Nuusflits: Vrydag, 16 November

Laai die PDF weergawe hier af:

 Newsflash 16 Nov AFR

 

1.  VERENIGDE GEBED VIR SUID-AFRIKA: 22-24 FEBRUARIE 2019

Liewe Kollegas,

Volgende jaar sal die 4de agtereenvolgende jaar wees wat ons bymekaar kom as Christene regoor Suid-Afrika om ons nasie met gebed te bedek.  In 2018 was daar meer as 250 gebedspunte waar menige plaaslike gemeenskappe verenig is in gebed gedurende dieselfde naweek.  Up4SA (“United Prayer for South Africa”) is ‘n landswye gebeds-inisiatief op “grassroots” vlak.  (Grassroots CommUNITY Prayer – beweeg oor die grense van ras en denominasie).

As ambassadeurs van van ons Here Jesus kan ons ‘n groot rol speel in die vereniging van ons gemeenskappe! Ek wil jou graag aanmoeding en uitdaag om weereens hande te vat met die “Up4SA 2019”-span waar ons gaan verenig in gebed vir Suid-Afrika! Ons almal erken dat 2019 ‘n beduidende jaar vir ons gaan wees as ‘n nasie aangesien dit Suid-Afrika se algemene verkiesingsjaar is.

Ek vra al ons pastore en gemeenskapsleiers om biddend te oorweeg om as vrywilligers en koördineerders by ‘n gebedspunt in die plaaslike gemeenskap op te treë.  Elke gemeenskapsleier wat as vrywilliger optreë sal ‘n hulpbronpakket ontvang en sal bemagtig word om die gebedspunt te koördineer.

Om as vrywilliger op te tree, kontak ons by: admin@up4sa.co.za or 072 083 1371

Meer informasie, webtuiste: www.up4sa.co.za
Meer informasie, Facebook.com/up4sa

Om alle inligting af te laai, besoek die skakel hieronder:
http://afm-ags.org/category/media/

“Up4SA” Nasionale koöordineerder:
Past. Robbie Black 082 462 1540

 

2.  PCD KENNISGEWING

Neem asseblief kennis van die nuut opgedateede PCD webtuiste by www.pcdafm.co.za – boek verslae kan maklik op die webtuiste gelaai word. Onthou asseblief dat alle geordende pastore (behalwe emeriti) 200 PCD krediete moet versamel teen die einde van Desember 2018 vir die 2015-2018 PCD siklus.  Voltooide PCD registers moet eerstens gestuur word aan die PCD streekskoördineerders wat dit sal verwerk en dan dit sal stuur aan die Nasionale PCD kantoor.

Kontak die PCD kantoor by pcdafm@gmail.co.za 083 793 9112 of 083 2828 432 indien daar enige vra is.

Vriendelike groete,
Dr. Henri Weideman

 

3.  SPESIALE VERSOEK

Een van ons Pastore, Romien Joubert, is huidiglik besig met studies oor die welstand van Suid-Afrikaanse kerkleiers wat ‘n rede tot kommer bly:  “Many church leaders are struggling to passionately persevere in ministry.”

Die teoretiese argument van haar studie is dat veerkragtigheid (resilience) en die opsetlike en holistiese verbouing daarvan enorme waarde kan byvoeg tot ‘n moontlike oplossing.  Staan haar by deur ‘n vraelys te voltooi wat fokus op die ondersoek van kerkleiers se begrip van veerkragtigheid, hulle huidige pogings om dit in hulle lewens in te bou asook hulle huidige veerkragtigheidsvlakke.  Jou deelname en bydrae is noodsaaklik en hoogs gewaardeerd.  Dankie by voorbaat vir jou hulp.

…KLIEK HIER OM VRAESTEL TE BEGIN…

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...