Nuusflits: Vrydag, 12 Augustus

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 12 Augustus 2022

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/

2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/

2022 GBM & Konferensie: Aanlyn Registrasie – Voorkeurmetode!
Gebruikersnaam: Afm | Wagwoord: Ags12345%
https://www.afm-gbm.co.za

AGS Kollega,

1. VROUEMAAND

In Suid-Afrika herdenk ons Vrouemaand in Augustus as ‘n erkenning en herinnering aan die meer as 20 000 vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou opgeruk het om te protesteer teen die uitbreiding van Paswette na vroue. Vrouemaand is ook ‘n viering van die rol wat vroue speel in ons alledaagse lewe in die kerk en in die samelewing in die algemeen.

Vrouemaand is ‘n tyd om na te dink oor die bydrae en moed van vroue oor baie geslagte en om hul dapperheid en aksies wat gelei het to die geleenthede en vryhede wat ons almal vandag geniet, te vier. Die Bybel vertel die lewensverhale van verskeie dapper en wyse vroue, wat in hulle tyd deur God as beïnvloeders en leiers gebruik is.

Ons dink aan vroue soos koningin Ester wat groot moed aan die dag gelê het om die Persiese koning te vertel van ‘n komplot om hom te vermoor, en later ook oor ‘n plan om al die Jode in Persië dood te maak. Met die krag van gebed en dapperheid het sy haar mense gered.

Ons lees van Debora, een van die Rigters van Israel wat die Israeliete tot ‘n magtige oorwinning oor hulle Kanaänitiese verdrukkers geïnspireer het. Sy staan bekend as die bevelvoerder wie se leër van 10 000 Israeliete van die heuwels afgestorm het, met die Kanaänitiese generaal Sisera en sy negehonderd ysterwaens gebots het, en hom persoonlik om die lewe gebring het. Debora was ook ‘n vrou van onderskeidingsvermoë, groot wysheid en openbaring: Rigters 4:5 (AFR 83) sê: “Sy het altyd onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-El gesit, en die Israeliete het daarheen gekom sodat sy hulle geskille kon bylê. “

Spreuke 31 praat van ‘n vrou met edele karakter wie se waarde veel meer is as robyne. Vers 26-30 sê: “As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie. Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar: “Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!” Uiterlike skoonheid hou nie,’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.”

As die AGS van SA eer en vier ons al die vroue in ons lewens: Ons moeders, vroue, dogters en al die pastore wat vroue en leiers in ons kerk is – nie net gedurende Augustusmaand nie, maar altyd.  Ons dank die Here vir julle en bid dat Hy julle sal lei om Sy doel vir julle lewens te vervul.

2. ‘N UITNODIGING OM TE REGISTREER: DRINGEND

Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng.  Na 31 Julie 2022, beloop die laat registrasie fooi R400.00 per persoon. Die registrasieproses maak voorsiening vir twee opsies: aanlyn- en gewone registrasies. Afgevaardigdes wat die 2022 GBM bywoon, word aangemoedig om so vroeg as moontlik te registreer om sodoende enige ongerief te vermy wat gepaard gaan met laat registrasies.

Verwys na die onderstaande skakel om die volgende algemene inligting af te laai:

https://afm-ags.org/category/events/

a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)

AANLYN REGISTRASIE – Voorkeurmetode

Die aanlyn registrasie- en betalingstelsels is in werking. Volg gerus die skakel hieronder om die aanlyn registrasieproses te begin –  maak asseblief seker dat alle inligting wat verskaf word korrek is: www.afm-gbm.co.za

Neem asseblief kennis:

  • Nadat die self-registrasieproses voltooi is, word ‘n e-pos met ‘n QR-kode gestuur na die e-posadres wat jy tydens die registrasieproses verskaf het.
  • Maak asseblief seker dat hierdie e-pos nie per ongeluk in jou “spam/junk folder” beland het nie.
  • Stel ons in kennis as jy nie hierdie bevestigings e-pos ontvang nie.
  • Ons het ook ‘n registrasie verifikasie opsie vir jou bygevoeg om te verseker dat jou registrasie suksesvol is. Volg die opsie “Check Registration” en sleutel jou ID-nommer in om te verifieer. Alle registrasies moet teen 9 September geverifieer wees.

GEWONE REGISTRASIE – Word nog steeds aanvaar
Laai die registrasievorm hieronder af –
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2022/06/2022-GBM-Annexure-B.pdf en stuur terug na afmgbm2022@afm-ags.org.

3. AGS SKRYFBEHOEFTES: BESTELLINGS

(MOET BY GBM & KONFERENSIE AFGEHAAL WORD)

Gemeentes word aangemoedig om skryfbehoeftes vooraf te bestel sodat dit saam na die 2022 GBM en Konferensie in September geneem kan word. Sodoende kan die Nasionale Kantoor verseker dat genoeg voorraad beskikbaar is. Voltooi asseblief die aangehegte vorm (https://afm-ags.org/leading-the-afm/order-resources/) en stuur terug na:
frans@afm-ags.org

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...