Laai die Nuusflits af in PDF-weergawe (om maklik te stuur per e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/
3. AGS van SA Nasionale Kalender:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/
AGS Kollega,
Ek nooi jou uit om 1 Petrus 5:7 (AFR83) saam met my te lees: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” Almal van ons gaan deur oomblikke van angs – ‘n gevoel van kommer, senuweeagtigheid of ongemak oor iets met ‘n onsekere uitkoms. Laat ons onself gedurig herinner dat ons God kan vertrou met alle bekommernisse and spanning wat ons moontlik in die gesig staar.
Jesus het ook hieroor in Matteus 6:34 gepraat, waar Hy ons daaraan herinner om nie besorg te wees oor die dag van môre nie, want dit sal sy eie bekommernisse bring. In plaas daarvan kan ons al ons bekommernisse op God werp, want Hy sorg vir ons. Ek wil jou aanmoedig om God te nader as jy voel dat jou situasie ondraaglik is. Laat ons vertroue behou in ons geloof, wetende dat GOD vir ons sorg.
Vroeër die week het ek hierdie bemoedigende woord gedeel in ‘n video-boodskap wat op al die AGS se sosiale media-platforms geplaas was – ek deel dit ook hier:
Die Nasionale Ampsdraers (NOB) het my versoek om ‘n voorstel te maak oor hoe die kerk empatie en sorg kan betoon aan die families van Pastore wat oorlede is. Daar is gevalle waar kerkstrukture nie die nodige empatie en sorg verleen nie. Dit laat die bedroefde familielede met ‘n negatiewe persepsie van die kerk op hierdie spesifieke area.
Wanneer ‘n Pastoor sterf gaan sy/haar gesin deur ‘n traumatiese tydperk van verlies, hartseer en rou. Dit is ook so as ‘n eggenoot van ‘n Pastoor aan die dood afgestaan word.
Ek is tans besig met ‘n dokument in hierdie verband wat nog deur die NOB oorweeg moet word. Ek wil graag jou insette vra oor die rol wat die plaaslike Gemeente, die Streekskomitee en die Nasionale Leierskapsforum (NLF) moet inneem met die betoning van medelye, die begrafnisprogram asook die sorg aan die bedroefde familielede wat moet plaasvind na die begrafnis. Ek sal ook enige ander insette waardeer wat ek nie hierbo genoem het nie. Stuur gerus ‘n e-pos na mmahlobo@afm-ags.org met jou insette.
Die voorlopige GBM-datum van 14-18 Maart 2021 sal nie realiseer nie. Spesifieke datums kan nie op hierdie stadium bevestig word nie, maar sal so spoedig moontlik gekommunikeer word en hang af van Covid-19-verwikkelinge.
Afgevaardigdes is welkom om te registreer. Die GBM sal nog steeds aangebied word by die Woord en Lewe Kerk in Boksburg. Registrasie vir die geleentheid (alhoewel ‘n spesifieke datum nie bevestig kan word nie) kan aanlyn gedoen word:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
Seëninge!
MG Mahlobo