Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):
AGS Nuusflits Vrydag 11 Februarie 2022
HULPBRONNE
1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/
2. Nasionale Kinderbediening: 2022 GBM Kennisgewing, Registrasie & Ondersteunende Bylaes (Dringend!)
https://afm-ags.org/national-childrens-ministry-resources/
3. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/
AGS Kollega,
1. SPESIFIEKE EN VOLGEHOUE GEBED VIR SUID-AFRIKA
Ek is bewus van verskeie kommerwekkende sake rakende die veiligheid, stabiliteit en toekomstige groei van ons geliefde land Suid-Afrika. Ek doen ‘n beroep op ál ons Pastore om die toekoms van Suid-Afrika ‘n fokus van ernstige en volgehoue gebed te maak – beide in jou persoonlike lewe, sowel as in die gebede van jou plaaslike gemeente. Dit geld veral vir ons nasionale politieke en ekonomiese konteks asook nasionale veiligheid en sekuriteit.
Dit gaan nie oor enige politieke partyfilosofie of -agenda nie, maar oor die toekomstige groei en stabiliteit van ons land. Ongeag ons politieke oortuigings wil ons almal dieselfde dinge hê: Goeie bestuur, werk, basiese dienste en veiligheid. As ‘n kerk en as Christene moet ons op elke platform praat oor ons verwagtinge van ‘n land wat met integriteit, eerlikheid en in die beste belang van al haar mense regeer word. Ons moet teen enige vorm van korrupsie optree en bid vir die vrede en voorspoed van Suid-Afrika.
Ek eggo die woorde van Paulus in 1 Timoteus 2:1-2 (AFR83) waar hy gesê het: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”
2. BEMAGTIGING VAN STREEKLEIERS
Gedurende die week van 7 Februarie 2022 het die Nasionale Ampsdraers begin met die jaarlikse bemagtiging van ons Streeks- en Departementele leiers. Ons sal dit onderskeidelik in Gauteng, Kaapstad en Durban doen. Die President en Visepresident sal met die Streeks- en Departementele leiers gesels oor “Leierskap in Onsekere Tye”. Die Hoofsekretaris en Hooftesourier sal tyd spandeer met Streeksekretarisse, Administrateurs en Tesouriers oor belangrike aangeleenthede rakende hul verantwoordelikhede op Streek- en plaaslike gemeentevlak.
Ons vertrou dat die kwessies wat aangespreek word en die materiaal wat beskikbaar gestel word, ook deur die Streeks Ampsdraers en -komitees gebruik sal word om die pastore en verteenwoordigers van die Bestuursliggaam in hul onderskeie streke te bemagtig. Die doel is om ons streeks- en plaaslike strukture toe te rus en in staat te stel om met bevoegdheid en integriteit te lei, terwyl die getuienis en goeie naam van die AGS gehandhaaf word.
3. 2022 NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE
Ons sien daarna uit om weer persoonlik met ons Pastore, Kerkrade, Departemente, die Jeug en verteenwoordigers van Gemeentes te kan ontmoet tydens die NOB Bemagtigings Besoeke aan ons streke. Hierdie jaar gesels ons oor die tema van Rentmeesterskap, wat deel van ons almal as gelowiges en dienaars van God se roeping, uitmaak. Rentmeesterskap is ook ‘n belangrike deel van ons Missionale Strategie onder die fokus area van Goeie Bestuur (Governance).
As die Here wil, sal ons by die volgende plekke op die volgende oorblywende datums wees:
18-19 Februarie: KwaZulu-Natal (Amanzimtoti).
04-05 Maart: Limpopo (AGS Taberna Dei Moedergemeente) & Mpumalanga (Communio Nelspruit).
08-09 April: Gauteng (AGS Herlewingsentrum, Pretoria) & Noordwes (AGS Oase, Klerksdorp).
20-21 Mei: Noord-Kaap (AGS Rehobot, Upington) & Oos-Kaap (Gees en Lewe, Oos-Londen).
Pastore, neem asseblief kennis dat die 2022 PCD Register en -Raamwerk aan al die Streek-PCD- Koördineerders gestuur is. Maak asseblief seker dat jy ‘n afskrif daarvan kry. Ongelukkig ondervind ons probleme om dit op die PCD-webwerf te laai – as ‘n tydelike oplossing het ons ‘n skakel geskep op die AGS-webblad:
https://afm-ags.org/category/media/
Vriendelike Groete
Henri Weideman
