Nuusflits: Vrydag, 13 Oktober 2023

Laai die PDF weergawe hieronder af:

AGS Nuusflits_Vrydag 13 Oktober_2023

HULPBRONNE

Pastorale Waardering & Welstand maand – Omsendbrief (20 September 2023):
https://afm-ags.org/pastors-appreciation-wellness-month-october-2023/

AGS van SA Kalender 2024 – Opgedateer (Soos ontvang vanaf die kantoor van die Hoofsekretaris):
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Pastorale Brief: 3de Kwartaal 2023 – Nuut!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2023/

Liewe Kollega,

Oktober-maand fokus ons op die waardering en welstand van ons pastore. ‘n Omsendbrief is op die 20ste September vanuit die kantoor van die Algemene Sekretaris aan alle AGS Gemeentes gestuur. Ek het Pastoor Selby Khumalo gevra om meer oor hierdie belangrike maand in ons kerk te deel (hierdie boodskap sal ook op die AGS se sosiale media platforms gedeel word).

PASTORALE WAARDERING- EN WELSTAND MAAND
Past. Selby Khumalo (Hoofsekretaris van die AGS van SA)

As Broers en Susters in die Here Jesus Christus, moet ons onthou dat Leiers ook mense is net soos ons: hulle kry ook seer, raak ontsteld, gefrustreerd, eensaam, moeg en beleef ook hartseer; daardie dinge wat elke ander persoon ervaar. Die enigste verskil is dat God aan hulle baie meer verantwoordelikheid (omgee vir die kudde) gegee het as ander. In Handelinge 20:28 (AFR53) staan daar: “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.”

Kom ons kyk na wat die Skrif sê oor hoe ons ons “Leiers” moet eer, respekteer en behandel:

“Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal ‘n profeet se beloning ontvang; en wie ‘n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal ‘n goeie mens se beloning ontvang.” – Matteus 10: 41 (AFR83).

“Want elkeen wat vir julle in my Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.” – Markus 9: 41 (AFR53). As ons ‘n man of vrou van die Here eer stort die Here sy ryk seëninge op ons hoofde. Onthou om altyd die leiers wat verkies is tot ‘n posisie te respekteer.

“Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.” – Hebreërs 13:17 (AFR83).

In die Ou Testament in Jeremia 23:4 (AFR83) staan daar: “Dan sal Ek herders oor hulle aanstel, en dié sal hulle versorg, en hulle sal nie meer bang of verskrik wees nie en hulle sal nie meer wegraak nie, sê die Here.”

Terwyl ons ons pastore en hul gesinne eer en waardeer, laat die gemeente ingelig word en bewus gemaak word van ‘n paar noodsaaklike elemente van pastorale welstand. Ek lig ses pastorale areas van welstand uit:

Geestelike welstand: ‘n Pastoor wat tyd spandeer om oor sy/haar geestelike lewe te besin en te verken.

Emosionele welstand: ‘n Pastoor wat ‘n gesonde emosionele lewe handhaaf.

Intellektuele welstand: ‘n Pastoor wat besig bly om nuwe dinge te leer, kreatiewe aktiwiteite te doen en intellektuele belangstellings te versterk.

Fisiese welstand: ‘n Pastoor wat ‘n gesonde leefstyl volg wat insluit liggaamlike oefening, ‘n gesonde en gebalanseerde dieet, genoeg slaap en gereelde mediese ondersoeke.

Sosiale welstand: ‘n Pastoor wat ‘n sterk sosiale netwerk het – wat ondersteuning en leiding bied.

Finansiële welstand: ‘n Pastoor wat stappe neem om binne sy/haar vermoë te leef en te beplan vir toekomstige finansiële gesondheid.

Ek wil jou aanmoedig om ook te verwys na twee waardevolle artikels oor pastorale welstand in die AGS soos geskryf en bygedra deur wyle Dr Vincent Atterbury – ‘n passievolle promotor van pastorale welstand. Ek vertrou dat die voorstelle en insigte wat in hierdie artikels na verwys word, weer tot seën vir jou en jou bediening sal wees:

Die Bybelse Mandaat vir Die Welstand van Pastore en Leiers in Die Kerk
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal/
(Argief: Pastorale Brief van die 3de Kwartaal 2018)

Pastorale Welstand: Die Volle Prentjie
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal/ 
(Argief: Pastorale Brief van die 4de Kwartaal 2018)

Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...