Nuusflits: Vrydag, 18 Januarie

Laai die PDF weergawe hier af:

 18 JAN AFR 2019

1.  BESTE WENSE VIR 2019
‘n Jaar met beide aangename en onaangename herinneringe, met goeie en slegte tye, het tot ‘n einde gekom. Ons is altyd dankbaar teenoor God wat ons in 2018 onderhou het. Ek gebruik graag hierdie geleentheid om al ons pastore ‘n voorspoedige nuwe jaar toe te wens – mag die jaar gevul wees met vele seëninge en deurbrake! In die oomblik wanneer jy voel jy wil opgee, is die oorwinning altyd binne bereik. Onthou dit in 2019!

2. NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE 2019: ‘N SPESIALE UITNODIGING


Hiermee rig ons ‘n spesiale uitnodiging aan al ons pastore, lede van die beheerliggame, ons nasionale jeug asook leiers in die kerk om vanjaar se NOB (Nasionale Ampsdraers) bemagtigingsbesoeke by te woon. Die formaat is ‘n kombinasie van video materiaal, NOB aanbiedings, interaktiewe dialoog sessies en geleenthede vir netwerk en verhoudingsbou. Hierdie jaar is ons tema:
Facing the Future with Lessons from the Past

Om die program vir beide Vrydag en Saterdag af te laai, besoek gerus die onderstaande skakel:
http://afm-ags.org/category/events/

Die volgende datums en plekke is bevestig:

3.  VERENIGDE GEBED VIR SUID AFRIKA: GEBEDSPUNTE

Vanjaar sal die 4de agtereenvolgende jaar wees wat ons bymekaar kom as Christene regoor Suid-Afrika om ons nasie met gebed te bedek.  In 2018 was daar meer as 250 gebedspunte waar menige plaaslike gemeenskappe verenig is in gebed gedurende dieselfde naweek.  Up4SA (“United Prayer for South Africa”) is ‘n landswye gebeds-inisiatief op “grassroots” vlak.  (Grassroots CommUNITY Prayer – beweeg oor die grense van ras en denominasie).

As ambassadeurs van van ons Here Jesus kan ons ‘n groot rol speel in die vereniging van ons gemeenskappe! Ek wil jou graag aanmoeding en uitdaag om weereens hande te vat met die “Up4SA 2019”-span waar ons gaan verenig in gebed vir Suid-Afrika! Ons almal erken dat 2019 ‘n beduidende jaar vir ons gaan wees as ‘n nasie aangesien dit Suid-Afrika se algemene verkiesingsjaar is.

Ek vra al ons pastore en gemeenskapsleiers om biddend te oorweeg om as vrywilligers en koördineerders by ‘n gebedspunt in die plaaslike gemeenskap op te treë.  Elke gemeenskapsleier wat as vrywilliger optreë sal ‘n hulpbronpakket ontvang en sal bemagtig word om die gebedspunt te koördineer.

Om as vrywilliger op te tree, kontak ons by: admin@up4sa.co.za or 072 083 1371
Meer informasie, webtuiste: www.up4sa.co.za
Meer informasie, Facebook.com/up4sa

Om alle inligting af te laai, besoek die skakel hieronder:
http://afm-ags.org/category/media/

“Up4SA” Nasionale koöordineerder:
Past. Robbie Black 082 462 1540

Seën!
M.G. Mahlobo

Spread the word...