Nuusflits: Vrydag, 10 November 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_10 NOV_2023

HULPBRONNE

AGS van SA Kalender 2024 – Opgedateer
(Nuwe Opdatering: NCM GBM – 7 September):
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Omsendbrief: AGS Welsyn Naweek
https://afm-ags.org/category/media/

Liewe Kollega,

Ons rig graag jou aandag op die komende AGS Welsyn Naweek wat in plaaslike AGS Gemeentes gevier word. Verder deel ons ook ‘n opsomming van die AGS Nasionale Kantoorpersoneel en hul administratiewe rolle – soos ontvang van die kantoor van die Hoofsekretaris, Past. Selby Khumalo. Ek vertrou dat hierdie inligting nuttig sal wees.

1. AGS WELSYN NAWEEK : 24-26 NOVEMBER 2023

Beplanning is aan die gang vir die 2023 AGS Welsyn Naweek wat geskeduleer is vir Vrydag, 24 November tot Sondag, 26 November. Vanjaar se tema is:

“Church in Community and Community in Church!”

Die AGS Welsyn Naweek is ‘n unieke geleentheid vir AGS Gemeentes om lig te werp op die belangrikheid van “Gemeenskapsbetrokkenheid” as een van die dryfvere van die AGS se missionêre plan. Ons sê nie dat uitreike na ons gemeenskappe eers of slegs oor hierdie spesifieke naweek moet plaasvind nie – maar ons sê dat dit ‘n geleentheid is om ‘n uitsluitlike fokus op hierdie belangrike drywer van missionaliteit te skep. Om uit te reik na ons gemeenskappe met die liefde van God is die kern van missionaliteit.

Vanjaar daag ons AGS Gemeentes uit om die volgende 4 aksies uit te voer:

    • Bring hulle in! Nooi en dien jou gemeenskap binne die mure van die kerk.
    • Gaan uit! Reik uit en dien jou gemeenskap buite die mure van die kerk.
    • Aanbid en verkondig Sondag ’n welsynsgerigte boodskap – ons voorgestelde geestelike tema vir Sondag is: “Verbind ons geloof met ons aksies.”
    • Neem ‘n Sondag-offerande vir die AGS Welsyn op.

Ons versoek nederig dat ‘n offerande vir AGS Welsyn opgeneem word en in die volgende rekening gedeponeer word:

The Executive Welfare Council of the AFM of SA
ABSA (Centurion)
Takkode # 632005
Rekening # 0105 5290 764
Tipe: Cheque

Gebruik asseblief jou AGS Gemeente se naam as verwysing – die AGS Welsyn wil graag die geleentheid hê om jou Gemeente te bedank vir die ondersteuning en bydrae. Ons moedig jou graag aan om vir ons fotos en videogrepe van jou Welsyn Naweek te stuur sodat ons dit kan deel op die AGS Welsyn se sosiale media platforms. Met hierdie inhoud hoop ons om verdere bewusmaking te skep van die AGS Welsyn Naweek en ander AGS Gemeentes te inspireer om dieselfde te doen: info@afmwelfare.org.za.

Ons is ‘n kerk met ‘n hart vir God, mense en die gemeenskappe waarin ons leef. Dit herinner ons sterk aan ons AGS-visiestelling: “We see a church accessible to all people, celebrating our unity and God-given diversity, empowering our members for caring and changing communities to the glory of God.”

2. AGS NASIONALE KANTOOR: ADMINISTRATIEWE PERSONEEL

Die AGS Nasionale Kantoor (in Gauteng) is die trotse tuiste van ‘n diverse en dinamiese span personeellede onder leiding en leierskap van die Nasionale Ampsdraers. Ons waardeer die werk wat hulle daagliks doen om ons streke, netwerke en departemente te ondersteun. Personeellede neem verantwoordelikheid vir spesifieke administratiewe prosesse – wat hieronder aangedui word.

Hierdie inligting is ook beskikbaar op ons webwerf vanaf die “Contact Us”-bladsy:

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...