Nuusflits: Vrydag, 12 Junie 2020

12 JUNIE AFR 2020

AGS Kollega,

VOLDOEN AAN DIE REGULASIES VAN COVID-19

Sommige van ons gemeentes het vir die eerste keer, sedert die aanvang van die nasionale inperking op 26 Maart 2020, verlede Sondag bymekaar gekom. Sommige gemeentes het die hervatting van Sondag-dienste uitgestel totdat hulle in staat is om aan al die veiligheidsregulasies van Covid-19 te voldoen. Ek het in my vorige kommunikasie genoem dat die nakoming van Covid-19-regulasies nie onderhandelbaar is nie. Alle presiderende Pastore moet toesien dat hulle die regulasies vir byeenkomste volgens inperkings Vlak 3 nakom. Ek is ingelig dat die wetstoepassings agentskappe sommige kerke besoek het om nakoming van die regulasies te verseker. Enige gemeente kan sonder waarskuwing besoek word.

Maak asseblief seker dat jy wel in besit is van die AGS se riglyne vir byeenkomste gedurende Vlak 3. Hierdie riglyne kan weer hier afgelaai word:

Guidelines for Church Meetings during the Covid-19 Pandemic

Stilte Voor Die Storm

Die verspreidingstempo van Covid-19 het ons lewens ontwrig op maniere wat ons nog nooit van te vore, sedert die Spaanse griep van 1918, ervaar het nie. Die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika is op 5 Maart 2020 aangemeld. Ons het nou al meer as 50,000 duisend infeksies en meer as 1,000 mense wat hulle lewens verloor het. Daar word beweer dat Suid-Afrika teen Julie sy Covid-19-hoogtepunt sal bereik. Die bewering is ook dat 1,2 miljoen mense besmet sal wees en dat die dodetal teen November op sy hoogste sal wees (40,000).

Veldtog Om Die Infeksiesyfer Te Verlaag

Die kerk moet deel wees van die veldtog om die infeksiekoers te verlaag. Ek doen ‘n beroep op alle AGS-Pastore om seker te maak dat ons die volgende boodskappe gereeld aan almal oordra:

• Dra ‘n masker as jy jou huis verlaat.

• Hou fisiese afstand.

• Geen handdrukke of drukkies nie.

• Was hande deeglik met seep en water vir ten minste 20 sekondes.

• Moenie aan jou gesig met ongewaste hande raak nie.

• Maak jou selfoon skoon met ‘n lappie en warm seepwater/ontsmettingsmiddel.

Gedragsverandering 

In baie gevalle kom ons op mense af wat nie die bogenoemde veiligheidsmaatreëls in ag neem nie. Ons moet ons broers en susters dus aanmoedig om daaraan te voldoen. Deur dit te doen, sal ons die soort deernis wat Jesus in Matteus 9:36 getoon het navolg, “Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry…”

Kerk-Hulpbronne Vir Covid-19

Ek wil alle Pastore aanmoedig om hierdie webwerf te besoek: https://www.churchinaction.org.za. Dit is die webwerf wat deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en Heartlines geskep is om aan kerke hulpbronne te bied in die stryd teen Covid-19. Dit is ‘n webblad wat kerke bemagtig en toerus met nuttige inligting in die stryd teen Covid-19. Hierdie inligting is ook beskikbaar in die 11 amptelike tale van Suid-Afrika.

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...