Nuusflits: Vrydag, 15 Februarie

Laai die PDF weergawe hier af:

 15 FEB AFR 2019

1.  WENKE OM DIE IMPAK VAN BEURTKRAG TE BESTUUR

Op Maandag 11 Februarie 2019 toe Suid-Afrika die vrylating van Mnr. Nelson Mandela uit die tronk onthou, het Eskom se ses kragopwekkers funksionele kapasiteit ontwikkel. Gevolglik het Eskom beurtkrag verhoog vanaf ‘n Fase 2 na ‘n Fase 4. Sedertdien gaan die land deur Fase 3 beurtkrag. Suid-Afrika het eers in 2015 te doen gehad met ‘n Fase 4. Fase 4 het die potensiaal om ‘n groot deel van die land in duisternis te los. Volgens die Minister van Openbare Ondernemings, Mnr. Pravin Gordan, is Eskom in ‘n krisis wat veroorsaak word deur strukturele, operasionele en finansiële kapasiteit.

Almal van ons moet ons onsself voorberei vir die moeilike dae wat voorlê. Hiermee herinner ek jou graag weer aan die Up4SA landswye gebedsinitiatief wat plaasvind volgende naweek. Weer moedig ek al ons pastore en gemeentes aan om gebedspunte in hul plaaslike gemeenskappe te vestig. Ons kan nie hierdie geleentheid vir vurige gebed laat verbygaan nie. Jy kan betrokke raak by hierdie initiatief deur:

Om ‘n vrywilliger te wees: admin@up4sa.co.za of 072 083 1371
Meer inligting: www.up4sa.co.za
Meer inligting: Facebook.com/up4sa
Om die volledige inligting af te laai, besoek die onderstaande skakel:
http://afm-ags.org/category/media/
Up4SA Nasionale Koördineerder:
Past. Robbie Black 082 462 1540

Belangrike wenke om die impak van beurtkrag te verminder:

  1. Kommunikasie: Maak seker dat jou selfoon, skootrekenaar, tablet en radio altyd ten volle gelaai word wanneer krag beskikbaar is. Dit sal jou in staat stel om met vriende en familie te kommunikeer tydens beurtkrag.
  2. Vervoer: Maak seker dat jou voertuig altyd brandstof in het, aangesien die meeste vulstasies moontlik nie brandstof kan gee tydens kragonderbrekings nie.
  3. Kontant: Hou kontant by jou aangesien OTM’s nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie.
  4. Veiligheid: “Backup“ batterye vir elektriese hekke, garagedeure en sekuriteitstelsels moet in ‘n goeie werkende toestand gehou word en kan tydens beurtkrag nog steeds funksioneel wees. Gereelde toetsing van hierdie batterye is noodsaaklik.
  5. Berg tydelike ligbronne soos battery-aangedrewe fakkels, gaslampe en kerse op plekke waar jy dit maklik in die donker kan vind.
  6. Voorbereiding van kos: As jy nie ‘n gasstoof het nie, berei die maaltye voor voordat die krag afgeskakel word. Kook water in jou ketel en hou dit in flesse vir warm drankies. Jy kan ook ‘n isolerende bedekking op teepotte, potte en panne gebruik om drankies en etes warm te hou.
  7. Die meeste medisyne wat verkoeling benodig, kan vir ‘n paar uur in ‘n geslote yskas gehou word sonder skade, maar indien jy twyfel kontak jou dokter of apteker.
  8. Druk en verwys gereeld na die beurtkrag skedule van jou area om jou in staat te stel om behoorlik te beplan.

2.  2019 AGS NASIONALE KONFERENSIE

Let asseblief daarop dat daar ‘n verandering in die datum van die 2019 Nasionale Konferensie is. Weens die beskikbaarheid van die lokaal is die datum een ​​week vroeër en die konferensie begin nou met die aanddiens op Sondag 15 September en eindig met die aanddiens op Woensdag 18 September 2019. Die konferensie word aangebied by:

Lighthouse Ministries, Voortrekkerstraat 275, Parow, Kaapstad.

Daar sal PCD sessies wees van 10:30 tot 12:30 en 14:00 tot 15:30 op Maandag 16 en Dinsdag 17 September 2019. Bywoners van die sesses kan 5 PCD-krediete per dag verdien, altesaam 10 krediete vir die twee dae.

3.  KENNISGEWING: EDUCATION & TRAINING DEPARTEMENT

Let wel: Die sperdatum vir die NWU se aanlyn aansoeke vir die tweede semester inname is 30 April 2019.

Vir meer inligting besoek asseblief die AGS webwerf:
http://afm-ags.org/departments/theological-training/

4.  NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE 2019: ‘N SPESIALE UITNODIGING

Hiermee rig ons ‘n spesiale uitnodiging aan al ons pastore, lede van die beheerliggame, ons nasionale jeug asook leiers in die kerk om vanjaar se NOB (Nasionale Ampsdraers) bemagtigingsbesoeke by te woon. Die formaat is ‘n kombinasie van video materiaal, NOB aanbiedings, interaktiewe dialoog sessies en geleenthede vir netwerk en verhoudingsbou. Hierdie jaar is ons tema:
Facing the Future with Lessons from the Past

Laai die program vir beide Vrydag en Saterdag hier af:
 2019 NOB Empowerment Visits Programme

Die volgende datums en plekke is bevestig:

Seën!
M.G. Mahlobo

Spread the word...