Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. Vrouemaand Boodskap: Jacobeth Mahlobo
https://www.youtube.com/watch?v=mSUNlpFarfg&t=6s
2. Pastorale Brief: 2de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2021/
3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2021/05/Letter-to-the-SLRC-4-May-2021.pdf
4. PEPUDA Wysigingswetsontwerp: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/pepuda-amendment-bill-afm-response-june-2021/
AGS Kollega,
1. DIE BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA
Op 22 Augustus 2021 vier Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 201 jaar van suksesvolle bybelverspreiding in ons land. Die volgende AGS Pastore is gesekondeer en verteenwoordig die AGS van SA by die Bybelgenootskap: Past. George Thompson, Past. Bennie Francke, Past. Nimrod Kekana en Past. Theuns Louw. Die Bybelgenootskap se visie vir 2020/2021 is om 2 miljoen Bybels gratis te versprei.
Groot vordering is gemaak na hierdie doelwit ondanks verskeie nasionale rampbeperkings. Die Bybelgenootskap het die volgende doelwitte bereik: 799 216 volledige Bybels, 5 braille Bybels, 557 audio Bybels en 84 498 stelle geletterdheidsboeke spesifiek vir Graad 7 leerlinge. ‘n Groot getal AGS Gemeentes and Lidmate het van hierdie Bybels ontvang. Dit is moontlik gemaak deur bydraes van onder andere die Nasionale Leierskaps Forum (NLF) en van ons plaaslike AGS Gemeentes.
Ek vra dat jy saam met my sal bid vir die 2020/2021 visie. Ek wil ook vra, waar moontlik, om aan te hou om finansiële ondersteuning te verleen vir die werk van die Bybelgenootskap. Finansiële bydraes kan direk in die rekening van die Bybelgenootskap gemaak word:
Naam: Bible Society SA
Bank: Absa
Rekeningnommer: 260 220 748
Verw. AFM/AGS en Naam van Gemeente
2. DIE myAFM TOEP: BINNEKORT BESKIKBAAR!
As kerk het ons toegang tot tegnologie wat ons in staat stel om meer lewens te bereik en gelowiges te bemagtig vir ‘n daaglikse missionale lewenstyl. Die myAFM toep is ‘n platform vir alles wat AGS is, op een plek. Die toep sal intekenare toelaat om preke te kyk, toegang te verkry tot verskillende Bybelvertalings, ‘n weeklikse dagstukkie te lees, inligting te ontvang oor AGS-gebeure en ander regstreekse kennisgewings of boodskappe. Intekenare sal geestelik gevoed en bemagtig word om agente van verandering binne hul plaaslike gemeenskappe te wees.
Ons het positiewe terugvoer ontvang, sowel as vrae rakende die toep. Ons wil die geleentheid hier gebruik om meer inligting te verskaf:
- Die myAFM toep is ‘n mobiele toepassing wat inligting direk in die hande van die verbruiker plaas. Alhoewel dit ‘n platform is wat bestaande AGS-inhoud sentraliseer, sal dit ook inhoud bevat wat uniek is tot die myAFM toep.
- Die myAFM toep word bekendgestel deur gebruik te maak van bestaande AGS-inhoud. Die visie is egter om die toep van hieraf te laat groei en te ontwikkel om meer unieke inhoud in die toekoms te bevat. Die toep sal ontwikkel uit wat ons tans het, en bevat ‘n aantal praktiese en waardevolle toepassings.
- Tegnies is daar nie iets soos ‘n “gratis” mobiele toep nie. Daar is altyd ‘n koste verbonde wat deur iemand gedek moet word. In meeste gevalle word die koste gedek deur advertensie inkomste. Die nadeel van hierdie model is dat belangstellende adverteerders nie altyd die waardes van die kerk deel nie. Om hierdie risiko te vermy, het ons besluit op ‘n model waar die AGS van SA die koste sal dra. Die implikasie hiervan is dat elke vrywillige intekenaar R12 per maand uit hul lugtyd bydra. As kerk is ons oop oor ons besluit en model – in baie gevalle dink intekenare van ‘n toep dat dit “gratis” is sonder om te weet dat lugtyd wel gereeld afgetrek word.
- Die R12 per maand sal gebruik word om koste te dek wat verband hou met: (i) Diensteverskaffers soos MTN/Vodacom, Apple en Android, (ii) Diensteverskaffers vir die “hosting” van die toep inhoud, (iii) Die tegniese ontwikkeling van die toep, insluitend instandhouding en nuwe funksies (veral omdat dit die kerk se eie toep is en nie deur ‘n ander groot maatskappy besit word nie), (iv) ‘n Professionele kommunikasie-persoon vir die opstel en bestuur van ‘n inhoudstrategie vir die toep en (v) ‘n Persentasie van die potensiële inkomste sal deur die kerk gebruik word om verdienstelike projekte en programme te subsidieer.
Vir verdere vrae, moet asseblief nie huiwer om ‘n e-pos navraag aan ons te stuur nie:
henri@afm-ags.org (Hoofsekretaris van die AGS van SA)
chantalle@afm-ags.org (AGS Kommunikasie)
3. MIL (MINISTRY INTEGRATED LEARNING): KENNISGEWING
Ek herinner jou graag aan die her-geskeduleerde datums vir die MIL Werkswinkels in Pretoria, Amanzimtoti en Bellville. Nuwe datums moes geïdentifiseer word om aan te pas by beperkings op byeenkomste. Skryf gerus die nuwe datums as volg neer:
3de Werkswinkel 2021
Pretoria: 30 Augustus – 1 September
Amanzimtoti: 13 September – 15 September
Bellville: 20 September – 22 September
4de Werkswinkel 2021
Pretoria: 1 November – 3 November
Amanzimtoti: 8 November – 10 November
Bellville: 15 November – 17 November
Let ook daarop dat MIL-aansoekvorms vir 2022 nou beskikbaar is vanaf die MIL-webwerf. Die sluitingsdatum vir aansoeke is verleng tot en met 15 September 2021:
Vir verdere ondersteuning, moet asseblief nie huiwer om die Nasionale MIL Koördineerder te kontak nie:
Dr Christo van den Berg
Seën!
MG Mahlobo