Laai die PDF weergawe hier af:
Mede-kollega,
Weet dat jy altyd in ons gebede is in hierdie moeilike tyd. Dankie dat jy getrou bly in jou roeping. Jy sal werklik beloon word.
In hierdie Nuusflits fokus ons op die 2020 GBM. Dit is onduidelik of ons in staat sal wees om die 2020 GBM te hou soos geskeduleer weens die koronavirus-pandemie. Die Nasionale Leierskapforum (NLF) sal hierdie aangeleentheid bespreek en besluit hoe ons sal voortgaan. Dit hang egter baie af van verdere ontwikkelinge wat die met die virus verband hou. Ek bedank jou vir jou begrip en geduld. Ek het ook inligting oor MIL (Ministry Integrated Learning) registrasies vir 2021 vir jou aandag ingesluit. Ons moet almal iets doen om die plaag van geweld teen die vroue en kinders van ons land aan te pak – ek deel ook relevante inligting in hierdie verband.
1. AGS OMSENDBRIEWE VIR JOU AANDAG
DATUM: WOENSDAG 24 JUNIE 2020
In hierdie omsendbrief is die volgende aspekte ingesluit:
- Die gepromulgeerde wysigings aan Bylaag 11 van die Grondwet van die AGS van SA – ten opsigte van “Administration of Justice” in die kerk.
- Die goedgekeurde beleid vir Gemeenteleiers (“Assembly Leaders”)
- Die goedgekeurde gewysigde beleid van die Nasionale Kinderbediening.
- Die goedgekeurde gewysigde grondwet van die Uitvoerende Welsynsraad.
- ‘n Uitnodiging na die 2020 GBM.
Gebruik gerus die onderstaande skakel om aanlyn vir die GBM 2020 te registreer:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
Om die omsendbrief en alle toepaslike aanhangsels af te laai, klik op die onderstaande skakel:
https://afm-ags.org/category/media/
DATUM DINSDAG, 7 JULIE 2020
In hierdie omsendbrief word AGS Pastore uitgenooi om deel te neem aan ‘n opname oor die status en uitdagings van dissipelskap. Die vraelys is aanlyn beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:
https://www.surveymonkey.com/r/K27L3WN
Om die omsendbrief en alle toepaslike aanhangsels af te laai, klik op die onderstaande skakel:
https://afm-ags.org/category/media/
2. MIL AANSOEKE: 2021
Aansoekvorms vir die 2021 MIL-program is nou beskikbaar by: www.milafm.co.za. Die sperdatum is 15 Augustus 2020 maar kan verleng word vanweë die praktiese implikasies met betrekking tot die huidige nasionale inperking. Let daarop dat aansoeke weens die sluitingsdatum per e-pos na mil@afm-ags.org gestuur moet word en nie per landpos gepos word nie. Vir enige navrae skakel die MIL-koördineerder,
Dr. Christo van den Berg by 082 086 6269, of e-pos na bogenoemde e-pos adres.
3. (NUUT) AGS-BLOG: ARTIKELS OOR GBV & GEWELD TEEN- EN MISBRUIK VAN KINDERS
Ons hoor byna daagliks van gewelddadige sterftes van vroue en kinders en ons almal wonder watter soort persoon sulke gruwelike dade kan doen. Ons besef dat daar praktiese bronne vir pastore en ander kerkleiers nodig is om hulle te voorsien van inligting (insluitend die beleid en wetlike raamwerk) oor geweld teen en mishandeling van vroue en kinders – ook praktiese riglyne wat uiteensit wat om te doen wanneer hulle gekonfronteer word met hierdie groot uitdaging in hul gemeentes en die gemeenskappe wat hulle bedien.
Let daarop dat artikels oor die onderwerp weekliks op die AGS-webwerf gedeel word. Ons vertrou dat jy die inligting nuttig, insiggewend en prakties sal vind:
https://afm-ags.org/category/articles/
SLOT
Ek wil graag jou terugvoering ontvang oor bogenoemde aangeleenthede en oor hoe Covid-19 jou bediening beïnvloed. Stuur jou e-pos aan : mmahlobo@afm-ags.org.
Seën!
MG Mahlobo