Nuusflits: Vrydag, 1 Junie

Laai die Nuusflits af in PDF formaat:

 1 JUNE AFR 2018

1. DIE AGS VAN SA SE 110 JAAR FEESVIERINGE!

CENTURION – 25 MEI 2018

Op Vrydag die 25ste Mei is die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika se 110de verjaarsdag gevier!  Hierdie historiese mylpaal is gevier met ‘n spesiale byeenkoms wat gehou is by die AGS Centurion gemeente in Pretoria met Pastoor Rudi Briel en Mariesa Briel as gasheer en gasvrou. Die tema van die diens was “The Going Gospel – Moving Forward” en is uitgebeeld deur middel van ‘n 110-jaar embleem wat spesifiek vir die geleentheid ontwerp was. Die kern aspek van die embleem is die pyl wat simbolies is van die AGS se apostoliese DNA – simbolies van nuwe grond wat betreë word en die missie wat voortgedra word.

Die gaste was onder andere die Nasionale Ampsdraers, Streeks Ampsdraers in en rondom die Gauteng provinsie (verteenwoordigend van streke, netwerke en nasionale departemente), die AGS Nasionale Kantoor pesoneel, die leierskap van die AGS Centurion gemeente asook spesiale gaste van die Pinkster/Charismatiese Christen gemeenskap. Die program was verdeel in drie hoof afdelings.

Die eerste afdeling was getiteld: “Rewind – to move forward we need to understand where we come from”. Die gaste was aangenaam verras om te hoor toe die program koördineerder, Past. Rudi Coertzen (Streeksleier van die Oos Rand), vir Past. Dudley Goodenough (die agterkleinseun van Mev. C.L. Goodenough) na die verhoog roep. Dit is welbekend in die AGS se geskiedenis dat Mev. Goodenough gestuur was om twee Amerikaanse sendelinge (John G. Lake en Thomas Hezmalhalch) by die Johannesburg Park treinstasie te ontvang in Mei 1908. Hy het ‘n pragtige weergawe van haar lewe gegee. Dr. I.S. Burger (Vorige President van die AGS van SA) het verder ons wortels en geskiedenis met mekaar verbind deur sy bydrae oor missionaliteit en hoe die vroeë kerk spontaan en prakties ‘n missionale kerk was. Hy het ons herinner dat die kerk ‘n gestuurde entiteit is – dat die kerk primêr in die besigheid is van MISSIONALITEIT (Johannes 3:16). Elke AGS lidmaat is gestuur om “kerk te gaan wees”, ‘n verteenwoordiger van Christus in die wêreld.

Die tweede afdeling het die huidige impak en groei van die AGS gereflekteer en was getiteld:  “Pause – the current footprint of the AFM in South Africa and globally.” Dr. H.J. Weideman (Algemene Sekretaris) het verduidelik hoe die AGS sedert 1911 tot 2018 gegroei het. Hierdie groei is uitgebeeld in die figuur hieronder:

Dr. H.J. Weideman het ook verduidelik dat die AGS in die proses is om ‘n moderne en hedendaagse missionale beweging te word en het verwys na die “One AFM Game Plan” – die AGS se missionale strategie wat afgeskop is in 2013.  Om meer perspektief op die AGS se globale impak te gee het Past. F.C. Chikane (President van AGS Internasionaal) berig oor die AGS se teenwoordigheid in ongeveer 35 lande en 6 kontinente van die wêreld. Die eenheid wat bereik was in 1996 het gelei tot vele nuwe internasionale geleenthede vir die kerk.

Past. M.G. Mahlobo (President van die AGS) het die laaste afdeling aangespreek, getiteld: “Play – where is the AFM heading in the future?”.  Die President het ‘n moderne en hedendaagse konteks voorgelê waarin volgelinge van Jesus hulleself vandag bevind. Die visie van die AGS is herbeklemtoon:  “We see a church (AFM) that is accessible to all people, celebrating its unity and God-given diversity, empowering its members for caring and transforming communities to the glory of God”.

Hy het ook ‘n duidelike visie gelewer oor die twee belangrikste verskuiwings in die toekoms van die AGS en die proses om ‘n missionale kerk te word:

  • Die skuif vanaf ‘n passiewe lidmaat na ‘n aktiewe moderne apostoliese agent. Mag elke AGS lidmaat verstaan wat dit beteken om “gestuur” te wees deur God en sodoende die lewens van ander te impakteer met die liefde, karakter en boodskap van Jesus.
  • Die skuif vanaf Pastoor/Herder na “Coach” (afrigter). Mag elke AGS Pastoor verstaan wat dit beteken om ‘n missionale afrigter te wees en lidmate te bemagtig om moderne en hedendaagse sendelinge in hulle eie plaaslike gemeenskappe te word. Mag AGS gemeentes die kweekhuise word vir die vorming van apostoliese, moderne en hedendaagse Christus agente.
Die byeenkoms is afgesluit met ‘n kragtige gedig deur Past. P.N. Kekane getiteld:  “The AFM on the move!”  Hierdie gedig was spesiaal geskryf vir die 110de verjaarsdagvieringe en was die perfekte einde van ‘n geseënde feesdiens!

