Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Week van VAS & GEBED (16-20 Januarie 2022)
JANUARIE
HULPBRONNE
Pastorale Brief: 4de Kwartaal 2022 – Nuut!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2022/
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
AGS Kollega,
1. WEEK VAN GEBED EN VAS: 16-20 JANUARIE 2023
Gebed is die grondslag van ons geloof as Pinkstergelowiges. Die geskiedenis toon duidelik dat alle geestelike verdieping, verfrissing of herlewing, in die konteks van gebed gebore is. As die leiers van die AGS in Suid-Afrika doen ons ‘n beroep op al ons Pastore, Gemeenteleiers en lidmate om ‘n doelbewuste poging aan te wend om ons tradisionele fokus op gebed gedurende Januarie-maand te laat herleef en energiek aan te wakker.
Hiermee rig ek ‘n dringende versoek dat jy jou Gemeente gedurende die week van 16 tot 20 Januarie 2023 in gebed en vas sal lei. Vyf kort videogrepe is nou beskikbaar op die AGS se YouTube kanaal:
KLIK HIER
Die videogrepe kan gebruik word as ‘n vertrekpunt tydens gebedsbyeenkomste, of dit kan per WhatsApp-kommunikasie aangestuur word. Die doel van die videogrepe is om leiding en bemagtiging beskikbaar te stel gedurende die vyf dae van Vas en Gebed. Die volgende onderwerpe word behandel:
BID: Wat en waarom.
BID: Doelgerig.
BID: Gereeld.
BID: Vurig.
BID: En vas.
Ons erken die feit dat ons Gemeentes in verskillende kontekste funksioneer en daarom wil ons nie voorskriftelik wees oor hoe jy hierdie week van gebed en vas moet struktureer nie. As die Nasionale Ampsdraers doen ons egter ‘n beroep op Gemeentes om aandag te gee aan hierdie belangrike saak en om ‘n manier te vind wat effektief in jou Gemeente se konteks sal werk.
Ons glo dat die belofte wat in 2 Kron 7:14 (NLV) gemaak is, vandag nog waar is: “Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.”
Vriendelike Groete!
Henri Weideman