Nuusflits: Vrydag, 14 Januarie 2022

Laai hierdie e-pos af in PDF-formaat (om maklik aan te stuur of uit te druk):

Nuusflits: Vrydag, 14 Januarie 2022

 

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/

2. Vas & Gebed – Januarie 2022 (Nuut!)
https://youtu.be/RAfncm_j30w

3. NOB Inhuldiging Foto Album: Hoogtepunte
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1586119138392238&type=3

AGS Kollega,

1. ‘N MAAND VAN VAS EN GEBED

Januarie is ons maand in die AGS vir vas en gebed. Ek wil jou aanmoedig om tyd af te sonder om werklik hierop te fokus – as individu en ook as ‘n Gemeente of kleingroep. Deur gebed kan ons ons harte met God deel en deur te vas, kan ons ons geestelike fokus herwin en God se stem hoor. As gelowiges word ons verander deur hierdie proses – ons fokus minder op die wêreld om ons en meer op God in ons en saam met ons.

Kyk saam met my na verskeie skrifte oor gebed en vas in Matteus, Jeremia, 2 Samuel en 2 Kronieke. Laat ons stil wees, bid en God se Woord bestudeer. Laat toe dat God se krag in jou werk. Mag elkeen van ons geestelike vernuwing en verkwikking ervaar soos ons onsself afsonder in hierdie maand van vas en gebed.

2. 2022 AKADEMIESE JAAR: BEMOEDIGING EN HOOP

Alhoewel baie leerders en studente waarskynlik eerder sal wil voortgaan om hul vakansie te geniet, begin die nuwe akademiese jaar alreeds en bring dit nuwe uitdagings en opwindende geleenthede. Die laaste paar jaar was uitdagend weens die Covid-19-pandemie, die gebrek aan hulpbronne vir baie – asook  die afwesigheid van toegang tot en beskikbaarheid van genoeg werksgeleenthede. Dit is egter belangrik dat ons ons kinders en studente sal aanmoedig om hul bes te gee en om gebruik te maak van die beskikbare geleenthede.

Daar is twee Bybelverse wat ek dink ouers en grootouers aan die begin van (en regdeur) die 2022 akademiese jaar met hul kinders en kleinkinders kan deel:

Josua 1:9 (Nuwe Lewende Vertaling): “Wees sterk en dapper. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

Bemoedig die leerders en studente in jou huishouding met hierdie belofte in God se Woord, dat Hy by hulle sal wees – waar hulle ook al gaan en wat hulle ook al vanjaar moet  trotseer. Baie leerders, veral dié wat vir die eerste keer skool toe gaan en dié wat van laerskool na hoërskool skuif, asook studente wat by ‘n tersiêre inrigting inskryf, is angstig en voel onseker in die nuwe omgewing wat hulle moet konfronteer en navigeer. Dit geld ook vir diegene vir wie die vorige akademiese jaar nie die uitslae besorg het wat verwag was nie.

Ouers moenie hierdie ervaring ignoreer of ‘n bespotting daarvan maak nie, maar hulle eerder aanmoedig om sterk en vol selfvertroue te wees. ‘n Positiewe en dapper houding is baie kragtig om die uitdagings van die nuwe jaar in die gesig te staar. Dit is selfs nog sterker as dit gebaseer is op die wete en geloof dat God jou nooit sal verlaat nie, maar al die pad saam met jou is.

Tweedens, 1 Tessalonisense 5: 16-18  (Nuwe Lewende Vertaling) gee leiding oor die beste gesindheid en benadering wat ‘n leerder en student ten opsigte van die nuwe akademiese jaar kan hê: “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Jesus Christus verenig is”

Ek kan uit ervaring die transformerende en ondersteunende krag van ‘n dankbare, biddende en vreugdevolle houding in die lewe van leerders en studente bevestig. Veral waar dit ingeskerp en voortdurend gekweek word deur die voorbeeld en mentorskap van ouers en grootouers. Ons kan ons kinders en jongmense leer om eg vreugdevol te wees – ten spyte van omstandighede – om iets te vind om oor dankbaar te wees in alle situasies en om te leer om oor alles te bid en God te vertrou vir die uitkoms, terwyl hulle van hulle kant af die beste moontlik doen.

Moedig die leerders en studente in jou huishouding aan om in hierdie akademiese jaar te skyn soos die sterre wat hulle is. Verseker hulle van jou ondersteuning en gebede. My gebed is dat al ons kinders en jongmense God se bemagtigende Teenwoordigheid en Leiding in 2022 sal ervaar.

3. TERUG SKOOL TOE: ‘N SPESIALE BOODSKAP

Ons het gister ‘n spesiale boodskap vanaf Past. Sam Tshabalala, die Direkteur van die Nasionale Kinderbediening (NCM) gedeel op die AGS se sosiale media-platforms (Facebook, Instagram en die MyAFM-APP).

Om hierdie boodskap in PDF-formaat af te laai, klik gerus op die skakel hieronder:
Back to School Message from NCM

4. MIL (Ministry Integrated Learning): KENNISGEWING

Die 2022 MIL-werkswinkels begin binnekort. Die betrokke datums en waar dit aangebied word is as volg: Bellville (17-19 Januarie), Pretoria (24-26 Januarie) en Amanzimtoti (31 Januarie – 2 Februarie).

Ons sien uit daarna om die nuwe groep MIL-deelnemers te verwelkom, een van die grootste groepe wat ons die afgelope paar jaar het! Mentors word aangemoedig om ook die werkswinkels saam met die MIL-deelnemers by te woon. Eerste keer mentors is ons gaste wat beteken dat hulle nie die werkswinkel Registrasiefooi hoef te betaal nie en hulle ontvang ook 10 PCD-krediete.

Met Covid-beperkings wat verslap is, is alle Pastore weer welkom om hierdie werkswinkels deur die loop van die jaar by te woon vir PCD doeleindes – alhoewel Covid-protokolle steeds nagekom sal word.

Vir enige navrae, kontak gerus die MIL-koördineerder:
Dr Christo van den Berg
[email protected]
082 086 6269

Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...