AGS Kollega,
1. DIE VERLENGDE INPERKING
Suid-Afrika is sedert 26 Maart 2020 onder inperkingsmaatreëls geplaas. Die voorspelling is dat die Koronavirus nog vir die afsienbare toekoms met ons sal wees. Ons was op Vlak 5 vanaf 26 Maart tot 30 April 2020. Sedert 1 Mei 2020 het die inperking na Vlak 4 beweeg. Sommige sakesektore is toegelaat om onder streng regulasies weer te begin werk, maar godsdienstige instansies soos kerke, moes egter gesluit bly.
2. DIE KERK SE POGING OM IN KONTAK TE TREE MET DIE REGERING
Daar was groot ontevredenheid oor die langdurige verbod wat op kerk aktiwiteite geplaas is. Ons het aan die Regering geskryf en voorgestel dat pastore as deel van noodsaaklike dienste beskou word en dat administratiewe personeel toegelaat moet word om vanuit kerkkantore op Vlak 4-regulasies te werk. Ons het geen erkenning of reaksie op ons brief ontvang nie.
As deel van pogings om in kontak met die regering te tree, is ons deel van die SARK (Suid-Afrikaanse Raad van Kerke) se Nasionale Leierskap Forum se weeklikse besprekings. Onlangs was ons deel van die 38 kerke wat voorleggings gemaak het saam met FORSA (Freedom of Religion South Africa) oor die wesenlike rol van pastore en die geleidelike opening van kerkbedrywighede en bedieninge. Ons is ook deel van die Nasionale Pinkster Forum wat 2,4 miljoen lidmate verteenwoordig en ook soortgelyke voorleggings gedoen het.
Op Woensdag 13 Mei 2020 het die president van die land, Mnr. Cyril Ramaphosa, die land toegespreek. In sy toespraak het hy verwys na die vooruitsig dat die land vanaf 1 Junie 2020 na Vlak 3 sal beweeg, terwyl sommige gebiede met ‘n hoë infeksietelling moontlik op die huidige vlak sal bly. Ons verwagting is dat Vlak 3 sommige van die huidige beperkings sal verslap.
Ons hoop dat hierdie oorgang van Vlak 4 na Vlak 3 duideliker sal word namate ons nader aan die einde van hierdie maand kom. Die President het aangedui dat daar met die betrokke partye gekonsulteer gaan word. Ons sal van hierdie geleentheid gebruik maak om ook weer met die regering kontak te maak. Ons sal dit doen as AGS-leierskap, en ook as deel van Ekumeniese Christelike Organisasies.
3. ‘N VERSOEK AAN ALLE STREEKLEIERS EN PASTORE OM IN KONTAK TE BLY MET LIDMATE
Die verlengde inperking is baie moeilik vir ons lidmate en pastore. Sommige mense wat pastorale berading benodig, het nie toegang daartoe nie, want die dienste wat pastore lewer word nie as noodsaaklike dienste gesien deur die regering nie. Boodskappe van bemoediging en leierskap is baie nodig. Ek doen ‘n ernstige beroep op ons pastore om boodskappe van bemoediging aan ons lidmate te stuur.
Ek versoek streeksleiers om leierskap en motivering te verskaf aan pastore binne hul streke en netwerke. Dit kan gedoen word deur digitale kommunikasieplatforms te skep soos WhatsApp groepe. Pastore kan ook WhatsApp groepe skep om in kommunikasie met hul lidmate te bly. Die Departemente kan ook dieselfde kommunikasieplatform oorweeg. Ons kan nog steeds kontak hou met ons lidmate deur middel van platforms soos WhatsApp en telefoon oproepe.
4. SPESIALE TYDELIKE “COVID-19 SOCIAL RELIEF OF DISTRESS (SRD) GRANT”
Ek sluit inligting in oor die “SRD GRANT” vir ons lidmate bo die onderdom van 18 jaar wat kwesbaar is weens werkloosheid en geen subsidie van die regering ontvang nie. Ek versoek pastore om hierdie inligting met hul lidmate te deel:
https://afm-ags.org/category/media/
Seën!
MG Mahlobo