Nuusflits: Vrydag, 18 Augustus 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te druk of per e-pos aan te stuur):

AGS Nuusflits Vrydag_18 AUG_2023

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2023
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2023/

2023 NOB Bemagtigingsbesoeke: Video-aanbiedngs Nou Beskikbaar!
https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHbz8L2qUnk-3LmgsrI9BKFc

Liewe Kollega,

1. BOU STERK GESINNE IN MOEILIKE TYE

Ons ervaar ‘n toenemende styging in lewenskoste. Die koste van brandstof en vervoer, kos en klere is elke maand hoër. Voeg hierby die impak van hoër rentekoerse vir rentedraende skuld, asook die moontlikheid van ‘n resessie – en ons sien ‘n prentjie van toenemende druk op alle huishoudings.

Die verswakking van die Rand teenoor alle groot geldeenhede het ‘n negatiewe impak op die koste van alle ingevoerde goedere en ‘n uitkringeffek op die prys van byna alles. Moeilike ekonomiese tye kan druk op die welstand van individue en huishoudings plaas. Broodwinners (veral in enkelouerhuishoudings) ervaar spanning en dit plaas huweliksverhoudings en die algemene atmosfeer tuis onder toenemende druk. Dit kan ‘n baie negatiewe en onseker omgewing skep vir jong kinders om in groot te word.

Wat kan gedoen word?

Bid: As gelowiges hoef ons nie angstig te raak tot die punt van hopeloosheid nie. In Filippense 4 :6-7 (NLV) moedig Paulus ons aan: “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.”

Begroting: Dit is altyd belangrik (en meer so in tye van ekonomiese probleme), dat ons bewus moet wees van hoe ons ons geld spandeer. As ‘n reël moet uitgawes nooit meer as inkomstes wees nie. Dit beteken eenvoudig dat ons nie meer geld kan uitgee as wat ons inkry nie. Ons moet ons besteding prioritiseer. Absolute noodsaaklikhede soos kos, elektrisiteit en vervoer moet eers betaal word. Dan kan ander uitgawes soos nuwe klere en ontspanning oorweeg word. Dit is die onderskeid tussen behoeftes en begeertes.

Verminder skuld: Behalwe vir die verkryging van blyplek en ‘n motor, moet alle ander rentedraende skuld sover moontlik vermy word. Om klere, kos en ander huishoudelike items op krediet te koop, beteken dat jy mettertyd dubbel of drievoudig vir daardie item betaal as gevolg van die rente wat gehef word.

Rek jou Rande:  Ek onthou hoe my ma in moeilike tye kreatiewe maniere sou vind om smaaklike kos met min geld voor te berei. Motor ritte is noukeurig beplan, om onnodige brandstofuitgawes te vermy. Baie voedselitems en klere is eers gekoop wanneer daar “spesiale aanbiedinge” was. Van my (baie mooi) klere was nie nuut nie, maar “geërf” van vriende en familie wie se kinders dit ontgroei het.

Kommunikeer:  Ouers moet die feit dat ons in moeilike tye is, aan die lede van hul huishouding kommunikeer. Dit is belangrik dat dit op ‘n sensitiewe en wyse manier gedoen word. Moenie angs en onsekerheid in jou kinders se gedagtes skep nie, maar maak hulle bewus van die feit dat ons nie net onverstandig geld kan spandeer nie.

Ons hoef nie in moeilike tye in vrees en hopeloosheid te leef nie. Ons moet doen wat ons kan met wat ons het en God vertrou om ons te bewaar en ons deur te dra. Wat het die Bybel te sê oor ekonomiese uitdagings? Ons het ‘n nuttige skakel gevind wat ons in hierdie verband met jou wil deel:

https://www.ramseysolutions.com/personal-growth/faith-during-financial-crisis

2. AGS NASIONALE KONFERENSIE: REGISTRASIES NOU OOP

Ons is opgewonde om die besonderhede vir die komende AGS Nasionale Konferensie aan te kondig. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Wees deel van ‘n kragtige tyd van bediening, gebed, aanbidding en samesyn. Ons sien daarna uit om die AGS Familie in die Wes-Kaap te verwelkom vir hierdie dinamiese byeenkoms.

Kry ALLE inligting oor hoe om suksesvol te registreer by:
https://afm-ags.org/ablaze-national-conference-2023/

Aanlyn en tradisionele registrasie opsies is beskikbaar. Vroeë registrasie word aangemoedig om enige ongerief verbonde aan laat registrasie te vermy.

Aanlyn Registrasies:

Skandeer die QR-kode

Tradisionele Registrasies:

Laai die Registrasievorm hier af:
KLIK HIER

Ons sien uit daarna om jou in Kaapstad te verwelkom!

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...