Nuusflits: Vrydag, 15 Januarie 2021

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos aan te stuur of uit te druk):

AFM 15 JAN AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/

3. AGS van SA Nasionale Kalender:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

Mede AGS-Kollega,

1. MAAND VAN SPESIALE FOKUS OP GEBED & VAS: JANUARIE 2021

Januarie is gewoonlik ‘n maand van spesiale fokus op gebed en vas vir baie Christene, en is ook die gebruik in die AGS van SA oor verskeie jare. Ons het baie om oor te bid en te vas hierdie jaar. Die Covid-19-pandemie eis ‘n tol in die lewens van baie mense oor die wêreld, hier in ons eie land en ook in die families van ons lidmate en Pastore.

Bo en behalwe die siekte en dood van kollegas en geliefdes, moet ons ook deel met die impak van die maatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die pandemie te beperk, op ons ekonomie en ons inkomste.  Dit veroorsaak hartseer en lyding vir baie van ons en party mense beleef angs en vrees. As navolgers van Jesus en mense van geloof, kan ons nie verward rondkyk nie en behoort ons nie sonder Hoop te wees nie. Ons het God se teenwoordigheid by ons en ons het Sy Woord en die Heilige Gees om ons te lei en vir ons rigting aan te dui.

In Efesiërs 6:13 (AFR’83) moedig Paulus ons aan: “Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.” 

Die elemente van hierdie wapenrusting is: Waarheid (Gordel), Vryspraak (Borsharnas), Bereidheid om die Evangelie te verkondig (Skoene), Geloof (Skild), Verlossing (Helm), die Woord van God (Swaard van die Gees) en “doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.”

Hierdie volle wapenrusting is in die tyd waarin ons tans leef, beslis daagliks nodig in die lewe van elke gelowige.  Laat ons voortdurend bid en vas vir God se Genade en Genesing in die lewens van hulle wat siek is, en vir ons ekonomie, asook vir die vertroosting en leiding van die Heilige Gees in ons almal se lewens.

2. COVID-19 ENTSTOF
Daar is tans baie onsekerheid oor die moontlike entstowwe wat beskikbaar is om die Covid-19 pandemie te beveg. Baie mense is angstig, verward en bang, veral as gevolg van verskeie samesweringsteorieë wat versprei word deur mense wat nie gekwalifiseerde wetenskaplikes of teoloë is nie. Met inagneming van die erns van hierdie bewerings, en op die versoeke van vele pastore en lidmate, wil die Nasionale Ampsdraers leiding gee in hierdie saak.

Gebruik die onderstaande skakel om ‘n dokument oor die aangeleentheid af te laai:

https://afm-ags.org/category/media/

Vir enige verdere insette of navrae oor die onderwerp van Covid-19 entstowwe, stuur ‘n e-pos aan: henri@afm-ags.org

3. 2021 NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE: SPESIALE KENNISGEWING

Let asseblief daarop dat die geskeduleerde NOB Bemagtigingsbesoeke wat vir die naweek van 5-6 Februarie (Kaapstad en Vrystaat) geskeduleer is, weens die inperkingsregulasies op Grendelvlak 3 – tot verdere kennisgewing uitgestel word. Meer inligting en kommunikasie sal na die Staatspresident se volgende toespraak aan die land gestuur word. Die toespraak is tans geskeduleer op of rondom 15 Februarie 2021.

Die res van die NOB Bemagtigingsdatums bly onveranderd tot verdere kennisgewing. As jy nog nie die AGS 2021 Kalender afgelaai het nie, gebruik gerus die onderstaande skakel:

https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

4. MIL WERKSWINKELS: SPESIALE KENNISGEWING

Weens die jongste verlenging van Covid-19 inperkings, sal die komende reeks MIL werkswinkels uitgestel word. Na die volgende aankondiging deur die Staatspresident op of rondom 15 Februarie 2021, sal kandidate en ander rolspelers in kennis gestel word van nuwe datums vir die eerste reeks werkswinkels van die jaar.

Die res van die jaar se datums bly dieselfde, naamlik:

Tweede Werkswinkel

Bellville: 19-21 April 2021

Pretoria: 3-5 Mei 2021

Amanzimtoti: 10-12 Mei 2021

Derde Werkswinkel

Bellville: 26 Julie – 28 Julie 2021

Pretoria: 2-4 Augustus 2021

Amanzimtoti: 16-18 Augustus 2021

Vierde Werkswinkel

Bellville: 20-22 September 2021

Pretoria: 4-6 Okt 2021

Amanzimtoti: 11-13 Oktober 2021

Vir enige navrae rakende MIL, kontak die MIL-koördineerder:

Dr Christo van den Berg – 082 086 6269.

Bly geseënd en bly veilig!

Dr. H.J. Weideman
(Namens Past. M.G. Mahlobo)

Spread the word...