Laai die Nuusflits af in PDF formaat (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS van SA 16 JULIE 2021 AFR NUUSFLITS
HULPBRONNE:
1. AGS van SA Verklaring: Covid-19 & Geweld in die Land (12 Julie 2021)
https://afm-ags.org/official-statement-covid-19-the-current-violence-in-the-country/
2. AGS van SA Omsendbrief (9 Julie 2021)
https://afm-ags.org/afm-of-sa-circular-9-july-2021/
3. Pastorale Brief: 2de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2021/
4. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2021/05/Letter-to-the-SLRC-4-May-2021.pdf
5. PEPUDA Wysigingswetsontwerp: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/pepuda-amendment-bill-afm-response-june-2021/
AGS KOLLEGA,
1. GEWYSIGDE REGULASIE OOR BYEENKOMSTE SOOS BEVAT IN DIE STAATSKOERANT (VOLUME 673)
Neem kennis van die volgende inligting rakende die gewysigde regulasie oor byeenkomste volgens die Staatskoerant (Volume 673) wat op Woensdag, 14 Julie 2021 gepubliseer is:
https://afm-ags.org/amended-regulation-on-meetings-as-per-the-government-gazette-volume-673/
Vir navrae kontak asseblief Dr. H.J. Weideman (Algemene Sekretaris):
2. AGS VAN SA VERKLARING: COVID-19 & GEWELD IN DIE LAND
Die Nasionale Ampsdraers van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika doen ‘n beroep op alle pastore en lidmate om tydens hierdie moeilike tye vas te hou aan geloof en tot God te bid om ons te verlos van hierdie verwoestende pandemie. Psalm 46:2-3 sê: “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see…” (AFR83).
Ons dink aan die woorde van Paulus in Efesiërs 6:12 “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug” (AFR83).
Laai die volledige verklaring hieronder in PDF-formaat af:
https://afm-ags.org/official-statement-covid-19-the-current-violence-in-the-country/
3. ‘N WOORD VAN BEMOEDIGING: ‘N VIDEO BOODSKAP
Vandag wil ek jou aanmoedig as my kollega in die bediening. Ek wil ons herinner aan die volgende: “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” Josua 1:9 (AFR83).
4. HERSTEL VAN COVID-19: ‘N VOLLEDIGE RIGLYN
Ons leef in moeilike tye. Ons word egter getroos deur die feit dat God ons belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hy is altyd by ons. Ons bid vir almal se gesondheid en veiligheid.
AGS Welsyn het ‘n handleiding ontvang wat inligting bevat oor die Covid-19 herstelproses. Om seker te maak dat ons nie vals inligting versprei nie, het ek met ‘n betroubare mediese werker en ‘n verteenwoordiger van die Departement van Gesondheid bevestig dat hierdie inligting akkuraat en korrek is. Dit is ‘n uitstekende riglyn – lees dit gerus en versprei dit na jou netwerk. Jy of iemand in jou netwerk sal waarskynlik hierdie inligting kan gebruik:
https://afm-ags.org/recovering-from-covid-19-a-complete-guide-verified-accurate/
Ashley Theron
(Waarnemende Uitvoerende Hoof – AGS Welsyn)
5. PASTORALE BRIEF 3DE KWARTAAL: JOU INSETTE
Ons streef daarna om relevante en tydige pastorale kommunikasie te skep. Vandag wil ek jou insette vra oor spesifieke onderwerpe wat jy graag in ons volgende Pastorale Brief sal wil sien. Hierdie weergawe sal gedurende September-maand gepubliseer word. Stuur gerus jou voorstelle of insette na ons AGS Kommunikasie verteenwoordiger voor/op 30 Julie 2021: chantalle@afm-ags.org.
Seën!
MG Mahlobo