Nuusflits: Vrydag, 13 November 2020

Laai die PDF-Weergawe hier af (om maklik per e-pos aan te stuur of uit te druk):

AFM 13 NOV AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. Sluit aan by die AGS Welsyn se Sosiale Media:

https://www.facebook.com/AFMWELFARE/

https://www.instagram.com/afmwelfare/

2. AGS Welsyn R1-Veldtog

https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/

3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies 

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf

4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf

Mede-AGS Kollega,

1. AGS WELSYNSNAWEEK – 27,28 & 29 November 2020 


Die Nasionale Leierskap Forum (NLF) het ‘n AGS Welsynsnaweek goedgekeur as ‘n jaarlikse instelling – wat altyd op die laaste naweek van November-maand beplan sal word. Hierdie naweek sal amptelik bekend staan ​​as die AGS Welsynsnaweek. Dit sluit ‘n Welsyn Sondag in met die fokus op die aktiwiteite van die Welsynsdepartement en die opneem van ‘n offerhande ter ondersteuning van die genoemde departement. Die Welsynsnaweek bied ‘n geleentheid vir die kerk om gesamentlik betrokke te wees by welsynsaksies wat die lewens van mense in ons plaaslike gemeenskappe sal raak en verbeter.

Ons tema vir die 2020 AGS Welsynsnaweek is:

Raak betrokke – maak ‘n verskil in die lewens van kwesbare persone.

Gemeenskapsbetrokkenheid is een van die drywers van die One AFM Game Plan (Jesaja 58: 6-8; Matt. 10: 8; Matt. 25:35; Luk. 4:18; Luk. 14: 13-14; Jakobus 1:27). Die grootste motivering om ons gemeenskappe te seën is nie humanisties of filantropies nie, maar die liefde van God. God het sy Seun gestuur – nie so seer vir die kerk nie – maar vir die wêreld. Hy gebruik sy kerk om sy instrument te wees om die wêreld en ons gemeenskappe aan te raak.

Suid-Afrikaners staar ‘n verskeidenheid van sosiale uitdagings in die gesig, wat insluit: armoede, hoë werkloosheid, misdaad, gesinsverbrokkeling, ‘n swak onderwysstelsel, ongelykheid, MIV/Vigs, geweld en mishandeling van vroue en kinders asook dwelmgebruik en -misbruik. AGS Gemeentes word aangemoedig om betrokke te raak by die sosiale probleme en uitdagings van hul plaaslike gemeenskappe en aksies uit te voer wat ‘n verskil sal maak in die lewens van Suid-Afrikaners.


I
ndien jy meer wil weet oor Gemeenskapsbetrokkenheid as een van die drywers van ons One AFM Game Plan, besoek gerus die AGS webblad vir hulpbronne: https://afm-ags.org/community-involvement/

Die AGS Welsynsnaweek is ‘n geleentheid om AGS Lidmate te mobiliseer om prakties te raak oor gemeenskapsgerigte aksies en om Suid-Afrikaners te wys dat die AGS van SA ‘n kerk is met ‘n hart vir mense en God.

Ek wil ‘n beroep doen op alle AGS Gemeentes om aan die amptelike AGS Welsynsnaweek deel te neem deur:

1. Die laaste naweek in November-maand jaarliks ​​toe te wy aan die viering van ons AGS Welsynsnaweek – vanaf hierdie maand op 27-29 November 2020.

2. Gemeenteleiers en Lidmate toe te rus met kennis oor hoe lewens verander kan word deur Gemeenskapsbetrokkenheid, hoe om dit prakties te beplan asook te implementeer. Leer meer oor 5 verskillende strategieë vir sosiale ontwikkeling en voorbeelde van projekte.

