Laai die PDF weergawe hier af:
2019 AGS JAARLIKSE KONFERENSIE
In my Nuusflits van 19 Februarie het ek jou ingelig oor die 2019 AGS Nasionale Konferensie wat sal plaasvind in Kaapstad vanaf 15 tot 18 September 2019.
Die konferensie se tema is “Rooted in Christ”. Die kernskrif is Kolossense 2:6-7. Die doel van die tema is om ons lidmate en pastore te bemagtig oor hoe om ‘n dieper verhouding met Christus te vestig in so ‘n mate dat ons sterk bly in vele moeilike omstandighede. Plantwortels het vier primêre funksies. Dit is (i) om water en minerale te absorbeer, (ii) om die plant te anker in die grond, (iii) om water en minerale te vervoer na die stam van die plant en (iv) om die grond bymekaar te hou.
In Psalm 1:3 vergelyk die Psalmis ‘n geseënde persoon met ‘n vrugbare boom wat geplant is by ‘n waterstroom. Daar word verwag dat kinders van God stewig geanker moet wees in Christus, dat hulle voortdurend moet voed op God se Woord, dat hulle Christus met ander deel en hulle geloof behou.
Ons sal ook PCD sessies hê wat sal fokus op daardie kwessies wat benodig word vir geestelike groei. Die sessies wat aangebied sal word sluit in “Prayer” deur Suzette Hattingh, “Succession” deur Dr. Anthony Jacobs and “Church Planting” deur Danie Vermeulen. Daar sal ook ‘n sessie wees wat gaan fokus op die behoeftes van pastoor vrouens.
Ek moedig jou aan om alles in jou mag te doen om hierdie belangrike geleentheid by te woon.
Vir alle verwante informasie, besoek gerus die AGS se webblad:
http://afm-ags.org/category/events/
Seënwense!
Past. MG Mahlobo