Nuusflits: Vrydag, 10 Augustus

 10 August AFR 2018

Liewe Kollega,

1.  AGS ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM) EN NASIONALE KONFERENSIE 2018

Die 2018 AGS Algemene Besigheidsvergadering (GBM) is geskeduleer vir 10-13 September 2018 te Woord-en-Lewe in Boksburg (Gauteng). Die Nasionale Konferensie begin al egter die Sondagaand, 9 September 2018 en sluit af op Woensdagaand, 12 September 2018.

Ons will alle pastore aanmoedig om te registreer en vroegtydig te betaal om onnodige administrasie te voorkom by die GBM. Vermy om in lang rye te staan en verseker dat jou registrasie ondervinding positief is. Alle inligting rondom registrasies is beskikbaar op die AGS webblad:
http://afm-ags.org/category/events/

Neem ook kennis dat registrasies aanlyn gedoen kan word:
http://afm.easychurch.co.za/?page_id=253

Daar is belangrike wysigings aan die konstitusie ( of “constitutional amendments”) wat bespreek gaan word vir goedkeuring deur die 2018 GBM.  Hierdie wysigings gaan ‘n beduidende impak hê op die verkiesing van Ampsdraers in 2020. Die wysigings handel oor die ondervinding wat benodig word van diegene wat verkies word om die kerk op ‘n streeks en nasionale vlak te lei, oorgangsmeganismes vir die na-verkiesings tydperk, oriëntasie van nuut verkiesde Ampsdraers en hul kern verantwoordelikhede.  Jou bywoning en deelname sal bydra tot hierdie besprekings en besluite wat geneem moet word.

Sondagaand (09.09.2018) sal daar ‘n spesiale diens wees om die 110de Verjaarsdag van die AGS van SA te vier.  Spesiale gaste van ander kerk organisasies is genooi om hierdie spesifieke diens by te woon.  Jy kan nie bekostig om dit te mis nie!  Verder het ons spesiale “PCD” sessies wat voordelig sal wees vir beide pastore en lidmate van die kerk.

Ek moedig alle pastore, gemeenteleiers en lidmate van die kerk aan om hierdie belangrike geleentheid by te woon.  Ek sien daarna uit om jou te ontmoet by die 2018 GBM in Boksburg!

2.  HUWELIKSBEAMPTES: STUDIE ONDERSTEUNING

Ons het opgemerk dat ‘n groot getal van ons pastore wat poog om as Huweliksbeampte aangestel te word, hulle Binnelandse Sake toets faal.  Om bystand te verleen aan hierdie applikante het die kerk se “Education & Training Department” ‘n oefen toets opgestel vir die applikante ter voorbereiding. Ons stel voor dat ons pastore hierdie toets aflê voordat hulle die werklike Binnelandse Sake toets skryf.  Dr. Paul La Poorta kan gekontak word vir meer informasie hieromtrent:

lapoorta@vodamail.co.za
078 487 4922

3.  ‘n PRESTASIE VAN AKADEMIESE UITNEMENDHEID: PROF. MARIUS NEL

Die Nasionale Leierskap Forum (NLF) het met waardering kennis geneem dat Prof Marius Nel genomineer is deur die NWU Fakulteit van Teologie as hul mees produktiewe navorser vir 2017.  Prof Nel is verantwoordelik vir 16 Meester graad studente en 5 Doktorale studente, meeste van die studente kom vanuit ‘n Pinkster agtergrond en doen hul navorsing in die veld van Pinster Teologie.

Die Uitvoerende Dekaan betrek Prof Nel ook by besprekings met die Fakulteit se vennote.  In terme van sy eie navorsing het Prof Nel ‘n boek gepubliseer deur ‘n Duitse uitgewer, Lit Verlag, wat handel oor ‘n Pinkster-narratologiese analise van Daniël 1 en 2 in 2018. Asook ‘n boek deur die Britse uitgewer, Routledge, wat handel oor Pinkster en pasifisme in 2018.

Kom ons wens Prof Marius Nel geluk met hierdie akademiese prestasie!

Seënwense!
MG Mahlobo

Spread the word...