Verskillende streekstrukture en hulle gemeentes het hulle eie 110de verjaarsdag feesdienste gehou – dit was wonderlik om sommige van hierdie byeenkomste by te woon en om die video grepe te sien wat op sosiale media geplaas is. (Onthou om “@The Apostolic Faith Mission of South Africa” te tag sodat ons ook die feesvieringe kan geniet vanaf ‘n nasionale vlak).

Vir diegene wat nog hul eie feesvieringe wil hou, is daar hulpbronne beskikbaar wat afgelaai kan word op die AGS se webtuiste:
http://afm-ags.org/category/events/
2. AGS ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM) 2018 

Die AGS Nasionale kantoor sien uit daarna om die gasheer te wees van die 2018 Algemene Besigheidsvergadering.  Ons kan die volgende bevestig:

Datum:                                            9-13 September 2018
Plek:                                                AGS Woord en Lewe (Boksburg)
Vroeë Registrasie Fooi:               R300 per persoon voor/op 30 Junie
Laat Registrasie Fooi:                  R350 per persoon

Neem asseblief kennis dat ‘n omsendbrief versprei sal word aan alle gemeentes.  Vir ‘n elektroniese afskrif verwys na die “Events” blad van die AGS webtuiste:  http://afm-ags.org/category/events/.  Op hierdie blad is die volgende ook te vinde:

  • Registrasievorm
  • Aanhangsel A:  Agenda
  • Aanhangsel E:  Program

3. GROND ONTEIENING SONDER VERGOEDING: AGS AANBIEDING

Die aanbieding is beskikbaar en kan afgelaai word vanaf die volgende skakel op die AGS webblad:
http://afm-ags.org/category/media/

4. EMPOWERED21 AFRIKA KONGRES: ‘n BESONDERE BYEENKOMS

BOKSBURG OP 16-19 MAY 2018

Die tema van die kongres was “Living to impact generations through the Holy Spirit.” – en vorm deel van die algehele visie van Empowered21 naamlik:

That every person living on earth would have an authentic encounter with Jesus Christ through the power and presence of the Holy Spirit by Pentecost 2033.”

 Beide die tema van die Kongres en die visie van Empowered21 is in harmonie met die AGS se strategie om ‘n missionale kerk te word. My versoek is dat ons maniere sal vind om die tema te omhels en dit ons eie slagspreuk te maak. Die Kongres is bygewoon deur ongeveer 2,000 afgevaardigdes vanaf 50 lande.  Sommige van die hoogtepunte van die Kongres sluit in:
‘n 2,400 stemme kinderkoor wat die verhoog vol gestaan het, almal gekleë in wit hemde. Hulle het die gehoor bekoor met sielvolle lof en aanbiddings liedere.  Apostel, Dr Opaku Onyinah, een van die mede-voorsitters van die Kongres het die volgende te sê gehad oor die kinderkoor:  “It moved me to the core of my being and brought tears to hear these children commit their love to Christ in song and spoken word to the 2033 challenge of Empowered21— to see every person on earth have an authentic encounter with the Holy Spirit by 2033.”

Die Empowered21 Afrika Kongress het geeindig op Saterdag, 19 Mei en meer as 1,100 jong mense het na vore gekom om gesalf te word vir bediening. Dr. Billy Wilson, president van die Oral Roberts Universiteit en globale mede-voorsitter van Empowered21, het gesê: “To see the altar filled with young leaders under the age of 35 ready to accept their destiny to make a spiritual impact as Spirit-empowered leaders was amazing. It was an honor to pray over them as the future doctors, lawyers, presidents, evangelists, pastors, bishops, government officials and professors…the next generation of leaders for the nations of Africa.

Empowered21 is ‘n waardevolle platform vir geesvervulde kerke en bedieninge om te reflekteer op die bediening van die kerk en om hulpbronne te deel. Sommige van hierdie hulpbronne is beskikbaar op hulle webtuiste: http://empowered21.com/. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om my dank uit te spreek teenoor al die AGS pastore en lidmate wat gebid het vir die sukses van die byeenkoms en die wat die byeenkoms bygewoon het.

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...