Nuusflits: Vrydag, 10 September 2021

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos aan te stuur of uit te druk):

AGS Nuusflits, 10 September 2021 PDF-Weergawe

HULPBRONNE:

1. Bybel Sondag: 12 September 2021

https://youtu.be/E7E5Rn57YvQ

2. Pastorale Brief: 2de Kwartaal 

https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2021/
(Pastorale Brief vir die 3de Kwartaal binnekort beskikbaar)

3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2021/05/Letter-to-the-SLRC-4-May-2021.pdf 

4. PEPUDA Wysigingswetsontwerp: AGS Terugvoer

https://afm-ags.org/pepuda-amendment-bill-afm-response-june-2021/ 

AGS Kollega,

1. BYBEL SONDAG IN DIE AGS: 12 SEPTEMBER 2021

Eerskomende Sondag vier ons Bybel Sondag in ons plaaslike AGS Gemeentes. Ek het Past. George Thompson, een van ons AGS-verteenwoordigers by die Bybelgenootskap, versoek om ‘n kort video boodskap met ons te deel rakende die werk van die Bybelgenootskap van Suid -Afrika:

Ek vra dat jy saam met my sal bid vir die 2020/2021 visie. Ek wil ook vra, waar moontlik, om aan te hou om finansiële ondersteuning te verleen vir die werk van die Bybelgenootskap. Finansiële bydraes kan direk in die rekening van die Bybelgenootskap gemaak word:

Naam: Bible Society SA

Bank: Absa

Rekeningnommer: 260 220 748

Verw. AFM/AGS en Naam van Gemeente

2. PCD (Pastor’s Continuous Development): KENNISGEWING

In die lig van die Covid-19-pandemie is ‘n besluit geneem om die vereiste PCD-krediete vir die 2021 jaar na 25 te verminder in plaas van 50. Pastore word aangemoedig om boekresensies aan te stuur so gou as wat hulle klaar is, maar nie later as 20 November 2021 nie. Boekresensies wat gedurende Desember ingedien word, sal ongelukkig nie aanvaar word nie. Moet asseblief nie wag tot die einde van die jaar om jou boekresensie in te dien nie.

Vir gereelde PCD-opdaterings volg:

https://www.facebook.com/pcd.afm

https://www.pcdafm.co.za/

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...