Nuusflits: Vrydag, 17 Januarie

Laai die PDF weergawe hier af:

17 JANUARY AFR 2020

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om jou net die beste toe te wens vir 2020. Ek hoop jy het ‘n goeie ruskansie gehad en dat jy die nuwe jaar met ywer begin het.
1. JANUARIE – GEBED & VAS

Januarie is ons maand van gebed en vas.  Elke gemeente gebruik hulle eie diskressie in hierdie verband.  My versoek is dat jy die volgende items op jou gebedslys sal byvoeg:

AGS van SA Verkiesings

2020 is ‘n verkiesingsjaar vir die AGS van SA. Bid dat hierdie verkiesing vir alle kerk strukture glad sal verloop en dat Godvresende, Christus-gesentreerde, Heilige Gees-geleide, Bybel-gebaseerde, omgee en toegewyde leiers tot gevolg gekies sal word.

Sosio-Ekonomiese Situasie

Ek vra jou ook om ons land se sosio-ekonomiese situasie in te sluit. Ons het vanjaar met beurtkrag begin, ondanks beloftes dat daar nie tot 13 Januarie 2020 enige beurtkrag sou wees nie. Dit lyk of beurtkrag en sy gepaardgaande impak op die sosiale en ekonomiese vlak saam met ons sal wees vir ‘n geruime tyd. Laat ons bid dat diegene wat getaak is met die opwekking en voorsiening van elektrisiteit, wysheid en vermoë gegun sal word om hulle opdrag te uit te voer. Laat ons ook bid vir sosiale samehorigheid. Vlakke van onverdraagsaamheid, geweld en misdaad vorm nog steeds die publieke diskoers. Ons het die Goddelike ingryping in hierdie verband nodig.

Herlewing

Laaste maar nie die minste nie, laat ons bid vir herlewing wat gepaard gaan met passie vir die wen van verlore en stukkende mense in Suid-Afrika, in Afrika en die hele wêreld.

Afsterwe van Kollegas en Kollegas se Gades

Op ‘n ongekende wyse het baie van ons kollegas en gades in Desember 2019 en begin van Januarie 2020 gesterf. Laat ons hulle bedroefde families in ons gebede onthou. Ek verwys na Past. Joseph Roux, Mev. Ntombekhaya Booi, Past. Evert Phillipus Botha, Past. Michael Mncedisi Mkhosana, Past. Theodorus Ernest Cornelius Botha, Mev. Shirley Mandean, Past. Samuel Hendrik Mandean (emeritus), Mev. Engela van Zyl, Past.  Ndodwa Blekiwe, Prof. Leonard Phillipus Maré, Mev. Rita Gerber, Past. Simon Modisaotsile  Modisane, Evangelis Evelyn Gigaba, Mev. Mohanoa Johanna Selepe, Past. Moses Swartz, Past. Isaac Harvey, Past. Thembekile Sokabo and Past. Pieter van der Westhuizen. Evangelis Reinhard Bonnke het ook die afgelope Desember gesterf.

2. SPESIALE UITNODIGING: NOB STREEKSBESOEKE 2020

Hiermee nooi ons alle Pastore, lede van die Beheerliggame, Leiers en Nasionale Jeug uit na die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke. Die doel van die besoeke is om inligting te deel, opleiding te verskaf en gesprek te voer oor kwessies van strategiese belang vir die kerk. Ek wil jou sterk aanmoedig om die bemagtigingsessie in jou Provinsie by te woon.

Die tema vir die besoeke is:

Aksies met Impak
Leierskap in ‘n missionale kerk

Ons sien uit daarna om met die kerk oor die volgende onderwerpe te praat:

  1. Die Impak van die Bediening op die kinders van Pastore.
  2. Die Nominasieproses en datums vir die verkiesing van die Nasionale Ampsdraers in 2020.
    Hier is alreeds ‘n dokument beskikbaar oor die onderwerp. Laai gerus af by die volgende skakel: http://afm-ags.org/category/media/
  3. Vroue in Leierskap.
  4. Die Rol en Funksie van ‘n Pastoor binne ‘n Missionale kerk.
  5. Om Kerk te wees in die markplein.
  6. Gemeenskapsbetrokkenheid: Praktiese Implementering (Aangebied deur die AFM Welfare)

Die program vir Vrydag en Saterdag kan afgelaai word vanaf die volgende skakel:
http://afm-ags.org/category/events/

Die Nasionale Ampsdraers gaan besoeke aflê aan al die Provinsies op die volgende datums:

3.      TERUG SKOOL TOE!

‘N BOODSKAP VAN DIE NASIONALE KINDER BEDIENINGS-DIREKTEUR
Past. Sam Tshabalala

Liewe Skoliere, Ouers en Voogde,

Komplimente en seëninge aan al die kinders met die begin van die  nuwe 2020 skooljaar. Ek hoop jy het ontspan en is weer vol energie vir die nuwe skooljaar. Ons wens ook die Matriekklas van 2019 geluk wat oor die 80% algehele slaagsyfer behaal het. Ons dank die Here en die onderwysowerhede vir hierdie merkwaardige verbetering en prestasie. En aan diegene wat dit nie gemaak het nie, dit is nie die einde van die wêreld nie; moenie opgee nie, probeer weer my kind.

Nou is dit terug skool toe vir alle kinders en niemand mag by die huis bly of die reg tot onderwys ontken word nie. Ek hoop jy sal hard werk om aan die einde van die jaar te slaag. Ons vertrou die Here vir Goddelike beskerming teen die planne van die duiwel wat ons kinders pynig by skole deur afknouery, dwelmmisbruik, tienerswangerskap en selfmoord onder andere.  My geliefde kinders, bly weg van sulke slegte dinge en fokus op jou opvoeding om ‘n beter persoon in die toekoms te wees. As ‘n kerk bid ons tot die Here Jesus Christus en ondersteun jou om te presteer in jou skoolwerk sodat jy kan slaag en ons nasie en samelewing in die toekoms lei. Jou toekoms en dié van die kerk is afhanklik van jou en daarom is dit belangrik om voor te berei vir hierdie edele taak soos ‘n persoon wat voorberei vir die Olimpiese Spele of die Comrades marathon. Hierdie voorbereiding vereis harde werk en dit behels bid en die gereelde lees van jou Bybel, skool bywoon en die getroue doen van jou skoolwerk en huiswerk.

Die Bybel leer ons:
“Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, …” (2 Timothy 2:15, NLV)

Ek wil hiermee alle ouers en voogde bemoedig om gebedskrygers te word vir die sukses van die kinders van ons kerk en die land in alle sfere van die lewe in 2020 en daarna. Weereens, komplimente en mag die goeie Here met jou wees as jy jou skooljaar begin! Doen dit met ywer!

Seën
Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...