Nuusflits: Vrydag, 18 May

Laai die Nuusflits af in PDF formaat:

 Nuusflits, Vrydag 18 Mei 2018

1.     AFRIKA HET 631 MILJOEN CHRISTENE

Liewe Kollegas,

Dit was vir my ‘n groot voorreg om die derde “Global Christian Forum” (GCF) in Bogota (Columbia) gedurende 23-27 April 2018, by te woon.  “Together Christians are called to take up the challenges of peace, unity and costly discipleship”, het die “Global Christian Forum” op 27 April gesê in ‘n boodskap aan kerke wêreldwyd.

‘n Breë spektrum en verskeidenheid van Christelike tradisies is deur die deelnemers verteenwoordig. Hulle het gekom vanaf die Katolieke Kerk (Pontifical Council for Promoting Christian Unity), die Pentakostale Wêreldgenootskap, die Wêreldraad van Kerke en die Wêreld Evangeliese Alliansie tesame met diegene van menige ander Christelike wêreld bedieninge en internasionale Christelike organisasies. Daar was 251 deelnemers in totaal. Die tema was “Let mutual love continue” (Heb 13:1).

Die byeenkoms het ‘n bruikbare platform geskep waar geloofs-ervaringe en geloofsstories gedeel kon word.  Dit was vir my verrassend om stories en ondervindinge, gelykstaande aan wat ons ervaar, te hoor vanuit die ander deelnemers se ontmoetings met Christus Jesus. Drie faktore wat na vore gekom het is: (i) Afrika se nuwe plek in globale Christenskap vanaf 2018, (ii) die opkoms van  onafhanklike Christenskap en (iii) Christene wat hulself identifiseer afsonderlik van Katolieke, Ortodokse en Protestante.

Hierdie faktore word huidiglik nagevors deur die Sentrum vir die Studie van Globale Christenskap gebaseerd te Gordon-Conwell Teologiese Kweekskool in South Hamilton, Massachussetss in die Verenigde State van Amerika. Gedurende die laaste 100 jaar periode het Christelike affiliasie ietwat verminder in die noordelike halfrond en aansienlik toegeneem in die suidelike halfrond.

Een aspek wat fassinerend was met betrekking tot die statistieke, is dat Afrika vir die eerste keer meer Christene het in vergelyking met ander kontinente. Afrika het 631 miljoen Christene. Dit beteken dat 45% van Afrika se populasie Christene is. Die globale prentjie lyk egter nie so rooskleurig nie. Die getal Christene wêreldwyd word geraam op 2.5 biljoen wat gelykstaande is aan 33% van die huidige wêreld populasie.

Die aantal Pinkster/Charismatiese Christene het eksponensiële groei getoon en is tweede na die Katolieke.  Alhoewel die getalle bemoedigend is, word die vraag gevra: Wat is die impak van hierdie getalle in die wêreld?  As daar na Suid-Afrika gekyk word is oor die 83% van die bevolking Christene en ‘n mens verwag, as gevolg van die persentasie, ‘n vooruitstrewende en vreedsame land. Ons weet egter dit is nie die geval nie.  Ons, as Suid-Afrikaners, sal dieper moet delf met die oogmerk om ons belydenis van geloof versoenbaar te maak met ons lewensstyl.

‘n Ware AGS lidmaat moet ‘n dissipel van Jesus wees in woord en daad.

Ek moedig jou aan om meer uit te vind van die globale Christelike statistieke deur die onderstaande skakel te besoek:

http://www.gordonconwell.edu/ockenga/research/documents/GlobalChristianityinfographic.pdfPg1.pdf

2. AGS ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM)

Die AGS Nasionale Kantoor sien uit daarna om 2018 se Algemene Besigheidsvergadering (GBM) aan te bied. Ons kan die volgende bevestig:

Datum: 9-13 September 2018

Plek: AGS Woord en Lewe (Boksburg)

Vroeë Registrasie Fooi: R300 per persoon voor/op 30 Junie

Laat Registrasie Fooi: R350 per persoon

Neem asseblief kennis dat ‘n omsendbrief versprei sal word aan alle gemeentes. Vir ‘n elektroniese kopie besoek die “Events” bladsy van AGS webtuiste:  http://afm-ags.org/category/events/. Op hierdie bladsy sal jy ook die volgende vind:

  • Die Registrasie Vorm

  • Aanhangsel A:  Agenda

  • Aanhangsel E:  Program

3. ANDER OPKOMENDE AGS KONFERENSIES

Om ingelig te bly oor alle ander opkomende AGS konferensies moedig ek jou aan om die “Events” bladsy van die nuwe AGS webtuiste te besoek:

http://afm-ags.org/category/events/

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...