Laai ‘n PowerPoint-aanbiedingshulpbron af:
https://afm-ags.org/category/events/

3. Oorweeg dit om jou Lidmate aan te moedig om deel te neem aan ‘n Welsynsbemagtigingsessie deur middel van ‘n werkswinkel of ‘n seminaar (met behulp van die PowerPoint-aanbieding wat in Punt 2 hierbo genoem word) en/of ‘n Gemeenskapsgerigte Uitreik tydens die AGS Welsynsnaweek. Gegewe die kort kennisgewing kan dit beplan word vir toekomstige Welsynsnaweke.

Voorbeelde van ‘n Gemeenskapsgerigte Uitreike:

  • Reël ‘n ontbyt vir ‘n groep ouer persone of persone met gestremdhede in jou gemeente en gemeenskappe wat jy bedien;
  • Bring nie-bederfbare kos en/of tweedehandse klere na die kerkdiens en deel dit uit aan behoeftige gesinne.
  • Of enige ander aksie wat kwesbare persone in jou Gemeente en onmiddellike gemeenskap sal bevoordeel.
  • Laastens, as jy reeds bestaande gemeenskapsgerigte projekte het, oorweeg om een van hierdie projekte of uitreike te beplan tydens die AGS Welsynsnaweek.
4. Oorweeg dit om op die Sondag ‘n preek met ‘n welsynsfokus aan te bied, en gebruik die Preek Fokus Punte as basis.

Laai die Preek Fokus Punte af vanaf die onderstaande skakel vir jou oorweging:
https://afm-ags.org/category/events/

5.Gebruik hierdie naweek om bewusmaking te kweek oor die werk wat gedoen word deur AGS Welsyn – die Welsynsdepartement van die kerk.

Laai ‘n elektroniese boekie vir Lidmate af (beskikbaar in Engels):
https://afm-ags.org/category/events/

6. Gebruik hierdie naweek om AGS Lidmate bewus te maak van huidige AGS-welsynsinstellings in spesifieke provinsies. Ek wil graag sien dat Lidmate meer bewus word van, en waar moontlik, betrokke is by AGS-welsynsprojekte of AGS-welsynsinstellings ondersteun wat nie binne ‘n Gemeente se geografiese gebied val nie.

Laai ‘n Lys af van alle AGS-welsynsinstellings:
https://afm-ags.org/category/events/

7. Die opneem van ‘n spesiale offerhande vir AGS Welsyn. Ek vra nederig dat die spesiale offerhande in AGS Welsyn se rekening gedeponeer word:

Banknaam: ABSA

Rekeningnaam: The Executive Welfare Council of the AFM of SA

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 01 05529 076 4

Tipe: Tjek

Verwysing: Die naam van die AGS Gemeente

Na die Welsynsnaweek wil ons jou aanmoedig om ‘n kort verslag oor jou Welsynsnaweek se aktiwiteite te skryf en jou Gemeente se Gemeenskapsbetrokkenheid te deel deur ‘n e-pos te stuur aan AGS Welsyn Kommunikasie: chantalle@afm-ags.org.

Ons Welsynsdepartement van die kerk, bekend as AGS Welsyn, sal die bediening bly waardeur gemeenskappe verander word om God se glorie te weerspieël – soos dit ook in die kerk se visiestelling saamgevat is:

Ons sien ‘n kerk wat toeganklik is vir alle mense, ‘n kerk waar ons ons eenheid en God-gegewe diversiteit vier, waar ons lidmate bemagtig word om gemeenskappe tot eer van God te versorg en te verander.

Laastens, wil ek jou daaraan herinner dat AGS Welsyn gereed is om jou Gemeente te ondersteun en toe te rus met die nodige kennis, programme en “know-how” om prakties betrokke te raak by welsynsaktiwiteite en projekte in jou omliggende gemeenskappe – en sodoende jou Gemeente by te staan in die praktiese implementering van die Gemeenskapsbetrokkenheid drywer. Kontak hulle en nooi hulle uit vir ‘n bemagtigingsessie in hierdie verband.

Mag jou Gemeente ‘n betekenisvolle en belangrike AGS Welsynsnaweek ervaar!

Seëninge!

MG Mahlobo

Spread the word...