Nuusflits: Vrydag, 1 Februarie

Laai die PDF weergawe hier af:

 1 FEB AFR NUUSFLITS

1.  OM SAAM TE BID

Graag wil ek dankie sê vir die gemeentes wat deelgeneem het aan die landswye AGS maand van vas en gebed gedurende Januarie 2019. Ons het versoek dat ons gemeentes bid vir spesifieke gebedspunte insluitend die Suid-Afrikaanse algemene verkiesings, die AGS Internasionale Konferensie, die Wêreld Pinksterkonferensie, die wen van siele en die transformasie van ons plaaslike gemeenskappe. Om saam te bid as ‘n kerk is kosbaar. Ek wil jou aanmoedig om die terugvoer met my te deel en te stuur na mmahlobo@afm-ags.org.

‘n Spesiale Nota: Let asseblief daarop dat die ontwikkeling van die Diploma in Pinkstersteologie vir persone wat nie vir die BTH-graad aan die NWU (Noordwes-Universiteit) toegelaat kan word nie, in ‘n gevorderde stadium is.

Ook herinner ek jou graag aan twee belangrike opkomende gebeurtenisse:
• Die NOB-bemagtigingsbesoeke, en
• Die Up4SA Gebedsinisiatief

2. NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE 2019: ‘N SPESIALE UITNODIGING


Hiermee rig ons ‘n spesiale uitnodiging aan al ons pastore, lede van die beheerliggame, ons nasionale jeug asook leiers in die kerk om vanjaar se NOB (Nasionale Ampsdraers) bemagtigingsbesoeke by te woon. Die formaat is ‘n kombinasie van video materiaal, NOB aanbiedings, interaktiewe dialoog sessies en geleenthede vir netwerk en verhoudingsbou. Hierdie jaar is ons tema:
Facing the Future with Lessons from the Past

Om die program vir beide Vrydag en Saterdag af te laai, besoek gerus die onderstaande skakel:
http://afm-ags.org/category/events/

Die volgende datums en plekke is bevestig:

3.  VERENIGDE GEBED VIR SUID AFRIKA: GEBEDSPUNTE

Vanjaar sal die 4de agtereenvolgende jaar wees wat ons bymekaar kom as Christene regoor Suid-Afrika om ons nasie met gebed te bedek.  In 2018 was daar meer as 250 gebedspunte waar menige plaaslike gemeenskappe verenig is in gebed gedurende dieselfde naweek.  Up4SA (“United Prayer for South Africa”) is ‘n landswye gebeds-inisiatief op “grassroots” vlak.  (Grassroots CommUNITY Prayer – beweeg oor die grense van ras en denominasie).

As ambassadeurs van van ons Here Jesus kan ons ‘n groot rol speel in die vereniging van ons gemeenskappe! Ek wil jou graag aanmoeding en uitdaag om weereens hande te vat met die “Up4SA 2019”-span waar ons gaan verenig in gebed vir Suid-Afrika! Ons almal erken dat 2019 ‘n beduidende jaar vir ons gaan wees as ‘n nasie aangesien dit Suid-Afrika se algemene verkiesingsjaar is.

Ek vra al ons pastore en gemeenskapsleiers om biddend te oorweeg om as vrywilligers en koördineerders by ‘n gebedspunt in die plaaslike gemeenskap op te treë.  Elke gemeenskapsleier wat as vrywilliger optreë sal ‘n hulpbronpakket ontvang en sal bemagtig word om die gebedspunt te koördineer.

Om as vrywilliger op te tree, kontak ons by: admin@up4sa.co.za or 072 083 1371
Meer informasie, webtuiste: www.up4sa.co.za
Meer informasie, Facebook.com/up4sa

Om alle inligting af te laai, besoek die skakel hieronder:
http://afm-ags.org/category/media/

“Up4SA” Nasionale koöordineerder:
Past. Robbie Black 082 462 1540

Seën!
M.G. Mahlobo

Spread the word...