Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Vrydag, 13 Mei 2022
HULPBRONNE
AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/
2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/
Pastorale Brief: 1ste Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastoral-letter-1st-quarter-2022/
AFM Seminary Application Form: 2de Semester 2022
https://afm-ags.org/category/media/
1. AGS VAN SA: 114DE VERJAARSDAG HERDENKING
(Woensdag, 25 Mei 2022)
Ons Geskiedenis
Die Apostoliese Geloofsending (AGS) is ‘n klassieke Pinksterkerk wat op 25 Mei 1908 vir die eerste keer met bediening in ‘n huursaal in die Johannesburgse voorstad, Doornfontein begin het. Na sy aankoms in Pretoria, geïnspireer deur die Azusa Street herlewing in Los Angeles in April 1906, het John G. Lake gevoel dat die Heilige Gees hom na Johannesburg gelei het. ‘n Sekere Mev. Goodenough het hulle ontmoet en genooi om in haar huis te bly. Sy het getuig dat die Heilige Gees haar na die treinstasie gestuur het om die sendelinge te ontmoet.
Verskeie faktore het gehelp om ‘n gunstige klimaat te skep vir die Pinksterbeweging wat vanaf 1908 deur Suid-Afrika versprei het. Daar was herlewings in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) in Suid-Afrika in 1860, 1874 en 1884. Dit is gekenmerk deur ‘n diepe oortuiging van sonde, gevolg deur bekering, vurige gebed en “ekstatiese” geestelike ervarings. Baie van die gelowiges wat die herlewing ervaar het, het uiteindelik ‘n geestelike tuiste in die Pinksterbeweging gevind. Die AGS was ook betrokke by die bystand en opheffing van arm mense.
Alhoewel die AGS van Suid-Afrika na vyf kontinente gegroei het, was sy aanvanklike veelrassige karakter van korte duur. Van 1944 tot 1992 was die kerk verdeeld in sogenaamde Wit-, Swart-, Bruin- en Indiërkerke. Die voormalige Swart-, Bruin- en Indiërkerke het die voortou geneem om te verenig en toe in 1996 het die AGS van SA sy rasseverdelings laat vaar en een verenigde, nie-rassige kerk geword. Die eenwording het die kerk gehelp om die ekumeniese wêreld te betree.
Die geloofsoortuigings van die AGS van SA word omvat in ons Geloofsbelydenis, wat gebaseer is op die antieke Apostoliese Geloofsbelydenis. Binne hierdie raamwerk word ‘n verskeidenheid bedieningsidentiteite en filosofieë omhels. Daar is vryheid en buigsaamheid wat die liturgiese praktyke in plaaslike AGS-kerke betref.
Gelukkige 114de verjaardag AGS!
Ons vier vanjaar ons 114de verjaardag met ‘n diepe dankbaarheid, nederigheid en erkenning van ons totale afhanklikheid van God. Ons glo dat die AGS ‘n blink toekoms en ‘n transformerende rol het om in die Suid-Afrikaanse samelewing en in die buiteland te speel.
2. AGS EMBLEEM DAG!
(Woensdag, 25 Mei 2022)
Op Woensdag, 25 Mei 2022 vier die kerk haar 114de verjaardag. Ons doen ‘n beroep op alle AGS Gemeentes, Pastore en Lidmate om deel te neem aan die vieringe deur die AGS-embleem op alle platforms sigbaar te maak. Dra, wys en deel die AGS-embleem op hierdie spesiale dag in ons kerk. Maak gebruik van sosiale media of enige iets anders waarop die AGS-embleem verskyn, bv. ‘n pen, ‘n notaboek, ‘n gholfhemp, ‘n pet, ‘n vlag, ‘n sambreel of ‘n AGS borsspeld.
Past. Selby Khumalo, ons Hoofsekretaris sal meer oor die AGS-Embleem Dag deel in ‘n videoboodskap wat op Woensdag, 18 Mei 2022 op alle AGS sosiale media platforms gepubliseer sal word.
Seëninge!
Henri Weideman