl ons die geboorte van Jesus vier. Mag Hy jou ook lei soos wat ons jaareinde bereik en terselfdertyd ook onsself voorberei op die geleenthede en uitdagings wat 2023 sal meebring.
Baie dankie.
2. AGS VAN SA NASIONALE KANTOOR: KENNISGEWING
Na ‘n vol en besige jaar sluit die Nasionale Kantoor op Vrydag, 9 Desember 2022 en open weer op Maandag, 9 Januarie 2023. In geval van nood, kan die Algemene Sekretaris, Past. Selby Khumalo gekontak word by 063 095 0404.
3. AGS WELSYNSNAWEEK
(25 tot 27 November 2022)
Maak ‘n Verskil in die Lewens van Mense
Die AGS Welsynsnaweek is ‘n staande item op die AGS van SA se Kalender en word altyd gedurende die laaste naweek van November gevier. Vanjaar word dit van Vrydag, 25 November tot Sondag, 27 November in plaaslike AGS Gemeentes gevier. Die kerk se betrokkenheid by ons plaaslike gemeenskappe is van groot belang en vloei voort uit ons visiestelling:
“We see a church accessible to all people, celebrating our unity and God-given diversity, empowering our members for caring and transforming our communities to the glory of God.”
Ons grootste motivering om ‘n seën vir ons gemeenskappe te wees, is die liefde van God. God het sy Seun nie vir die kerk as sodanig gestuur nie, maar vir die wêreld. God gebruik die kerk as Sy instrument om die wêreld aan te raak – ons gemeenskappe. Die verskil wat ons maak in ons gemeenskappe kan gemeet word aan die bekende gesegde: “Sal jou gemeenskap jou mis as jou Gemeente môre sluit?”
Die kerk het ‘n belangrike rol om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Die kerk kom mense te hulp deur om te gee, te bemagtig en te deel. Alhoewel Gemeentes deurlopend na die gemeenskap uitreik, bied die AGS Welsynsnaweek ‘n geleentheid om eksklusief te fokus op hierdie belangrike drywer van ons missionale strategie, naamlik Gemeenskapsbetrokkenheid.
Die AGS Welsynsnaweek bied plaaslike Gemeentes die geleentheid om verskeie aksies te oorweeg, byvoorbeeld:
- ‘n Sondagpreek wat handel oor die Bybelse mandaat van gemeenskapsbetrokkenheid en om ‘n verskil in die lewens van mense te maak (Jesaja 58:6-8; Mat. 10:8; Mat. 25:35; Luk. 4:18; Luk. 14:13+ 14; Jakobus 1:27).
- Die opneem van ‘n Sondag offerande vir AGS Welsyn – die kerk se Welsynsdepartement.
- Die fasilitering van ‘n werkswinkel/opleidingsessie met lidmate wat nuwe geleenthede ondersoek om betrokke te raak en ‘n verskil in die plaaslike gemeenskap te maak.
- Die organisering van ‘n uitreik-inisiatief waaraan al jou lidmate kan deelneem (bv. vra lidmate om nie-bederfbare kos vir mense in nood of skryfbehoeftes vir die nuwe skooljaar te skenk en sodoende die omliggende gemeenskap seën).
Die mate van impak wat ons uitoefen op ons plaaslike gemeenskappe, sal ons missionale sukses bepaal. Ons sien uit daarna dat die AGS Welsynsnaweek in ons plaaslike AGS Gemeentes gevier word!
Sukses stories
Het jy ‘n suksesverhaal om te deel? Stuur vir ons die besonderhede van jou gemeenskapsbetrokkenheidprojek of -aksie en die impak wat bereik is na:
ashleyt@afmwelfare.org.za (Waarnemende Hoof) OF
chantalle@afm-ags.org (AGS Kommunikasie)
Groete!
Ashley Theron
(Waarnemende Hoof van AGS Welsyn)
4. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE 2023
Hou Die Vuur Aan Die Brand
Terwyl ons daarop fokus om 2022 goed af te sluit sien ons ook uit na bid, en beplan ons vir 2023 vol verwagting. Ons sien uit daarna om tydens die Streeksbemagtigingsbesoeke ‘n bietjie tyd in bediening saam met die Pastore, Gemeenteleiers en Lidmate deur te bring. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).
Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Ons Gesinslewe en Toekomsbeplanning.
Ons deel graag solank die datums en plekke van ontmoeting vir 2023:
Ons vertrou om jou daar te sien!
5. AGS VAN SA NASIONALE KALENDER 2023
Onthou om Januarie 2023 as ‘n maand van gebed te skeduleer. Ons sal meer inligting gee in die laaste Pastorale Brief van 2022 oor die beplande WEEK VAN GEBED EN VAS, wat beplan word van Maandag, 16 tot Vrydag, 20 Januarie 2023.
Die AGS van SA Nasionale Kalender vir 2023 is nou beskikbaar vanaf die AGS webblad – gebruik gerus die onderstaande skakel om die kalender af te laai:
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman