Nuusflits: Vrydag, 14 Julie 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik uit te druk of per e-pos aan te stuur):
 AGS Nuusflits Vrydag 14 Julie_2023

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2023 Nuut!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2023/

2023 NOB Bemagtigingsbesoeke: Video-aanbiedngs Nou Beskikbaar!
https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHbz8L2qUnk-3LmgsrI9BKFc

Liewe Kollega,

1. 2023 NASIONALE KONFERENSIES TOT OP HEDE: REFLEKSIE

Drie nasionale konferensies het tot dusver vanjaar plaasgevind:

Die ‘National Men’s Fellowship’ Konferensie

Die tema van die National Men’s Fellowship (NMF) konferensie (wat plaasgevind het vanaf 19-21 Mei) by die Abbortsford Christian Centre Oos-Londen was: “Men After God’s Own Heart”. Met hierdie tema het die NMF-leierskap mans opgeroep tot integriteit en etiese gedrag in ál hulle aktiwiteite – of dit nou in die gesin-, kerk-, werkplek- of sakelewe is. Die begeerte van die NMF is om te sien hoe ‘n ander soort man in Suid-Afrika na vore kom – manne wat gewortel is in die kultuur van God se Koninkryk. Manne wat anders optree as die kultuur van korrupsie, GGG (Geslagsgebaseerde geweld) en misdaad wat ons gemeenskappe binnedring.

Die subtemas van die konferensie was: (i) Manne en gehoorsame onderwerping aan God; en (ii) “My Father’s business” – oor vaderskap en mentorskap. Laasgenoemde sessies was aangebied deur Zane Mias en het gefokus op die rol van mans in die vorming van hul kinders. Ander temas het ook ingesluit: Om die vuur van evangelisasie weer aan te blaas en om die vuur van die Heilige Gees weer onder mans aan te blaas.

Daar is ‘n oplewing onder die manne van die AGS, dit is duidelik in die honger om hande te vat om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. Die groeiende getalle in plaaslike- en streeksbyeenkomste getuig van hierdie honger na God, asook ‘n begeerte om ‘n verskil te maak.

Die NMF is daartoe verbind om verder te gaan as konferensies (wat ‘n mobiliseringspunt is) en gewortel te wees in gemeenskapsbetrokkenheid en dissipelskap van mense – om relevante agente van God se boodskap in die samelewing  te wees.

Die ‘National Youth’ Konferensie

Die National Youth Konferensie (wat plaasgevind het vanaf 23-25 Junie) in Polokwane by die Ngoako Ramatlhodi-sportkompleks het vergader onder die tema: “Re-Activate” – wat gegrond is op Paulus se aanmoediging aan Timoteus, om “die gawe van God in hom aan te blaas.”

Die konferensie het sessies ingesluit met aanbiedings en paneelbesprekings oor Trauma, Geestesgesondheid, Die aangryp van geleenthede, Enkellopendheid en die Huwelik. Preektemas het ingesluit: “What we Have”; “Re-Activation” en “Fearless.” Konferensiesprekers het die diversiteit van die AGS weerspieël en die volgende ingesluit: Past. Mandla Sithole, Past. Venita Naude, Past. Zama Mopai, Mnr Zuko Zotho, Me Chloe Rezant, en Me Lefa Mojela – ‘n maatskaplike werker. Saterdagaand was daar ‘n uitstorting van die Heilige Gees en ‘n profetiese woord wat die jeug bemoedig het dat die Here (ook) besig is om die Pinkstersalwing oor hierdie geslag uit te stort.

Sosiale impak is een van die Nasionale Jeug se fokusareas. Die leierskap van die Jeug het onlangs besoek afgelê aan een van die AGS Welsyn se babahuise, Ngwana House in Polokwane. Die Nasionale Jeug het ‘n met hierdie besoek ‘n donasie van doeke en melk geskenk. Die skenkings het ‘n gedeelte van die konferensie se registrasiefooi uitgemaak.

Die ‘National Sisters Fellowship’ Konferensie

Die Nasional Sisters Fellowship (NSF) se jaarlikse konferensie (wat plaasgevind het vanaf 7-9 Julie) is by die Moses Mabhida-stadion in Durban aangebied. Die tema was: “Preach the Word in Season and Out of Season (2 Tim 4:2)”. Onderwerpe wat behandel was het gefokus op die “girl child” (die jonges), asook ” going with our old” (die seniors); “Tekens en wonders – Wanneer God beweeg”; “Die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word en nooit toegelaat word om uit te gaan nie”; “n Wandel met God” en; “Maar deur my Gees sê die Here”.

Die lewendige energie van die NSF en die kleurvolle kleredrag van die vroue wat dit bygewoon het, is gekenmerk deur tye van lof en aanbidding aan God. Die NSF het gepoog om alle susters binne die AGS te verenig na ‘n onderbreking van 3 jaar. Bewustheid van die belangrikheid daarvan om met God te wandel en om alle vroue te bemagtig is aangemoedig – van ons dogters tot bejaardes. Die konferensie het gepoog om te verseker dat die NSF die vuur van God aan die brand hou en dat almal die teenwoordigheid van God ervaar. Die susters is ook aangemoedig om ‘n Christus-gesentreerde verskil te maak deur fondse in te samel en terug te ploeg in ons gemeenskappe.

Slot

As ek na die algehele konteks en effek van die bogenoemde konferensies kyk, is ek opgewonde oor die feit dat almal goed georganiseerd was, goed bygewoon is en dat die sprekers gefokus was. Ek is die meeste bemoedig deur die feit dat ons verder gaan as om net vir ‘n konferensie bymekaar te kom. Die konferensies begin relevante kwessies in ons gemeenskappe, ons persoonlike lewens en in ons geestelike groei aanspreek. Dit raak meer effektief oor die manier waarop ons as individue en ‘n kollektief behoort te dink en op te tree – om die verskil te wéés waarvoor ons in ons land en die wêreld bid.

Ons moet voortgaan om strategies te werk om ons eenheid en diversiteit meer te weerspieël. Ons moet oopkop wees en bereid wees om mekaar te akkommodeer, terwyl ons beweeg na die vervulling van ons Missionêre roeping as die AGS.

2. AGS NASIONALE KONFERENSIE: REGISTRASIES NOU OOP
Registreer NOU: http://www.afm-conference.co.za/

Neem asseblief kennis van die jongste Omsendbrief vanaf Past. Selby Khumalo (Hoofsekretaris), oor die registrasieproses vir die nasionale konferensie: https://afm-ags.org/category/media/

7-9 September 2023 by die Lighthouse Christian Centre
275 Voortrekker Road, Parow, Kaapstad

Ons is opgewonde om die besonderhede vir die komende AGS Nasionale Konferensie aan te kondig. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Wees deel van ‘n kragtige tyd van bediening, gebed, aanbidding en samesyn. Ons sien daarna uit om die AGS Familie in die Wes-Kaap te verwelkom vir hierdie dinamiese byeenkoms.

Kry ALLE inligting oor hoe om suksesvol te registreer by:

https://afm-ags.org/ablaze-national-conference-2023/

Aanlyn en tradisionele registrasie opsies is beskikbaar. Vroeë registrasie word aangemoedig om enige ongerief verbonde aan laat registrasie te vermy.

Aanlyn Registrasies:

Skandeer die QR-kode

Tradisionele Registrasies:
Laai die Registrasievorm hier af:

 ABLAZE OFFLINE REGISTRATION FORM 2023 (Editable)

Ons sien uit daarna om jou in Kaapstad te verwelkom!

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...