Nuusflits: Vrydag, 11 Desember 2020

Laai die Nuusflits af in PDF-formaat (om maklik te e-pos of uit te druk):

11 DES AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/

3. AGS van SA Nasionale Kalender:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

4. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies: 
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf

5. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies:
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf

1. TWEEDE GOLF VAN COVID-19 INFEKSIES

Die Minister van Gesondheid, Dr Z. Mkhize, het gesê dat Suid-Afrika die tweede golf van Covid-19 infeksies betree het. Hy het ook genoem dat die ouderdomsinfeksies ‘n ander patroon toon as die norm. Die ouderdomsgroep 15-19 jaar het die hoogste aantal infeksies die afgelope paar dae getoon.

Baie mense wat ek raakloop dra nie maskers nie. Ons moet ons broers en susters aanmoedig om aan die hygeniese veiligheidsmaatreëls te voldoen – veral met Kersfees en die Nuwejaar. Laat ons byeenkomste vermy waar mense nie die koronavirus veiligheidsmaatreëls nakom nie.

Die AGS Kerk moet ‘n aktiewe rol speel om die infeksiesyfer te verlaag. Ek doen ‘n beroep op alle AGS pastore om toe te sien dat ons op ‘n  gereelde basis die volgende boodskappe aan almal meedeel:

  • Dra ‘n masker wanneer jy uitgaan.
  • Hou fisiese afstand.
  • Geen handdrukke of drukkies nie.
  • Was jou hande deeglik met seep en water vir minstens 20 sekondes.
  • Moenie aan jou gesig raak met ongewaste hande nie.

2. AGS VAN SA NASIONALE KANTOOR: KENNISGEWING

Ons het aan die einde van ‘n baie uitdagende 2020 gekom. Vir ‘n kort tydjie moes ons selfs van die huis af werk in ‘n poging om steeds ons normale dienste aan die lidmate en strukture van ons kerk te lewer. Jou samewerking en begrip in hierdie verband word baie waardeer. Ons sal altyd daarna streef om die beste diens te lewer. Nou is dit tyd vir ‘n welverdiende ruskans.

Ek wil al ons lidmate, leiers en amptenare van die kerk ‘n veilige, vrolike en wonderlike Kersfees toewens en mag God ons ryklik seën met ‘n voorspoedige 2021.

Die nasionale kantoor sluit op Vrydag, 11 Desember 2020 en heropen weer op Dinsdag, 5 Januarie, 2021. In geval van nood kontak asseblief:

Desmond Alie: 079 864 3009 OF
Dr. H.J. Weideman: 083 282 8432

Desmond Alie
(Algemene Bestuurder: AGS van SA Nasionale Kantoor)

3. OMSENDBRIEF: KENNISGEWING

Neem asseblief kennis van die jongste omsendbrief van 20 November 2020. Hierdie omsendbrief handel oor drie sake:

  • Voorgestelde wysigings aan die beleid van die “Department of Education and Training”.
  • Nasionale kantoor sluit vir die jaar.
  • ‘n Versoek om die datums van aktiwiteite en gebeure te eerbiedig volgens die amptelike 2021 AGS van SA kalender.

Die omsendbrief kan afgelaai word vanaf die onderstaande skakel:
https://afm-ags.org/category/media/

Seëninge!
MG Mahlobo

Spread the word...