Nuusflits: Uitnodiging na die 2024 GBM en Konferensie

AGS van SA Kalender 2024:
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Die wêreld het ‘n Missionale Kerk nodig –
Pastorale Brief 2de Kwartaal 2024:

Engels: https://afm-ags.org/pastoral-newsletter-2nd-quarter-2024/

isiZulu: https://afm-ags.org/incwadi-yokwalusa-ikota-yesi-2-2024/

Afrikaans: https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2024/

AGS Nuusflits_Vrydag 28 Junie_2024

 

Liewe AGS Kollega,

1. UITNODIGING NA DIE 2024 GBM & KONFERENSIE

Hiermee nooi ons graag alle Gemeente verteenwoordigers, NLF-lede, verteenwoordigers van die Kerk se departemente en Staande Komitees uit om die 2024 AGS Algemene Besigheidsvergadering (GBM) en Konferensie by te woon. Neem asseblief kennis van die volgende inligting:

AGS Algemene Besigheidsvergadering (GBM) & ABLAZE Nasionale Konferensie 2024

Datums: 8-12 September 2024
Plek: Woord en Lewe Kerk – Hoek van Trichardts Rd en Kingfisher Ave, Sunward Park, Boksburg (Gauteng)

Registrasiefooi:
R400.00 p/p vir afgevaardigdes wat voor/op 15 Augustus 2024 registreer.’n Laat registrasiefooi van R450.00 p/p sal na 15 Augustus 2024 geld.

Registrasieproses:
Die proses laat twee opsies toe: aanlyn en gewone registrasies. Die aanlyn registrasie-opsie sal vanaf Maandag, 1 Julie 2024 beskikbaar wees by: http://afmregistrations.co.za/ –

OF

die QR-kode kan ook gebruik word. Vir gewone registrasies, gebruik asseblief die registrasievorm wat beskikbaar is as Bylaag C in hierdie Nuusflits. Let wel dat ‘n gewone registrasie slegs gedoen moet word indien ‘n aanlyn registrasie nie moontlik is nie.

Vir vinnige en maklike verwysing, klik op die skakel hieronder vir toegang tot:
https://afm-ags.org/category/events/

Uitnodiging na die GBM en Konferensie Omsendbrief
Bylaag A: Notule van die GBM 2022
Bylaag B: Voorlopige Agenda
Bylaag C: Gewone Registrasie Vorm
Bylaag C1: Registrasie Proses
Bylaag D: GBM Akkommodasie

Die tema “ABLAZE” dui op ‘n kragtige ontvlamming van passie, innovasie en transformasie. Dit simboliseer ‘n vurige begeerte en energieke betrokkenheid wat diep inspireer. Net soos ‘n vlam die omgewing verlig, het hierdie konferensie ten doel om Hom dieper te ken en aan die wêreld om ons bekend te maak. Ons sien uit daarna om as ‘n AGS Familie van God bymekaar te kom!

2. LAASTE KANS OM TE REGISTREER!

Dit is die laaste oproep vir AGS Susters om te registreer vir die komende National Sisters’ Fellowship (NSF)-konferensie by die Moses Mabhida-stadion in Durban:

National Sisters’ Fellowship Konferensie (12,13 & 14 Julie 2024):
https://afm-ags.org/nsf-conference-12-13-14-july-2024/

Vriendelike Groete,
Henri Weideman

Spread the word...