Laai die PDF weergawe hier af:
1. FEESSEISOEN GROETE VANAF DIE AGS NASIONALE KANTOOR
Ontvang met hierdie skrywe uit die kantoor en huis van die Hoofsekretaris, ‘n woord van dank en waardering aan al ons Departemente, Streeksvoorsitters, -Sekretarisse, Tesouriers en -kommitees, asook aan al ons pastore en hulle eggenote vir u harde werk, ondersteuning en welwillendheid gedurende 2018. Ek waardeer u. Mag die Here u werklik seën met Sy Vreugde en Vrede gedurende hierdie feesseisoen, terwyl u kwaliteit tyd saam met u geliefdes deurbring. Vir die van u wat op die pad gaan wees om huistoe te gaan of om by familie en vriende te gaan kuier: Bid ek vir u veilige en verfrisde terugkeer.
Die administratiewe kantoor sluit vandag Vrydag 14 Desember 2018 en sal weer oopmaak op Dinsdag 8 Januarie 2019. Terwyl u al in u geestesoog begin uitkyk na die nuwe jaar, onthou dat u voor die einde van 2019 u aansoekvorm moet instuur om u pastoralestatus te hernu.
Vriendelike Groete en Seën.
Dr. Henri Weideman
2. PASTORALE BRIEF 4DE KWARTAAL
Indien jy nog nie die Pastorale Brief van die 4de Kwartaal ontvang het nie, gaan besoek gerus ons webblad om aanlyn te lees of af te laai in PDF formaat:
http://afm-ags.org/category/publications/pastoral-letters/
Seënwense!
M.G. Mahlobo
3. SPESIALE VERSOEK
Een van ons Pastore, Romien Joubert, is huidiglik besig met studies oor die welstand van Suid-Afrikaanse kerkleiers wat ‘n rede tot kommer bly: “Many church leaders are struggling to passionately persevere in ministry.”
Die teoretiese argument van haar studie is dat veerkragtigheid (resilience) en die opsetlike en holistiese verbouing daarvan enorme waarde kan byvoeg tot ‘n moontlike oplossing. Staan haar by deur ‘n vraelys te voltooi wat fokus op die ondersoek van kerkleiers se begrip van veerkragtigheid, hulle huidige pogings om dit in hulle lewens in te bou asook hulle huidige veerkragtigheidsvlakke. Jou deelname en bydrae is noodsaaklik en hoogs gewaardeerd. Dankie by voorbaat vir jou hulp.
Volg die onderstaande skakel om die vraelys te voltooi:
https://goo.gl/forms/VpPMwcsNbNuxJSJ12
(Let wel dat die vraelys slegs in Engels beskikbaar is.)